Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

      Wat is jou gunsteling kleur?
     
      Antwoord hierdie vraag voordat jy verder lees. Moenie daaroor dink nie, antwoord net spontaan wat die eerste kleur is waaraan jy dink.
     
      Die feit dat jy jou kleur spontaan gekies het, sal jou nogal baie van jouself vertel, hoe jy funksioneer en hoe ander jou sien. Dit verklaar jou gedrag, jou karaktertrekke, jou fisiese, geestelike en emosionele fasette. Dit toon jou sterk en swak punte, jou behoeftes en ook die uitdagings op hierdie stadium van jou lewe. Indien jy twee gunstelingkleure het, lees die inligting oor albei kleure.
     
      Jou persoonlike kleur hoef nie noodwendig ‘n kleur te wees wat jy die hele tyd dra nie, maar dit is jou gunstelingkleur – die kleur wat jou goed en lewendig laat voel wanneer jy dit sien. Tog, jy is lief daarvoor om hierdie kleur te dra en dit word ook in jou huis weerspieël.
     
      Kleure waarvan jy nie hou nie vertel jou ook baie van jouself en reflekteer dikwels jou swak punte en areas van weerbaarheid. Die kleur waarvan jy die minste hou, hou verband met fasette in jou lewe waaraan jy moet aandag gee. Dit dui ook op kwessies uit die verlede wat nog nie verwerk of opgelos is nie. Dis ‘n goeie idee om spatsels van hierdie kleur/e deel te maak van jou lewe.
     
      Wat sê jou persoonlikheidskleur van jou?
     
      Jy hoef nie elke karaktertrek te toon nie, maar jy sal vind dat jy jouself beslis sal raaksien in die beskrywing. Sommige van die negatiewe trekke kom veral voor wanneer jy gespanne is.
     
      ROOI:
      Jy hou van aksie en het ‘n behoefte aan fisiese bevrediging. Ervaar die lewe hoofsaaklik deur jou vyf sintuie.
     
      ORANJE:      
      Jy het ‘n behoefte om mense by jou te hê, om te sosialiseer en om aanvaar en gerespekteer te word as deel van ‘n groep. Jy het ‘n behoefte aan uitdagings, ongeag fisies of sosiaal.
     
      GEEL:
      Jy het ‘n sterk behoefte aan logiese orde in jou alledaagse lewe en ook om jou individualiteit uit te druk deur van logika gebruik te maak om jou te inspireer.
     
      GROEN:
      Jy het ‘n sterk behoefte om te behoort, om lief te hê en liefde te gee. Jy wil ook veilig en geborge voel. Jy het aanvaarding en erkenning nodig. ‘n Eenvoudige “dankie” is meeste van die tyd genoeg.
     
      BLOU:
      Jy het ‘n dwingende behoefte aan innerlike vrede en waarheid, om jou lewe volgens jou ideale te lei, sonder om aan onredelike eise van ander te voldoen.
     
      INDIGO:
      Jou grootste behoefte is harmonie en om een met die heelal te wees. Jy wil ook deur ander aanvaar word as intuïtiewe mens wat jy is.
     
      PERS of VIOLET:
      Jy het ‘n diepe behoefte aan emosionele sekuriteit en poog om orde in jou alledaagse bestaan. Jy is ‘n perfeksionis en inspireer en/of neem deel aan humanitêre projekte. Jy help graag mense wat hulp of bystand nodig het.
     
      PIENK:
      Jy het ‘n sterk behoefte tot aanvaarding en onvoorwaardelike liefde.
     
      TURKOOIS:     
      Jou grootste behoefte is om emosioneel gebalanseerd te wees. Jy maak geen geheim van jou drome en wense nie, al mag dit idealisties voorkom. Jy streef daarna om jou lewe op jou eie manier en eie terme te leef.
     
      MAGENTA:
      Jy konformeer nie graag nie en is ‘n individualis wat die wêreld vanuit jou eie perspektief beskou.
     
      BRUIN:
      Jy het ‘n diep behoefte aan veiligheid, sekuriteit, aan ‘n eenvoudige en gemaklike lewensstyl met ondersteunende familie en vriende.
     
      SWART:
      Jy streef na mag en beheer, merendeels om van jou eie emosionele onsekerhede te verbloem en/of beskerm.
     
      WIT:
      Jou grootste behoefte is na eenvoud in jou lewe, om selfstandig te wees en nie op ander hoef staat te maak nie.
     
      GRYS:
      Jy’s effe in die middle van alles; koel, gereserveerd, gemanierd en verantwoordelik. Jy neig daarna om te konformeer bloot om eerder die vrede te bewaar.
     
      SILWER:
      Jy is intuïtief en toon insig in talle fasette van die lewe. Jy het ‘n sterk aanvoeling vir die geestelike en spirituele.
     
      GOUD:
      Jy straal sjarme uit, is ‘n sterk individualis en laat ander ontspanne en gewaardeerd voel in jou teenwoordigheid.
     
      Wat is JOU persoonlikheidskleur/e?
     
       
 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ek hou van blou
Dalk om dit rym? Glo nie.

Tandeborsel: altyd blou; tandepasta: blou; balpuntpen: blou. Maar motors: altyd silwer [toe ek nog kon kies].

Dankie Carol -- baie insiggewend en lekkerlees. Groete, Vic
7 jaar 1 maand 2 weke 14 ure oud



Dans van die Vlammevers

deur Evelyn van der Merwe

100 Gedigte met inspirasie, humor en ‘n kykie na die ou dae.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar