Artikels

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek praat van ons kinders, daarmee bedoel ek al die kinders wat my pad gekruis het en nog gaan kruis…..

Ons is ‘n baie geseende familie wat tot die 13de Oktober 2012 uit 5 geslagte bestaan het. Na ouma Swart se begrafnis het hierdie vraag van erfgoed en nalatenskap by my begin spook. Die mooi herinneringe, die nalatenskap het ver gewen. Erfgoed is soveel meer as uitstalgoed of ou goed. Wat van die blywende bietjie van jouself wat jy in ander se harte nalaat? Ek praat van nalatenskap dis nie iets wat iemand jou geen nie, dit is nie iets konkreets wat jy kan wys nie. Dis geestelike erfgoed, uit die ander person se hart en se lewe. Dit vertel van die spore wat ek in jou lewe getrap het. Lank nadat die erfgoed uitgegee is, en die vismotte die boeke verniel het, bly die nalatenskap van liefde, vrede en vergifnis voortleef in die harte van die wat dit ontvang het. As ons die aflosstokke van die liefde kan aangee na die geslag wat reeds voor ons op die baan trippel, weerklink Christus se opdrag oor die megafoon: “Julle moet mekaar liefhe… want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is ‘n kind van God en ken God.” Al die “onthou jy nog” bind ons aan mekaar en word die asem vir tye wanneer die lewe ons wind uit slaan of saam met geliefdes deur digte, diep donkertes beur. Dan vertel ons die stories vir mekaar en steek daarmee kerse aan vir die onbekende pad vorentoe. Mense wat regtig deur liefde aangeraak word, kry moed vir hul eie stryd.

Begin elke môre positief, wees oor iets dankbaar! Moenie opstaan voor jy nie aan iets positeif of iets waaroor jy dankbaar is kan dink nie. Ouma Coreen sê altyd as jy niks het om jou oor teverbly nie, verbly jou in die Here! Sit ‘n Christelike Cd op en sing saam. As jy die dag dankbaar en positief begin, dan het jy klaar gewen. Filippense 4:13 “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.” Satan wyk dadelik, want hy wil jou negatief en depresief hê. Ons kan net elke dag se probleme aanpak, as ons (soos Petrus in Matteus 14:29) ons oë op die Here gevestig hou, dan kan ons ook op die water loop. 1 Petrus 5:7 “Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.”

Hierdie is ‘n Noodhulp tassie vir as jy nie kan onthou nie!
Trek elke môre julle volle wapenrusting aan wat God julle gegee het. (Efesiërs 6:10-20)
Gebruik julle geestelike gawes soos in 1 Korintiërs 12
Leef in liefde soos in 1 Korintiërs 13
Bly in God se wet (Die tien Geboooie) Exodus 20 of Deuteronomium 5
Leef die vrug van die Gees soos in Galasiers 5:22-26.
Bid die onse Vader in Matteus 6:9-13 (Probeer die ou vertaling in die hande kry.)

Sharlom
A3
31 Des 2012



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

kinders
Begin elke môre positief, wees oor iets dankbaar

Lekker gelees dankie A3
7 jaar 4 weke 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    MAMMON

    deur Piet Schoombie

    Mammon handel oor 'n beroepsgholfspeler se lewe en ervarings plaaslik en oorsee. Soos die boek se naam aandui, speel geld deurgaans ’n belangrike rol..



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar