Artikels

Titel: Wat is Kwaliteit?

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

xïëêx
Torm se twee kort happies:
http://www.woes.co.za/happies/vertoon/91529_Die_soeke_na_kwaliteit.htm
http://www.woes.co.za/happies/vertoon/91621_Die_soeke_na_kwaliteit_(2).htm
n.a,v, sy gedig
http://www.woes.co.za/gedigte/vertoon/92013_tekno.htm
het my laat dink.

Gestel iemand sou my tromp op vra wat kwaliteit is.
XXX....
Ek kan dit doen vanuit my navorsing oor Onomkeerbare Selforganisasie (OS). Een van die Sewe Essensies (7E’s) van OS behels kwaliteit. Dit is die essensie:
andernis (otherness) “verskeidenheid-kwaliteit”
Lees verder my artikels
“Sewe Pilare van Wysheid (dele 1, 2, 3)
“OS (deel 15) - Entropie toename is nodig, maar nie voldoende.”
....YYY

Maar ek sal die eerste wees om te erken dat van almal wat Afrikaans verstaan, daar waarskynlik nie eers 3 sal wees wat dit waarvan ek tussen XXX.... en ....YYY skryf, sal ken nie. Sou ek ander tale ook insluit, sal daar waarskynlik nie eers 3 000 wees wat daarvan weet nie. Wat beteken die Nobel pryswenner Ilya Prigogine se werk dan vir die res? Vir miljarde ander mense sal dit niks seggend wees. Daarom sal ek ‘n ander antwoord moet gee wat miljoene mense darem sal kan verstaan.

As die vraag my onverhoeds betrap, sal ek waarskynlik iets van die volgende uitblaker, maar beslis nie alles nie.

Wat mense betref, is dit enige opbouende eienskap wat sommige mense sal uitsonder van baie ander mense in trekke soos karakter en persoonlikheid. Dit word nie geërf of aangedik nie, maar doelbewus verwerf. Dit is nie eenoogig nie, maar het die geur van baie blomme, die smaak van baie speserye, die kleur van Namakwaland in die wintermaande, die gevoel van baie weef stowwe en die klank van ‘n volle simfonie orkes.

Wat alle ander dinge betref, is dit iets opbouend is, wat aandag trek, wat kenmerkend is, wat die beste behels, wat dikwels skaars is, wat geprys kan word, wat deugsaam is, wat in aanvraag is, wat waarde byvoeg, wat verbeter kan word, wat blydskap wek, wat omgee bevorder, wat met vreugde ontvang word, wat organisasie verander en wat help om norme te bepaal.

Ek het heelwat nagedink om die twee paragrawe hierbo neer te skryf en nie sommer uit die vuis te antwoord nie. Ek is nie ‘n orakel nie. Miskien moes ek ook heelwat bronne van inligting nagevors het. Maar ek word beklem deur die volgende gedagte: Afrika se natuur het betowerende kwaliteit, maar Afrika se kulture is erg gestremd aan kwaliteit. Dit is een van die redes waarom Afrika die agterlikste kontinent van die wêreld is. Mense uit ander kontinente myn Afrika kwaliteite. Daarom kan Afrika bitter min OS ondergaan.

‘n Gebrek aan kwaliteit en ‘n ongevoeligheid vir dit lei net tot meer gebrekkige kwaliteit. “Wat gesaai word, sal gemaai word.” Miskien is dit een van die dinge wat die Nasionale Party (NP) met die beleid van apartheid probeer keer het. Maar hulle dit gedoen soos om ‘n pistool se sneller te trek waarvan die loop op jouself gerig is. ‘n Meerderheid op selektiese kwantiteit kan nie kwaliteit verdring nie. Kwantiteit behels eerder die essensie:
spaarnis (spareness) “grootte-grens”.
Iemand wat andernis met spaarnis verwar, is in vir groot verrassing soos hulle wat hulle hoop op politici rig.

Die 7E’s (sewe essensies) werk nie teen mekaar nie en is net so min onafhanklik van mekaar. Inteendeel, die 7E’s is intiem vervlegd met met mekaar. Indien ‘n mens dus na kwaliteit kyk deur die ander ses 7E’s as brille te gebruik, begin ‘n mens ‘n insig kry in wat “diep kwaliteit” genoem kan word.

Dr W Edwards Deming was een van die min mense wat “diep kwaliteit” bevorder het. Hy het dit “total quality management” genoem. Hy het Japan bykans vinger alleen gehelp om na die ellende van die Tweede Wêreld Oorlog op die been te kom. Ek raai lesers aan om meer oor hom en sy werk te lees. Sy boek “Out of the crisis -1982) is ‘n juweel. Die kort uiteensetting by:
http://www.mftrou.com/edwards-deming.html
behoort prikkelend genoeg te wees om meer navorsing te doen. Ek twyfel of daar 10 besigheid leiers in die res van Afrika is wat die boek gelees het.

Wil ‘n Woeser nie ‘n artikel skryf as ‘n resensie van die boek nie, al is dit baie jare gelede gepubliseer. Ek weet van party Woesers soos G.S. wat dit goed sal kan doen.


Kry julself in rat en begin kwaliteit nastreef. Willem alleen sal min reg kry. Woes kan daardeur ‘n ereplek onder die Afrikaanse webwerwe verwerf. Wat Deming vir Japan gedoen het, kan ook vir Suid Afrika gedoen word. Kry net julself in rat en begin kwaliteit nastreef.

Daar is genoeg entropie produksie in ons land wat tans nuttelose chaos word, selfs met ons belasting! Lees gerus Prigogine se boek “Order out of chaos”. Mag ons passievol aan mekaar skryf oor kwaliteit.

Mooi loop
At de lange
Pretoria
Augustus 2010

Weergawe: 1
© Kopiereg voorbehou



Kommentaar

Beste Torm,
Baie dankie vir jou kommentaar.

Vir my gaan dit nie net om oor kwaliteit te lees en te skryf nie, maar veral om dit te doen. Daar is kwaliteit verbonde aan ELKE ding wat ons doen.- huis skoon maak, tuin maak, inkomste verdien of selfs gedigte skryf. Maar dit hang van die doener af of daardie kwaliteit verhoog of vertrap gaan word.

Laat ek ‘n voorbeeld noem wat my baie frustreer. Volgens Google is daar 710 miljoen webtuistes op internet wat oor kwaliteit handel. Maar wat van die kwaliteit waarmee die inligting op elke webwerf aangebied word.

Elke leser kan maklik die volgende doen, maar nie enduit daarmee vorder nie, omdat daar soveel webwerwe is. Lees die aanbieding en besluit dan of dit goed of swak is, Maak dan ‘n merkie onder die opskrifte goed of swak. Tel na sowat 200 beoordelings by elke kolom op. Dit is statisties nog nie verteenwoordigend nie, maar gee tog ‘n aanduiding van die finale uitkoms. Meeste lesers sal verbaas wees oor die uitkoms: meer swak en minder goed!

Mooi loop.
1 jaar 9 maande 2 dae 4 ure 11 minute oud


oor hierdie onderwerp moet nog baie geskryf word, en hierdie is 'n goeie begin

en, ja, kwaliteit is beslis NIE Willem se verantwoordelikheid nie
1 jaar 9 maande 2 dae 12 ure 21 minute oud



Voedsel vir die Siel

deur Snuffelgids

Hierdie digbundel is Voedsel vir die Siel. Dit bevat elke emosie se leemtes en na die lees voed dit jou tot in die dieptes van jou siel. Geen emosionele leemtes sal ooit weer kop uit steek nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar