Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Graag wou ons die rugby tussen Suid Afrika en Ierland gaan kyk. Maar omdat daar 'n gebouery op Ellispark plaasvind het ons geweet parkering sou 'n probleem wees.Ons besluit toe om die trein van Pretoria na Ellispark te vat.Die rit soontoe was nie sleg behalwe vir die eerste klas kaartjie wat ons gekoop het , en die trok wat toe nie bestaan nie ,is ons toe nou maar in 'n papierbesaaide trok oppad.Na die rugby haas ons toe na die stasie net om uit te vind dat ons nie weet watter trein gaan na Pretoria.Na vele uitvis se die een toe dat die 06 die regte trein is. Drie treine verder kom ons trein toe.Met die gestoot en stamp om in te klim is een van ons tien weg.By die volgende stasie kry ons hom toe in 'n ander trok.Ons kan ook nie oorloop na 'n ander trok want die trein stop so vinnig al tien van ons gaan dit nie maak.Ons staan toe heelpad by die deure want daar is nie sitplek.In die ry word die treindeure by ons oopgestoot en ek klou vir my lewe.Ons is ook probeer beroof deur 'n bondel wat 'n beursie uit my man se sak te probeer haal, deur kamstig iets by ons voete te laat val om ons aandag af te trek.So onveilig het ek laak laas gevoel.Dit was ons eerste en laaste treinrit in die nuwe S.A. Ek kry die mense van 2010 jammer want as ons as burgers nie eers ons weg kon kry , hoe gaan 'n vreemde een wat nie eers ons tale ken oor die weg kom.Sterkte 2010 besoekers.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Tong in die kies:
Die afgodsbeeldjie van die een of ander St. something het julle toe nie beskerm nie...?
11 jaar 6 maande 2 weke 6 dae 22 ure oud


Gebruik volgende keer maar die motor - al beteken dit voetslaan vir 'n hele ent!
11 jaar 6 maande 2 weke 6 dae 22 ure oud



Van ons ander lede

Alles-in-een-toerustingspakket

deur Christo Nel

Wat Joyce Meyer gedoen het in Engels, doen Christo Nel nou in Afrikaans! Hier voor jou het jy iets unieks in Afrikaans. Leer om in Jesus se Naam mense te bedien, met behulp van die Alles-in-een- Potpouri-toerustingspakket uit die Nuwe Wyn-kelder!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar