Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Die woord Ganoekka is 'n poging om ‘n woord in Afrikaans te spel sodat die klank dieselfde is as wat dit in die oorspronklike Hebreeuse is. Die kan ook gespel word as Chanukah of Hanukkah.

Die Messias was met hierdie fees by die Tempel (Joh 10:22). Binnekort wys ek ook daarop hoe hierdie fees met Bloedrivier ‘n konneksie het.

In die boek van Daniël kom 'n profesie voor van hoe Alexander die Grote die Mede en Perse verslaan en self sy koningryk afstaan.

Die gebeurtenis speel af in die jaar 167 BCE. As hierdie geskiedenis nie plaasgevind het nie, kon die profesie van die Messias nie verword nie.

Die Siriese koning in beheer van Israel het wette ingebring sodat alle voorskrifte vanuit die Skrif verbied sou word, sodat die kulture van Israel en die Grieke sou versmelt. Die beginsel was beken as Hellenisering.

Matteus Makabeër was priester en het geweier om 'n vark te offer in die tempel. Hy en sy seuns het in opstand gekom en met ‘n leër van 6000 ‘n mag van 47000 aangevat.

Na twee jaar het hulle die Grieke verslaan. Die Tempel was vuil, besprinkel met vark bloed en alle olyfolie vir die kandelare, wat volgens Eksodus 27:20 heel tyd moes brand, was vernietig.

In die skoonmaakproses van die Tempel is ‘n houer met olie gevind, maar net genoeg om die kandelaar vir een dag te laat brand. Die voorbereiding van olie, van olyf tot olyfolie sou egter agt dae duur.

Die olie is wel in die kandelaar gegooi, aangesteek en ‘n wonderwerk het plaasgevind. Die kandelaar het met daardie olie vir agt dae gebrand.

Sedertdien is daardie agt dae gevier as die Fees van Tempelwyding, tot vandag toe.

Die volledige verhaal kan in die Apokriewe boeke van 1 en 2 Makkabeërs gelees word, terwyl die komponis Handel ‘n volledige werk gekomponeer het om die geskiedenis te herdenk.

As hierdie geskiedenis nie plaas gevind het nie, kon die ouers van die Messias Hom nie gaan toon in die Tempel, soos beskryf in Lukas 2:22.

Dit is dan ook 'n voorbeeld hoe ‘n volk sy kultuur suiwer gehou het deurdat ander feeste, gebruike, datums en tradisies nie vermeng en aangepas is om by hul eie kultuur in te skakel nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Hanukkah
Pragtig en informatief geseende Hanukkah vir jou en jou gesin..m
11 jaar 2 maande 1 week 3 dae oud


doughnuts
opwindend!! Gaan ons doughnuts eet??

Dankie vir goeie stuk!!


S xx
11 jaar 2 maande 1 week 3 dae 8 ure oud



N VERGANE ERA

deur neels claasen

spoorweg staaltjies en verhale uit die verlede



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar