Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Het mense jou ook al skeef aangekyk as jy net die woord “Vlieënde Piering” noem? Moenie alleen voel nie. Deesdae is daar amper net soveel mense wat vas glo daar is vreemde vlieënde voorwerpe (VVV) as die wat glo dit is ‘n klomp snert.

Hettie Malan van Middelburg het onlangs opgewonde vertel hoe sy en talle inwoners van Middelburg die vreemde liggies een Vrydag aand gewaar het. Volgens haar is sy seker dit was ‘n vlieënde piering. Die vyf liggies was bymekaar en het glad nie soos ‘n vliegtuig gelyk nie.

Nog inwoners, Reservis Insp. Chris Gatzonis en insp. Awie Labuschagne van die Middelburg Polisiestasie het ook hierdie liggies gesien en selfoon opnames daarvan gemaak.

“Ons was aan diens toe ons oor die brug in Aerorand gery het. Daar was eers vyf oranje liggies wat in formasie beweeg het. Daar was later nog twee gewees. Dit het toe agter die wolke verdwyn” het Chris vertel.

Volgens Chris het hulle die afgelope naweek weer sulke ligte bo die dorp gesien maar hierdie keer was daar 23 gewees wat vanaf Witbank se rigting beweeg het.

Christo Louw, stigterslid van die Suid-Afrikaanse UFO Hulpbron (SAUFOR) bevestig dat al hoe meer mense oop is vir die idee dat daar VVV is. Op Christo se webbladsy is daar reeds so ver terug soos in 1970 aantekeninge van VVV in Gauteng. In 2010 alleen was daar 12 insidente.

Blaai ons verder terug in ons eie geskiedenisboeke lees ons dat die Suid-Afrikaanse meteoroloog, Elizabeth Klarer op 24 Julie 1956 ‘n reeks van sewe foto’s geneem het in opdrag van die Britse Lugmag naby Rosetta in die Drakensberge Natal. Hierdie reeks foto’s word beskou as die beste bewyse van VVV nog.

Daar was verskeie insidente wat wyd deur die media gedek is. Een van die insidente was op 16 September 1965. Polisie konstabels Lockem en de Klerk sien ‘n VVV land op die Bronkhorstspruit pad net buite Pretoria. Hierdie insident is deur Luitenant-kolonel J.B. Brits van die Pretoria-Noord Polisiestasie in ‘n persverklaring bevestig.

Nog ‘n belangrike insident was die VVV wat met polisievoertuie en ‘n helikopter gejaag is. Die insident het omstreeks 04h00 op 28 Augustus 1996 plaasgevind naby die Centurion polisiestasie. Wat hierdie spesifieke insident so besonders maak is dat die Johannesburgse Internasionale Lughawe se radar hom ook opgemerk het.

Wanneer die waarheid?

John Podesta (Amerikaanse Withuis hoof van Personeel onder President Clinton) het by ‘n konferensie op 14 November 2007 gesê dat hy dink dit is tyd dat die Amerikaanse burgers die waarheid moet leer oor VVV. Dat die vra wat gevrae word, beantwoord moet word want hulle verdien om die waarheid te weet. Volgens Podesta is Amerika gereed om die waarheid te hanteer oor VVV.

Wat steek die regerings vir ons weg? Hoekom? Hoe lank wil hulle dit wegsteek? Solank mense voorwerpe sien en niemand kan bevestig wat dit is nie sal ons altyd wonder... Is ons alleen? Is daar nog lewe daar buite? Is ons gereed vir so ‘n onthulling?

Gereed of nie, die mens sal altyd gefassineer word deur die onbekende daarbuite!


 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

VVV
Ek het 'n soortgelyke ervaring gehad in 1985 in die Noord-Kaap. Ongelooflike detail - het my lewenssiening totaal verander. Sal nogal graag met ander daaroor wou praat.
7 jaar 11 maande 1 week 4 dae 1 uur oud


Daar is beslis VVV's
maar soos die woorde aandui (vreemde) weet ons nie van wat dit is of van waar dit is nie en dis waar al die gelowe/oortuigings rondom die verskynsel polimiek veroorsaak. Ek het al self onverklaarbare dinge, op daai stadoium, gesien en wonder nounog oor veral een ervaring maar ek vermoed dit is alles "terestrial" (aards) en nie noodwendig wesens van iewers anders in die ruimte nie.
9 jaar 2 dae 20 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gister se Onthou

deur borrels

ek pluk 'n klompie letters van 'n laning woord-bome af dan bou ek 'n vers daarmee die trand daarvan soms bietjie laf maar die woorde van die verse kom diep hier uit my hart dit skets die liefde van die lewe soms met pienk en soms met swart



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar