Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hoe sal jy die term “geluk” aan ‘n 5-jarige verduidelik? En aan ‘n 50-jarige? Wat is die sinonieme van die woord “geluk”? Kan ons woorde soos toeval, meevaller, kans, lot en geluksgodin as alternatiewe gebruik?

Wel ek voel dat geluk beskryf kan word deur die ontvang van iets, besitting of emosie of vriendskap, wat jy nie verdien nie, of voor gevra het nie. Soos as jy 'n R50-00 noot in ‘n park of op die strand optel, of 'n outjie wat “lucky geraak het” met die los meisie gisteraand.

Onlangs het teoloë gekom met die storie dat satan net 'n mite is, maar ek glo dat daar NET twéé entiteite is wat jou iets kan gee of toebedeel, wat jy nie toekom nie.

Dit is die Skepper Vader en die vader van die leun.

Wat is die verskil tussen wat jy van hulle ontvang?

Die Skepper Vader sal nooit iets vir jou gee tot jou nadeel nie, gee uit liefde, omdat Hy jou liefhet en verwag absoluut niks terug nie.

Satan gee slegs om een rede, sodat jy hom iets terug skuld. Deur iets van hom te ontvang, of jy nou ontvangs van hom erken én die fyndruk gelees het of nie, maak jy 'n deur oop, waardeur hy weer iets kan en sál terugeis.

Die grondwoord van “geluk” is “luc” of “luk”, van Germaanse afkoms. Is dit dan nou nie dieselfde grondwoord wat gebruik word vir die naam Lucifer nie?

Wat sal ons dan die toebedeling noem wat die Skepper Vader ons gee? Die Skrif noem dit “seën”. Die Skepper Vader seën jou met gesondheid, voorspoed en blydskap. Hy verwag niks daarvoor terug nie.

Is daar dan iets mee verkeerd om te hoop vir geluk? Die Skrif verklaar* dat as ons ons ophou met die geluksgod (Ghad) en bemoei met die godin van die noodlot, sal Hy ons bestem vir die swaard, omdat ons nie na Hom geluister het nie (lees gerus wat nog sal gebeur).

So wat is dan die regte woorde om te gebruik in plaas van “gelukkig”. Gebruik die woord “geseënd”, soos in “Geseënd is elkeen wat Sy Woord lees, verstaan, glo en so doen.”

En jy is geseënd om veilig te ry tot by jou bestemming, ook is die kinders geseënd deur hul goeie uitslae te ontvang.

Mag jy in hierdie dag geseënd wees en die guns van die Skepper Vader ervaar.





*Jesaja 65:11-12 (Lees gerus die 1953, nuwe Afrikaanse vertaling (1983) én nuwe lewende vertaling)






Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Goeie artikel.
Ek stem met jou saam, maar ek wil dalk ook net byvoeg dat dit gewoonlik nie "ons" is wat die duiwel naboots nie, maar wel andersom.
Hy steel die goeie en maak dit dan sleg sodat ons dan met die slegte assosiasie sit.
Neem byvoorbeeld 'n driehoek en 'n vyfhoek en ster. Eintlik is daar niks mee verkeerd nie, dit is bloot wiskundige tekens, maar nou steel die satan die simbole en gebruik dit om sy ryk mee te bou. Nou skrik die meeste mense om die tekens te gebruik, want die assosiasie met die pentagon en bokkop en al daai dinge kom oombliklik na vore.

Rom 11:36 Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid.

Deur die Skepper het alle dinge ontstaan, en vir my bestaan daar nie so iets soos 'n geluksgodin nie. Daar is net Een Almagtige. Ek dink aan Hom en aanbid Hom.
As ons so gaan bang wees vir moontlike assosiasies met "afgode" en alles vermy, gaan daar niks oorbly nie. My fokus wil nie wees op die moontlike assosiasies nie, my fokus is op die Vader. Die term "welgeluksalig" het vir my 'n besondere betekenis. As ek die woord "gelukkig" lees, het ek allemins 'n geluksgodin in gedagte. Ek dank Hom dan wat in my 'n blydskap plaas (wees altyddeur bly) omdat Hy my seën. Die woord "geseend" is pragtig en ek dink dit sal pragtig wees as ons dit meer en meer kan gebruik.
11 jaar 1 maand 20 ure oud


Baie goeie artikel en wyse woorde. Seëninge vir jou en jou gesin.
11 jaar 1 maand 3 dae 1 uur oud


Mooi, dankie! Mmm en ongeluk? wag ek in die HAT kyk, genade dis se ongeluk, Gamos.... Demit ;-)
11 jaar 1 maand 3 dae 4 ure oud


Jy's reg! God se hart vir ons is geluk en sukses - waar ons binne Sy wil en dan Sy oorvloed lewe - net Hy alleen en in Hom alleen le dit opgesluit. Hy is die bron van alles wat goed en mooi en voordelig vir ons is - soek allereers die Koninkryk van God en Hy sal jul al hierdie dinge gee...

Die wereld en sy meester probeer ons verblind met oppervlakkige drome (wortels voor ons neuse) - wat ons op die ou end so besig hou terwyl ons dit najaag dat ons nie uitkom by God in wie ons eintlike vervulling le nie.

En dis verseker so dat die vader van die leuen niks verniet doen of gee nie. Ons moet onthou om tyd te maak om stil te staan en die koste te bereken re die ewigheidswaarde van dit wat ons doen of najaag...

Dankie vir jou inspreek in my lewe.

11 jaar 1 maand 4 dae 4 ure oud


Geseënd
En so sê ek ook. Goed verduidelik!
11 jaar 1 maand 4 dae 7 ure oud


Wat beteken die woord geluk
Amein daarop. ek ken die vader van die leuen en het nou my Skepper ontmoet, liefde in oorvloed en seen uit Sy hand ken ek nou, satan het my baie gegee en het my regeer met vrees, om met die geluksgodin te heul is om met satan te heul, net my beskeie opinie..m
11 jaar 1 maand 5 dae 1 uur oud



Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag gee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar