Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Blonde krulkop, Petri de Wet, het grootgeword as een van bekende gospel musiek pionier, Jan de Wet, se seuns. Na skool word hy toe die hoofsanger van Innervision, ‘n groep wat in die 90’s bekend was vir hulle Techno/ dans gospel musiek. Innervision het van die grootste verkopende CD’s in jeug gospel musiek vrygestel. Maar soos die lewe loop het die ander helfde van Innervision oorsee verhuis. Petri word toe Petri D en stel twee solo albums vry met kontemporêre rock musiek. Liedjies soos “It Drives Me Crazy” was groot op onder andere 5FM, Jakaranda en Highveld…toe word sy sangloopbaan skielik onderbreek.

Die fokus verskuiwing was glad nie beplan nie. Petri het so tussenin visgevang (nogal!). Hy het een keer saam met Hennie Papenfuss, die springbok visvanger, gaan vang en in die kuier die dag kom dit toe uit dat Hennie ‘n visvang TV program wou maak, en dat Petri dit kon vervaardig deur sy produksie maatskappy, Squeeky Clean Productions. Hulle maak toe ‘n voorstel program, en Kyknet het dit soos mes opgeraap. Dit was vier seisoene gelede, en vandag is Petri meer bekend as die maltrap visvanger/ aanbieder op Kyknet as wat hy is vir sy singery.

Om terug te kom by sy musiek. Petri het ‘n paar jaar gelede besluit dat die jeug gospel mark net eenvoudig te klein is om in te oorleef. Hy is getroud, en met die meer verantwoordelikhede het hy toe besluit dat dit noodsaaklik vir hom was om op die groter, meer volwasse mark te begin konsentreer. Buitendien, hy is nou al drie en dertig jaar oud, en op ‘n stadium gaan die tieners nie meer na hom wil kyk of luister nie. Toe hy toe nou aan sy nuwe Afrikaanse CD, Bewe, begin werk, het hy met daardie intensie begin skryf… maar dit het gladnie so uitgewerk nie. Dit was asof hy net nie kon aanbeweeg nie. Toe hy weer sien kom daar PUNK ROCK uit! Dit kan dalk te make hé met die feit dat hy deels saam met Jean van Metanoya geskryf het, maar nou ja…
Petri: “Ek moet sê, dit is die eerste keer in tien jaar wat ek voel ek het ‘n knock out relevante produk. Ek was van die begin tot die einde van die produksie betrokke gewees en ek moet sê, dit dryf my tot trane! Ek het nie ‘n cooking clue of ander mense daarvan gaan hou nie, maar ek was in awe toe ek dit hoor. Ek dink dis huge! Dit gaan of ‘n huge flop wees of hy gaan goud verkoop! Maar ek is baie confident. Ek dink dis hot.”

Petri het die album vir die eerste keer by die een groot jeug event in Christendom, Godly Revolution, gaan vrystel. 16 Junie (Jeugdag) het ‘n see van oor die tien duisend jong mense (wat gladnie die liedjies geken het nie), almal kop verloor en total uitgehaak op sy harde musiek. Hulle koppe en lywe het soos een man op die musiek gemaal. Hulle was MAL daaroor, en Petri se vrese is verewig te ruste gelê. Die rye en rye tieners wat na die tyd by sy tafel vir sy handtekening kom vra het, was die laaste bewyse wat hy nog nodig gehad het. Petri was ekstaties.

Op die vraag of hy dan nou nooit gaan groot word nie antwoord Petri met duiweltjies in sy oë: “Nee ek weet nie. Dit moet jy vir die Here vra. Maar ek voel nogsteeds laaitie hier binne.”

Petri is nie ‘n ou wat regtig ontspan nie. Lyk my die enigste plek waar hy regtig rustig raak is in die bad. Ok maar goed mens moet een keer ‘n dag skoon kom, of hy sou al lankal uitgebrand het. Tussen die TV goed, Squeeky Clean Productions (wat klank en ligte doen vir events, events reel, videos maak ens), en sy drie-jarige dogtertjie, is hy ‘n besige man. Hy gaan ook nie nou sommer net alles los vir die getoerdery nie. Hy gaan maar kyk hoe die album landswyd ontvang word, en hoe die optredes inkom. As dit te groot word, sal hy begin afskaal op van sy ander verpligtinge, en ernstig begin tyd maak vir sy musiek.

Maar ek moet sê, die jong mense luister na die Polisiekarre as hulle hierdie soort musiek soek. Nou is daar uiteindelik ‘n wit warm Christelike alternatief. Een ding is verseker… as Suid Afrika hiervan hoor, kan “Bewe” dalk net ‘n paar HUGE golwe maak! En tussen die jillende kitaardreunings deur, kan ‘n paar bekommerde ouers dalk net ‘n bietjie rustiger gaan slaap vannaand.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

VREEMDELING IN MY VADERLAND

deur Piet Schoombie

Dit handel oor die probleme wat baie Suid-Afrikaners in die nuwe SA ondervind en hulle wroeging met die vraag of hulle moet ry of bly. Lesers sal hulle ten volle kan vereenselwig met die realiteit van korrupsie, misdaad en moord in dié boeiende verhaal..



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar