Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Water.
In hierdie pragtige, (eens) skoon Suid Afrika, betree ons nou ʼn nuwe fase.
Of, ons is al klaar daarin.
Skoon drink water.
Water, geskik vir liggaamlike inname en die beskikbaarheid daarvan.
(Sien my artikel ‘ Verwagte Suur Water Ramp ‘)

Wie en wat besoedel ons water ?
Ek gaan konsentreer op die ‘ Goud kom’.
Dit is die gebied vanaf die Witwatersrand tot by Welkom in die OVS.

Daar is hoofsaaklik drie grotes.
Nywerhede, Mynbedrywighede en Munisipaliteite.
(Selfs die ‘heilige’ Sasol, is al aangevat oor water besoedeling. )
Water is die basis gebruiksmiddel in die bedrywighede

Pragtige wetgewing oor die hantering en behandeling van afval water is wel in plek.
Dit is bekend dat die wetgewing nie toegepas word nie.

Dan is daar die wan begrip: ‘ As water oor sewe klippe geloop het, is dit skoon’.
Dit bedoel dat water wat diep onder die grond uitkom, geskik is vir gebruik.

Neem een voorbeeld. Die gebied suid van Carletonville tot in Stilfontein.
Daar is goud, in teendeel, van die rykste goud neerslae. Tog is daar nie myne nie, maar wel groot nywerhede.
Die rede is dat die aardkors, dus ook die goudrif, so opgebreek en verbrokkel is, dat die ekonomiese myn van die goud neerslag onbetalend is.
Dit bring dus ook mee, dat enige besoedeling bo die grond deurdring tot in die water onder die grond.
Daarom is dit, kategories gestel, dat vele boorgate se water nie geskik is vir menslike gebruik nie.

In hierdie gebied bestaan daar ʼn beskermde laag.
Die Ventersdorp lawa laag.
Boorgate in hierdie laag se water mag dalk nog skoon wees.

Riool. Die grootste probleem.
In die Nuwe Suid Afrika, die mees verwaarloosde, ontoereikendste afdeling in die bestaan.
In die Nuwe Bestel, met die ontvolking van die platteland en dus die verstedeling van die bevolking, is feitlike alle rioolwerke heeltemal ontoereikend.
Afval water uit die riool werke, word direk in riviere gestort.

China, byvoorbeeld, het die probleem lankal oorbrug.
Riool word verwerk. Groot nywerhede verwerk dit na die mooiste kombuisware.
Borde, koppies, pierings, bakke, vase, enigiets.
En skryf mooi agterop. “ Made in China”
China het nie juis ʼn riool probleem nie.
Ons koop dit.

Nou kom die ‘mooi’ deel.
Die slim Jannies. Daar is altyd slim Jannies.
Gaan in die kombuis van menige mens.
Daar staan ʼn masjientjie. ʼn Masjientjie met ʼn waterbottel op en onder aan die masjientjie is ʼn kraantjie.
By die kraantjie kan jy ‘skoon’ water tap.
Geen bestraling nie
Geen gekwalifiseerde membrane nie. Net ʼn ‘filter’.
Geen wetenskaplike proses nie.
Net ʼn elektriese impuls, of een of ander stafie waar die water oor loop.

Dan is daar die Jannie wat bietjie meer slim is. Hierdie Jannie het ʼn paar rand.
Hy koop ʼn ‘ Osmose’ masjien. (Die gevaarte kos nogal ʼn paar rand!)
Hierdie Jannie het ʼn boorgat of ʼn kraan
Hy pomp water uit die boorgat of kraan, deur die ‘Osmose’ masjien, en siedaar!
Helder ‘skoon’ water word in honderde bottels getap en
Die mense koop dit !

Giftige chemiese stowwe, swaar metale, en riool (Ekoli) kan nie verwyder word deur ʼn elektriese impuls of deur die draende water oor ʼn stafie, bakeliet of wat, te loop nie.

Daar is slegs twee maniere.
Distillering.
ʼn Spesiale ketel waarin die water gekook en die stoom word verkoel na water.
ʼn Baie duur en tydsame proses.
Dit vereis baie energie.

Ware osmose met bestraling. Bestraling vir ekoli.
Ook ʼn baie duur, met min resultaat, proses. Dit is ʼn energie vereisende proses.
Werklike osmose instellasies, met die regte membrane, kan net deur groot instellings aangekoop word.
Hierdie skoon water is duur en is slegs vir laboratorium en wetenskaplike gebruik.
Die regte membrane, verkrygbaar slegs van Amerika, Duitsland en nog een of twee andere, is ontsaglik duur en hou nie lank nie.
Uit werklike osmose, word net ʼn dertig persent resultaat behaal.
Die sewentig persent uitskot water is gekonsentreerd besoedel
Wat word daarmee gedoen ?

Die nadeel van beide die prosesse is dat al die broodnodige minerale en elemente ook uit die water gehaal is.

Nou hoekom lyk die twee Jannies se water dan so mooi ?
Al wat hulle werklik uitgehaal het, is, bietjie sandjies(Modder) wat in emulsie in die water is.
Dan ook nog minerale, soute en elemente wat die liggaam nodig het.

Met die demonstrasie van die masjientjie, wys die verkoper trots na die ‘onsuiwerhede ‘ wat uit die water gehaal is.
Party is slim. Neutraliseer van die Ekoli. Voeg ʼn bietjie Jik of Chloor by.
En, soms, sout kristalle. En die water is heerlik ‘sag’.
Ander gifstowwe bly onsigbaar agter.
En, Jannie het ʼn papier wat sê: ‘Hierdie produk is getoets, en, en, en.’
En, met hierdie papier teen sy ‘suiwerings werke’ se muur vasgeplak, gaan Jannie nou mal.

Daar is deesdae ook Jannies wat kamtig toets.
Hier is nou geld betrokke.
Waar geld betrokke is, is ook heel dikwels ʼn ‘gekroek’ betrokke.
Stel vas wie was die toetser. Doen navorsing.

Doen ʼn eenvoudige toets.
Vat daardie botteltjie water. Die proppie moet nog styf op wees, Sit dit ʼn paar dae in die lekker son, hou dit by jou neus en draai die proppie af.
Die skielike ontsnapping van die riool gas wat opgebou het, sal jou asem wegslaan. Of, daar sal wees, ʼn ligte reukie van chloor.

Vroeg oggend. Na die lang heerlike nagrus. Hou ek my neus by die kraan. Maak oop. My nek werwels kraak van die terug ruk.
Pure riool klank!
Water verskaf deur ons ‘Munisipaliteit’
“ Meneer, die toevoer pype is al so vrot, ons sal die dorp moet afbreek om dit te vernuwe.”

Wonder bo wonder, is daar darem nog skoon fonteine, bergstrome (waar die mens nog nie besoedel het nie) en skoon boorgate, waar myn of nywerheidbesoedeling nie plaasvind nie, deur die land.
Of die eienaars die water, skoon gebotteld, ekonomies kan verkoop, is ʼn vraag.
As jy ʼn kontak het, behou dit.



Spaar Geld op Versekering

Kommentaar

Water
My verloofde werk by die enigste goudmyn wat nog oop is hier in Secunda, soms neem hy drink water werktoe, omdat myne mos bekend is vir hulle suur myn water. Die ander dag het ons water hier besoedeld geraak, daar was artikels in ons plaaslike koerant oor die riool sisteme wat oorloop en dan loop dit in die vleitjies in, wat later oorgaan na die dammetjies, waar die hele ekosisteem uitgewis word. Hier is een dam in Secunda, wat mense glo se is GLAD NIE veilig vir enige mensgebruik nie, nie swem nie, nie drink nie, NIKS NIE. Of dit waar is, ek twyfel nie so baie daaroor nie, want groen skuim dryf bo-op die water, dan wonder almal hoekom kan hul nie visse daar vang nie. (riool en vullis is al wat jy in die dam sien, al wat jy daar kan vang is siektes)
3 jaar 9 maande 1 dag oud



Van ons Premium+ lede

Meeste premium+ werke gelees in die laaste 7 dae
(2014-10-24 09:00:00 - 2014-10-31 09:59:59 )

Meeste kommentaar op premium+ werke vir die laaste 7 dae

Nuutste premium+ artikels

Van ons ander lede

Jesus Beter en Beter

deur Lynie van Westfort

'N digbundel deur God geinspireer. Geskryf deur 'n verloste vrou. Baie diep het Hy my uitgehaal.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar