Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Wat vir my so ’n paar weke gelede heel onskuldig en vol opwinding begin het, gelyk en gevoel het soos die gelukkigste gebeurtenis in my lewe, waarin ek my avontuurlustige geaardheid en eensame ure mee kon bevredig, en tog vir my baie spesiaal geword het, laat my op die oomblik so koud en leeg, vol teleurstelling en hartseer in my nabetragting.

Die uitnodiging, in die vorm van ’n baie mooi briefie, persoonlik, op facebook, aan my gerig, vol van bewondering, vir my mooi foto en dat ek, op Google gevind was en uit die vele jonger en skoner gesigte op facebook, uitgekies was om sy nuwe vriendin en in die moontlikheid van ’n permanente verhouding gewikkel kon raak. Soveel het my foto’tjie die man beïndruk, dat hy summier daardie besluit oor my kon maak en ek was nuuskierig hieroor.

Die foto was wel nie ‘n huidige een nie en daarmee saam, het ek 4 ander uitnodigings op Health Live webblad ontvang, meesal Engelse van oorsee. My neiging om bietjie te flirteer, soos ek in my jonger dae gedoen, maar met ’n ander doel voor oë, net om my nuuskierigheid te bevredig, voor die vlei taal van hierdie jonger manne, om bietjie met hulle kat en muis te speel, te sien watter uitwerking dit sou hê...ietwat gewaagd, maar ek het soms daarvan gehou om hiermee te dobbel. Ek was jare gewoond aan ’n soortgelyke spel in my lewe en dit was asof daardie Delila weer in my ontwaak het.

Ek behoort dit mos goed te kan doen, want ek was gekonfyt in die spel, waaraan ek hier so kundig wou deelneem. Het lank geleer om manne te terg, en skielik was ek weer in beheer van hierdie deel van my, soos toe ek jonk was...die verleidster.

Die jong manne het nie van my taktiek gehou en gou die wyk geneem, gedink ek is ‘n maklike teiken, toe word hulle die teiken, deur die vermoedelike “ryk weduwee”, wie hulle gedink het ek is! Ek moes in die eerste plek nie hul uitnodigings aanvaar het nie, maar die neiging om bietjie onverskillig te wees, was aantreklik en sou bietjie lewe blaas in my huidige bestaan.

Die een wat my die meeste aangetrek het, was die man op facebook..Baie geheimsinnig oor homself, het wel vir hom ’n profiel geskep, waartoe ek alleen toegang gehad het, d.m.v. sy korrespondensie elkedag. Hy was ‘’n middeljarige wewenaar wie se vrou, seun en skoondogter in ’n motorongeluk gesterf het , so 8 jr. gelede en hy was agtergelaat met ’n kleinseun van ses maande oud, wie hy alleen moes versorg...nog ’n rede om hom jammer te kry.

Hierin het ek die gevoel van swaarkry en pyn saam beleef, die man se lewe het voor my oopgegaan en ek het hom gesien as eerlik en eensaam, op soek na iemand om hom by te staan, weer die lewe te laat voel en liefde te ervaar. Hy was minsaam, baie vry met mooi woorde waarmee hy so ywerig my elkedag gevlei en nader aan hom getrek het en hy was waarlik ’n prentjie, soos ‘n fotografiese model en my hart laat vinniger klop by die aanskou van al sy mooi foto’s...n fris spier tier.

Die foto’s het op my versoek al meer op sy blad verskyn! So aantreklik... wat soek so ’n man by my, het ek gewonder... my logiese redenasie was dat hy soveel jonger, mooier vrouens aan sy voete kon hê. Realisties gesproke sou ek langs hom, soos sy moeder gelyk het, maar hy wou my hê en dit was so goed om te hoor.

Ek was te lanklaas met sulke mense deurmekaar en was nie eintlik vertroud met die listige, veranderende taktiek van die seepgladde monde, sulke vleitaal het my van my voete af gehad... ek is al 21jr weduwee en ken nie die gewoontes van die wêreld kriminele nie. Ek was so ’n maklike teiken en so maklik beïnvloed deur mooi woorde.

In my hart het ek geglo hierdie man, hoe ongelooflik ook al, die een was vir my...hy het dan ’n visioen gehad van ’n vrou wat hier op hom wag...nog meer om my te oortuig alles is wel met hierdie verhouding in wording. Hy het soveel mooi planne geskilder en hy kom hiernatoe...om hom permanent hier te vestig.

Daar was, in die stadium nog geen liefdesverklarings nie, dit was alles net op toekomstige onderhandelinge gerig van... stadig gaan met ons gevoelens... ons sou mekaar op die lughawe ontmoet, by Wonderboom, in Pretoria en vandaar aan die verhouding werk.

Hy was reeds jaloers oor my ander sogenaamde voornemende vriende op Health Live, waarvan ek hom verwittig het. Die manne het almal ‘n vinnige verhouding gesoek, wat hulle sou toegang verleen tot die SA mark om hier besighede te begin.

Hierdie was net kortstondige kat-en-muis-speletjies en was gou agter die rug, afgevee van my blad. Maar mnr. Engeland, was geensins van plan om uit my lewe te verdwyn nie, hoe ek ook al probeer het om hom na jonger dames toe te lei, hoe meer het hy daarop attent gemaak dat ouderdom nie tussen ons as ’n wig ingooi moet word nie en was hy al hoe meer oortuig ek is die vrou vir hom.

Ek het uitgevind dat hy ’n ingenieur is, ’n huis besit in Kent en dit gaan verkoop, hy vestig hom permanent in Pretoria, waar hy weer, sodra hy ’n geskikte plek kry, hier gaan huis koop. Die lewe het vol beloftes vir my gewink en ek het met hernieude lewensvreugde na elke dag uitgesien. Geluk het weer met goue hande na my uitgereik.

Hoe gou smelt daardie goudpot nie, wanneer werklikheid tot jou deurdring. Dié week, moes die man in Benin om ‘n spesiale taak vir sy eertydse bestuurder te gaan verrig. Hy vertel dat hy gewaarsku was om nie teveel geld met hom saam te dra nie, vanweë die misdaad in daardie land.

Hy was in ’n hotel tuis waar sy verblyf ook die etes ingesluit het. Nadat hy vir alles betaal het, het hy net 20$ oorgehad...ek was gevra om hom 100$ te leen, wat hy by sy aankoms in SA sou teruggee. Hy sou moes ’n nuwe simkaart aankoop, met beltyd, sy foon en netwerk het nie in Benin gewerk nie.

Hy het glo 5 of 6 banke besoek en sy krediet kaart was nie daar aanvaar omdat daar geen skakel met die bank van Engeland was nie. Hy kon dus nêrens enige geld bekom of sy vorige baas bel om sy probleem mee te bespreek nie.

Die man was so oortuigend in sy dilemma dat ek geen onraad gemerk het voordat ek by die derde bank in ’n ry opgedaag en my oordragvorm aan hulle voorgelê het nie. Die transaksie sou d.m.v. Western Union gedoen word, elke groot Absa tak het hierdie skakel waar jy direk geld kan oorplaas na enige plek in die wêreld. Forex is die ander tak van hierdie besigheid, waar die hoofkantoor in Nigerië geleë is.

Intussen het ek die wette van Western Union gaan oplees op die netwerk, alles omtrent die soort bedrog en daar was oral, op elke blad waarskuwings aan, veral die ouer vroue wat so maklik teikens word omdat dit geglo word hulle het gewoonlik baie geld...sagte teikens...ryk weduwees. is Op die Absa webblad is dieselfde waarskuwing gerig aan elke kliënt, daar kan nie genoeg daaroor benadruk word nie!

Die hotel bestuurder het ook nou hierdie prentjie betree, hy was ’n agent vir Western Union, waarvan die kantoor in Lagos, Nigerië gevestig was. Hy het ook in Lagos gewoon, oorkant die Internasionale lughawe daar. Al hierdie besonderhede was aan my gegee, met die man se naam en adres... al wat ek nodig gehad het vir hierdie transaksie.

Ek het daardie dag niks bereik nie, het weer gereël dat ek vervoer het vir die volgende dag se ekskursie na ander besighede wat hierdie oorplasing sou kon finaliseer. Het elkekeer met die vriend konfereer oor my vordering en hy was al hoe meer angstig dat ek dringend die geld so gou as moontlik moes bekom. Ek was voortgedryf deur ‘n onverstaanbare, dringende drang om hierdie man te moet kan help, dit het my voort gedu om dit te maak werk. vir hom...verblind in my gang van bewondering.

Dié dag het ook niks opgelewer nie en ek was al hoe meer desperaat vir hierdie nuutgevonde vriend en moontlike toekomstige eggenoot van my, om hierdie bedrag by hom te kry. Ek het soos ’n besetene rondgehardloop van plek na plek en uiteindelik, na beproewende paar dae, besluit ek het genoeg gehad...sou dit aan hom sê, want die banke het die een na die ander, dieselfde storie aan my vertel, dat die net met die agent se bank besonderhede gedoen sou kon word. Die man was geensins bereid om dit aan my te lewer nie,

Daardie aand het ek niks van my vriend verneem nie, nadat ek hom laat weet het na middagete, hoe my sake daardie dag verloop het en ek nie van plan is om verder daarmee vol te hou nie, hy sal ander plan moet beraam. Die stilte was onheilspellend en ek het gehoop dis die laaste wat ek daarvan sou hoor, ook van die vriend sou verneem, met soveel vrees in my hart by dié gedagte...die lengtes waartoe ek gegaan het vir hom, het my totaal psigies en fisies uitgeput.

My hart was ontstellend seer by hierdie gedagte, maar ek sou nie eerste kontak maak nie. Ek het, die volgende dag, vol ellende en hartseer, skuld gevoelens oor die man van my drome... besluit ek gaan nog een laaste poging aanwend. Wou nie my vriend in die steek laat nie, sou dit as verrassing vir hom doen. Ek is weer terug na die bank, met ’n nuwe vorm, waarop ek hierdie keer die inligting net effens gewysig het, sodat die dame wat my die vorige keer bedien het, sou weet ek het nou anders besluit oor die doel van hierdie oorplasing.

Alles het gevoel of dit net reg gegaan het, sy sou die berekening van rande na dollar doen en weer terug kom na my. Intussen het sy my onthou en blykbaar met haar senior in beheer gesels en ek verkeer, in alle onskuld, alhoewel ek reeds bewus gemaak was van die bedrog by sulke transaksies betrokke, voor hierdie dame. Vir die tweede keer is ek daarop attent gemaak dat ek iets verkeerd doen, maar nie die vorige keer die erns van hierdie saak besef het nie.

Ek het, na ek die eerste dag al die wette, reëls en regulasies van Western Union gelees het en bewus geword van hoe sterk hulle bedrywighede hier in SA vorder, dat dit ’n ernstige bedreiging in ons land geword het en dat daar ’n nuwe wet in Oktober verlede jaar gevestig is, dat geen so ’n transaksie ooit gewettig sal word tussen enige van hierdie maatskappy se kliënte na enige van die oorsese lande nie.

Ek was geskok oor die erns van so ’n aanklag, wat die dame in geen onduidelike terme aan my vertel het nie. Ek was besig met ’n kriminele transaksie en sou kon tronk toe gaan indien ek sou volhou hiermee. Ek was eindelik oortuig ek het klaar gespeel en my vriend verwittig dis klaar, wou nie nog ’n skrobbering vir my op die hals haal nie, nog minder wou ek vir ’n vreemdeling tronk toe gaan, wat my gevoelens ook al was.

Tog was het einde nog niet , nog ’n nuwe plan om hierdie transaksie te laat geskied...sou ek dan nie van die laaste een leer nie...was ek werklik so blind dat ek nie deur hierdie man, met my verliefde oë kon sien nie, waar was my verstand die hele tyd.? Ek word so maklik aan my neus gelei en die moedelose moegheid spoel oor my... tap my dat ek nie kan slaap nie en tog druk ek deur, ylhoofdig en siende blind.

Daar is weer vir my ’n boodskap op facebook, ek moet gaan na ’n kitsbank wat die funksie het van “cash send” hulle stuur my ’n SA selfoon nommer van die agent in Lagos se broer, hy sal die geld namens my vriend hier ontvang en oor stuur na hom in Lagos, waar hulle daarop sou wag.

Blondie..hiehie... so gelukkig vir hierdie oomblik in my lewe... dink...”cash send”...aha...ek kan seker die kontant oor stuur, d.m.v. hierdie funksie en trek summier die ekwivalent van dollar in rande, met ietsie by vir die onkoste aan die transaksie verbonde. Dis absoluut vreemd aan my, ek het nog nooit voorheen die funksie gebruik nie. Slim kind, was toe, as gevolg van onbekwaamheid om hierdie stap te doen, weer uitgevang, want die funksie vereis ’n oorplasing uit jou bank rekening.

Hier doen ek die domste ding in my lewe, by al die ander dommer dinge waaraan ek my die hele week skuldig gemaak het...was hierdie die kersie op die koek...ek bel die man se nommer hier in SA, vra hom om my te help om hierdie transaksie te doen, iewers doen ek iets verkeerd en ek kry nie die geld gestuur nie.

Ewe gewillig en baie behulpsaam, man met ’n swaar aksent, help my in baie goeie Engels oor die weg, na ek hom eers moes kans gee, ek moes net so 2 minute wag dat hy na my terugkom, waarna ek hom weer moes terugbel. Ek vermoed, dat hy intussen sy rekenaar aangeskakel het om my bankrekening te kon opspoor, wat hierdie moontlikheid eers heelwat later by my laat posvat het.

Met die onttrekking van die bedrag vir hierdie transaksie, kon ek nie die “cash send” transaksie finaliseer omdat ek ’n daaglikse limiet op my bankrekening het en die bedrag oorskry het met hierdie oorplasing...ek sou moes die volgende oggend weer hierheen terugkom om, einde ten laaste, my vriend te help. My bas is weer deur my eie onnoselheid gered.

Vanoggend sou dit die finale geleentheid wees, maar ek sou nie gaan nie...ek was, uit eie beweging, nie van plan om op te daag vir hierdie laaste rondte nie. Ek was diep bewus van skielike gevaar aan my persoonlik, met die insluiting van hierdie SA selfoon nommer en die derde skakel persoon.

Gisteraand het my huis vriendin die waarheid te wete gekom, ek is nie skelm genoeg om vir almal te sê, bly stil oor my doen en late nie. Almal in die huis het geweet van my daaglikse ritte na die bank, behalwe sy, want sy het bedags gewerk en was nie van my daaglikse bewegings bewus nie. Niemand het die aard van die transaksie geken, wat ek so dringend moes doen en herhaaldelik daarvoor moes terugkeer stad toe nie.

Na nog ‘n baie ernstige aanmaning oor die gevare aan so iets verbonde het ons saam alle moontlike kontakte verwyder, geblok, uitgevee en alles, behalwe een puntjie, wat my onrustig stem...waarom het die man my laat wag, voor hy my kon help by die kitsbank...ek moes my bankkaart daar gebruik... sou hy dit kon skandeer terwyl hy my gelei het in die uitvoering van hierdie transaksie, dit het sowat 2min. geduur, is dit moontlik dat ek reeds die teiken van ’n gedugte “hacker” kan word?

Die gevaar vir my het hierin gelê dat ek te maklik betrokke raak, te maklik vertrou, te maklik in my gevoelens oorrompel raak en dan nie die gevaartekens gou genoeg raaksien voordat ek dit so hittete regkry nie...dit was so naby,  die gevaarligte het reeds geflikker... het ek die eerste keer die ‘regte’ rede genoem vir die oorplasing, was die geld by hom. Daarvoor was ek ook te eerlik om te sê waarvoor dit eintlik was, dit was nie die regte antwoord nie...amper die hele dramatiese storie, daar onthul, tot my verleentheid... en my kinders sal dit glo, want, hulle weet ek sê net teveel, onnodiglik.

©29/01/2011 Joan Lotz










,



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Wees bedag
Ma, dankie vir hierdie geweldige goeie raad, Ek wens ek het dit vroeer gelees.!!!!!!
8 jaar 1 maand 3 weke 1 dag 7 ure oud


Byna 'n salgoffer.
Dit wys hoe versigtig 'n mens moet wees. Enigiets uit Nigeria finansiël is gevaarlik. Daat is soveel eposse wat die ronding doen. Hulle wil ook jou persoonlike inligting hê. Dit gebruik van persoonsbedrog. Dus 'n amperse dure les. Die bank was genagdiglik op hulle tone.

Groete

Marcelle
8 jaar 11 maande 1 dag 4 ure oud


Sjoe
Dankie vir deel, mens weet regtig nie deesdae wat mense se intensies is nie.
8 jaar 11 maande 4 weke 4 ure oud


058-374-985
Probeer volgende keer my bankrekeningnommer. Die transaksie sal sommer vinnig deurgaan sonder al daardie moeite. haha
9 jaar 2 dae 5 ure oud


Bewaar jou hart
Ma-l, jou eerlike openbaring van jou motiewe en beweegredes om met hierdie persoon betrokke te raak het my 'n gebedjie vir jou laat doen; ek hoop dat jy tog iemand waardig sal ontmoed wat die eensaamheid en versugting in jou hart sal vul. Sterkte!
9 jaar 3 dae 17 ure oud


gatskop
agge nee Ma-L hoe kon sy so naïef weens, het ook al daardie mooi briefies gekry, en my gat daaraan afgevee, die swerkaters dadelik gewipe en geblock. baie jammer jy moes in daardie slaggat trap.!
9 jaar 4 dae 13 ure oud


-
ai mma, soos ek mma gese het, mma gaan my 'n vroee dood laat sterf, groot storie die en groot skrik. mma se beskerm engeltjies het omtrent hul hande vol gehad maar dankie tog het hul mma steeds beskerm xxxxx
9 jaar 4 dae 18 ure oud


Web slagoffer
Ai, Ma-Linguis, dit was voorwaar 'n noue ontkoming! Ek sou jou sterk aanraai om onmiddellik jou selfoonnommer te verander, siende dat jy die knaap gebel het en hy nou met jou nommer sit. Ja, laat my dink, dis lank nie meer die tyd van "nommer asseblief...." en net radio-kommunikasie nie. Hulle kan tot vandag al jou blyplek beloer d.m.v. die rekenaar, so dink ernstig na of jy nie iewers nog spore gelaat het nie.
9 jaar 6 ure oud


die weervoorspelling
jou 'avontuur(tjie) goed oorvertel.
ek dink ons almal het behoefte..en word dus makliker ingetrek in so iets....
darem bly dit het geindig soos dit geindig het...en dat jy finansieel darem ongeskonde daarvan afgekom het...
en die excitement in die hele gebeure moes darem jou hart vinniger laat klop het...met n paar lekker oomblikke tussen-in
9 jaar 7 ure oud


Wees bedag
Gelukkig het jy sy skelmstreke vry gespring. Dankie vir jou baie waardevolle deel met ons. Goed geskryf Ma-linguis!!
9 jaar 8 ure oud


Skelm blixems oral!!
Die bloomen cheek, om 'n mens se eensaamheid so te misbruik vir eie skelm gewin. Bly jy het in eenstuk daaruit gekom, kyk maar liewer die manne in die oë, dan kan hulle nie sommer lieg nie.

Trots op jou om dit vir ons te vertel en te waarsku, dankie.
9 jaar 9 ure oud


Foefies
Jaaaaaaaaaa! Ons is omgekrap!
9 jaar 14 ure oud


Wees bedag, om nie 'n web blad salgoffer te word nie!
Dankie vir die waarskuwing!!
9 jaar 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Bundel homofiliese kortkunsprosa.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar