Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Soms sien mens by padwedlope atlete wat met ’n swart sweetpak baadjie met rooi en geel strepe rondloop. Op die sweetpak is daar ’n logo waarop staan “Washie 100”

Wanneer ’n padwedloop atleet dit sien, of hy hoor die woorde “Washie hundred miler”, kan mens die angssweet en paniek van daardie atleet aanvoel.

’n Ultra Marathon is enige padwedloop wat die afstand van ’n standaard marathon, naamlik 42, 195 kilometer oorskry.
Goeie voorbeelde van Ultra Marathons is die Twee Oseane Marathon van 56 kilometer, die Comrades marathon van 89 kilometer, Om die dam van 50 Kilometer en heelparty ander minder bekende ultra wedlope.

Die Washie is ’n Ultra Marathon wat jaarliks tussen Port Alfred en Oos London gehardloop word. Die Washie is ’n “100 miler” soos dit in padwedloop terme bekend staan. 100 myl is die afstand van 160 kilometer.
Die Washie vind gewoonlik op die eerste volmaan in Julie plaas. In padwedlope word die Washie beskou as die koning van Ultra Marathons in Suid Afrika. Dit word voltooi oor ’n afstand van 160 kilometer. Atlete hardloop hierdie afstand dwars deur die nag in maanlig en so ook die volgende dag in.
’n Atleet het 26 uur tyd om hierdie afstand te voltooi. Slegs atlete met ’n geldige ASA lisensie nommer mag aan hierdie wedloop deelneem. Dit beteken dat ’n Washie atleet aan ’n geregistreerde hardloop klub moet behoort

Die Washie is die eerste keer op 12 Julie 1977 gehardloop met 12 deelnemers.
Die eerste vrou wat hierdie wedloop voltooi het, was M Duyvejonck in 1979 in ’n tyd van 21:36.

Vanessa Wayland het in 2008 vir ’n groot verrassing gesorg toe sy die eerste vrou was wat hierdie wedloop algeheel gewen het.
Vanessa het ook geskiedenis gemaak deur die eerste vrou te wees wat énige gemengde padwedloop (waar mans en vrouens deelneem) te wen. Hierdie besonderse dame se tyd vir daardie spesifieke wedloop was 16:19:52

Daar word aanbeveel dat atlete wat die Washie wil hardloop ten minste vier tot vyf helpers moet saambring om water en kos aan te gee.
Daar is ’n paar beheer punte waar die atlete se split tye aan hulle verskaf word bv. op 25 Myl (40 Kilometer), 50 Myl (80 Kilometer) en by die eindpunt.

Net soos Comrades en Twee Oseane, is die Washie ’n prestige wedloop. ’n Atleet wat hom in die geledere bevind wat al hierdie wedloop voltooi het, het altyd die agting en bewondering van sy mede-atlete.
Slegs atlete met deursettingsvermoë en self dissipline is in staat om die Washie aan te durf.

Wanneer ek eendag genoeg selfvertroue bymekaar gemaak het, sal ek ook graag aan die Washie wil deelneem.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Washie 100 myler- Koning van die Ultra's
Dankie vir die inliting. Mens is nooit te oud, of te jonk, om te leer.
10 jaar 1 week 6 dae 14 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Lady en die Leeu

deur Rachelle du Bois

Sy is een keer gevang, maar nou is sý die jagter met die prooi in háár visier



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar