Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek beplan om vir Willem te vra, maar voordat ek dit doen wil graag julle opinie hoor, aangesien dit ons almal gaan raak.
Ek weet nie hoeveel van julle op Mabooki skryf nie? Daar gaan niks aan nie, dit kan aan die statistieke gesien word, nou het ek so gedink, vir die van ons wat Engels sowel as Afrikaans skryf, sal dit mos nou lekker wees as dit op een blad gedoen kan word, daar is baie van ons wat graag Engels ook wil skryf maar Afrikaans bly tog nog ons eerste taal.
Vir die taalvegter’s, julle hoef mos dan nie die Engelse gedigte te lees nie.
Dis maar net ‘n gedagte...
As hier genoeg woesters is wat altwee tale wil skryf, laat weet my en dan nader ek Willem, en vra of hy so iets sal oorweeg?
Dalk kan dit so lyk:

Gedigte
Happies
Kortverhale
Vermaak
Engelse gedigte *
Graffiti

(Die idee is nie dat dit gemeng moet wees nie, die engels moet net meer toegangklik wees en gekoppel wees aan woes)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

ek is op mabooki maar ek dink die idee van 1 webwerf kink great!
9 jaar 9 maande 1 dag 16 ure oud


puik idee!
ek sal ook in jou voorstel belangstel.
10 jaar 7 maande 2 weke 6 ure oud


LL
Absoluut, halleluja, amen ek stem 100% saam, het al so hier en daar 'n kommentaar gelos in die lyn, ek was op Mabooki, maar dit is netnie die moeite werd nie - viva la Woes in Afrikaans en Engels!
10 jaar 7 maande 2 weke 1 dag 14 ure oud


Hier is nogal 'n hele paar siele wat ook ander tale behalwe Engels en die TAAL kan gooi.
Maar wanneer jy 'n Engelse, Franse, Duitse of Spaanse storie wil vertel, dan loop doen mens dit maar daar waar sulke mense met mekaar in hul taal, wil gesels.
Daar is oorgenoeg Engelstalige werwe waar jy jou plaksels kan gaan plak. Daar gaan jou pogings sekerlik beter be-oordeel en geweeg word. Of hoe?
In die lig van Afrikaans se amperse verlore stryd, om hul skole en universiteite, teen totale verdwyning te beskerm, vind ek hierdie voorstel eintlik heel koddig.
Los maar hierdie ene vir Afrikaanse siele.
Dit werk goed so.
10 jaar 7 maande 2 weke 1 dag 19 ure oud


Volgens my is die visie en misie om hierdie 'n Afrikaanse werf te maak. Almal weet dit en dit is die vereiste. Die werf gaan uit en uit oor Afrikaans en nie oor ander voor- of nadele nie of gevoelens of verhoudings tussen mense nie.

Die behoefte wat daar vir Engels was is aangespreek met die werf vir Engels (Mabooki).

Wat is so moeilik om te verstaan?
10 jaar 7 maande 2 weke 2 dae 4 ure oud


Robelle
Vertel die feit dat daar 'niks aangaan' op Mabooki, soos jy dit stel, nie reeds vir jou iets nie?
Hou maar liewer by die Engelse fasiliteit wat deur Willem geskep is vir julle wat graag in daardie taal ook wil probeer.
Hierdie ene is vir Afrikaanse pogings.
10 jaar 7 maande 2 weke 2 dae 5 ure oud


Gaan hierdie beker (happie) laat verbygaan: in AFRIKAANS.
10 jaar 7 maande 2 weke 2 dae 7 ure oud


Waarom wil mense altyd met mooi woordjies altyd alles bedonner. Dit blad is vir die opbou en uitbou van AFRIKAANS. Dit is dit!!. Neem skole, universiteite , werksplekke en sommer oral. Die gepeupel (anders denkers) moet oral kan indring - dit is mos menseregte. Behou diversiteit - min sal dit verstaan maar dit is wat oorlewing sal laat voortbestaan. Hou 'n ras suiwer anders het jy nie meer 'n ras nie.

Indien Woes nie aan julle vereistes kan voldoen, gaan dan na 'n ander werf.

Ek is al gatvol geignoreer, of terug te staan of maar net gelate aanvaar.
10 jaar 7 maande 2 weke 2 dae 9 ure oud


Wat Se Julle
Ek stem saam. Ek het 402 goed in Engels en sal dit op die mees bekostibare wyse will deel. Glad nie lus om all 402 te vertaal nie.

I must also add that we should have the courage and conviction to engage into a constuctive debate. Clearly, if the English site has low statistics, how can it be profitable to Willem? As someone who teaches business management, the Mabooki site does not seem sustainable at all.
10 jaar 7 maande 2 weke 2 dae 9 ure oud


M, jy het 'n gawe gedagte daar beet, nie dat ek ek engels kan dig nie, maar sal graag anders wil lees, een blad is soveel meer prakties. Briljante gedagte!
10 jaar 7 maande 2 weke 2 dae 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Inge

deur Rachelle du Bois

Inge Bergh is ‘n suksesvolle sakevrou. Sy besit en bestuur haar eie teetuin in die Bergh Kwekery. Sy is gelukkig en tevrede solank sy net genoeg tyd kry om te verdwyn na haar spesiale hoekie by die fontein. Tot haar skok en ontnugtering vind sy een aand iemand anders daar. By haar plek. Wat soek die stil en teruggetrokke buurman, André Grobler, snags in hulle tuin by haar fontein? Hoekom is hy hier waar sy is, nag na nag? En hoekom kan sy nie wegbly nie – wat is dit wat haar snags hierheen bring, net om hom hier te kry? Sal sy ooit verstaan wat dit is wat hom dryf? Sal sy kan verklaar hoekom sy aan die bewe gaan by die blote gedagte aan die aantreklike man met die versluierde oë?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar