Artikels

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Teen half sewe begin die gaste opdaag en onder die groot boom waarin talle liggies skitter, staan groepies rond en gesêls of sit by klein tafeltjies en betrag alles. Dis ‘n heerlike warm somersaand en ‘n opgewonde afwagting hang in die lug.
Francois van Novo Diners se heerlik braaiworsreuk warrel opwaarts met ‘n ligte briesie en ‘n gesellige atmosfeer heers. Dries Wiid se suiwer klavierklanke vloei na buite en Juliette, geklee in ‘n asemrowende groen aandrok, hanteer die kaartjies en programme.
Sommige van die gaste beweeg reeds na binne en maak hulle tuis met sjerrie, ‘n kelkie wyn of sap en ligte verversings. Wit kerse op ivy-blare brand op elke tafel en steek mooi af teen die swart tafeldoeke. Die twee boekbekendstellingstafels staan eenkant en ‘n paar nuuskieriges praat ‘n paar woorde met die twee outeurs.
Monique en Roelien word besig gehou by die tafel met drankies en almal begin stadig inbeweeg, plekke soek en rondkyk. Dit word donker buite en uiteindelik het almal hul sit gekry. Johan Koen, ons klank-ingenieur gee die teken dat alles reg is en die ligte verdoof stadig, terwyl die verhoogligte in kleure speel en dan in ‘n sagte skakering van wit op die mikrofone lê.
Kort na sewe, open ons seremoniemeester, Paul Vaandraager, die aand met sy uitsonderlike styl, waarna Melodie ‘n paar woorde oor Nini Bennett spreek. Nini vertel ons daarna kortliks oor haar digbundel en dan is dit Willem se beurt. Hy boei die gehoor en lewer ‘n mooi boodskap waarin hy al die Woes digters, skrywers en liriekskrywers bedank dat hulle Afrikaans aan die gang en lewend hou. Ronél Meylahn, een van ons voorlesers, lees Vonnie se openingsgedig voor en stap af onder luide applous.
Vitulari Cantores lewer twee ongelooflike sangnommers en die gehoor is gaande oor hierdie klomp lewendige sangers.
Carol Williams is die eerste digter wat haar gedig voorlees , daarna volg 35k north en Vulletjie. Werner Wehmeyer se gedig is deur Starlyn George voorgelees en Benita van Heerden dra een van Donkie Dans se gedigte voor.
ELLE lewer hul eerste sangnommer en hul suiwer stemme en rustige kitaarklanke streel oor die gehoor.
James J Andrews boei almal en hy vertel van sy dae as diplomaat in eerste wêreld lande. Barend Steenkamp is ons volgende digter, met Liezl, Drakenoof, Christa Roux en Mariska wat volg.
Pouse breek aan en almal verkeer gesellig oor worsrolletjies, verversings, wyn en sap.
Dieselfde digters tree tydens die tweede deel van die aand weer op en al wat ek kan sê is dat almal digters van formaat is. Vulletjie het die gehoor in haar hande gehad en almal was mal oor haar. Barend Steenkamp het ‘n duet-gedig saam met Ronél Meylahn voorgedra en Starlyn George het Werner Wehmeyer se gedigte met passie en gevoel oorgedra. Drakenhoof se voordrag was sterk, sensitief, boeiend en almal het vasgekluister sit en luister na sy gedig oor die oliematroos.
Nou wil ek almal wat deelgeneem het en die aand werklik spesiaal gemaak het, uit my hart uit bedank. Julle was asemrowend, elke een van julle! Baie dankie ook aan al ons toeskouers wat die aand met ons meegemaak en ‘n vriendelike, gesellige gehoor was. Verder, dankie aan Monique en haar span wat die hele aand rondgeskarrel het om te verseker dat alles reg verloop. ‘n Spesiale dankie aan Vitularie Cantores, ELLE en Dries Wiid vir wonderlike musiek, aan Johan vir die tegniese kant, aan ons voorlesers en veral aan Paul Vaandraager, ons seremoniemeester.
Baie dankie ook aan julle wat die aand nie kon meemaak nie, maar talle e-posse gestuur het met goeie wense.

Ons maak weer so!

* PS Ek kry binnekort die foto’s by ons fotograaf en sal alles oplaai.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Carol
Bie baie dankie vir die plaas van die foto's. Nou het ons darm 'n klein glimpsie gekry van die heerlike aand wat ons nie beskore was om by te woon nie. . . Volgende keer?
8 jaar 1 week 6 dae 5 ure oud


Dankie!
Baie dankie Carol vir hierdie in diepte vertelling van die aand. Jou artikel gee die ervaring weer 'n lewe van sy eie en vir ons wat nie daar kon wees nie die geleentheid om so ietsie daarvan mee te maak!
Groetnis
DD
8 jaar 1 week 6 dae 22 ure oud


Kiekies
My verslag oor die aand was verduiwels vinnig geskryf, aangesien dit op Sondag, 25 Maart geskryf is, met die laaste ure van die kompetisie in swang. Ek het resies geskryf. Jammer vir die spelfoute en nuanses van die aand wat verlore gegaan het, maar dinge was dol. Carol :/
8 jaar 2 weke 1 dag 1 uur oud


WWW
Dit help darem so bietjie om hierdie stuk te lees en hoor wat toe daar aangegaan het. Ek sou veral graag Vulletjie se bydrae wou hoor. Volgende keer maak julle 'n DVD en verkoop dit aan my. Ek sien uit om die fotos ook te sien. Dankie vir jou verslag van die aand!
8 jaar 2 weke 1 dag 11 ure oud


Vulletjie
Jy was 'n ster!!!
Baie dankie vir jou voorstelle. Dis juis wat ons wil hoor. :)
8 jaar 2 weke 2 dae 2 ure oud


Weer 'n keer
Dit was heerlik.(al was my senuwees gedaan) Miskien sal 'n saterdag volgende keer beter werk. Die skoolhoof gaan ontplof as ek weer 2 eksamenvakke mis. Vir die wat ver moet ry na werk sal saterdae dalk ook beter wees.
8 jaar 2 weke 2 dae 2 ure oud


Dankbetuiging
Carol, met die lees van jou vertelling oor die Woord en Wyn-aand, het dit regtig vir my gevoel asof ek vir 'n paar oomblikke daar in die gehoor sit. Dankie dat jy die gordyne vir ons wat nie daar kon wees nie vir 'n stonde oopgetrek het. Jy het die aand so pragtig beskrywend geskryf.

Baie baie dankie daarvoor. Lank lewe ons kreatiewe bestuurder!

Natuurlik moet dit weer en weer en weer gedoen word!
8 jaar 2 weke 2 dae 7 ure oud


Opdra
Hierdie stuk word spesiaal opgedra aan Vonnie, Werner Wehmeyer en Donkie Dans, wat hulle gedigte laat voorlees het en gebrand het om die aand met ons mee te maak.

Wat se julle, gaan ons dit weer doen?
8 jaar 2 weke 2 dae 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Hartsnare

    deur Driekie Grobler

    100 Inspirerende gedigte en hartsgedagtes oor menswees en die lewe.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar