Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit sal vir my baie interessant wees as ek kan uitvind hoeveel mense daar buite (normale mense) glo hier aan! Ek weet nie of ek dalk mal is nie maar ek het dit 'n week terug beleef en sedert daardie tyd nog nie terug gekyk nie! Is dit ons brein wat "tricks" met ons speel of is dit werklik? Hoekom het sekere mense daardie uitwerking op jou as mens? Ek meen een kyk van daardie man en dit het gevoel of 'n duisend volts deur my liggaam beweeg! Stel 'n mens vir jouself sekere vereistes in jou onder bewusyn of wat? Ek het al romanse daaroor gelees maar wanneer kan 'n mens fantasie met realiteit vergelyk?Is daar iets soos fantasie of vee ons dit net eenkant omrede ons dink realiteit is makliker en meer logies? Het jy dalk daardie persoon in 'n vorige lewe raak geloop? Soveel reotoriese vrae! Komaan julle help 'n blonde in "despair"!!!!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

liefde met die eerste oog opslag
Met alle eerlikheid moet bieg dat dit vir die eerste keer in my lewe ook onlangs met my gebeur het. Nog nooit in my wildste drome het ek so oor iemand gevoel wat ek net ontmoet het nie. Dit het behoorlik gevoel of my hart deur my bodem val... Dit was ongelooflik verby. Ongelukkig het ons paaie nog nie gekruis nie, maar ek glo dat as dit moet gebeur dan sal dit. So ja, You Go Girl!!! want dit is een fantastiese gevoel wat jy op geen manier werklik aan `n ander kan beskryf nie...
12 jaar 7 maande 1 week 9 ure oud


yackity schmack the boer is back
Hey meisie, jy dink te diep oor een van die eenvoudigste dinge ooit. As iemand jou voete onder jou uitslaan gaan met dit. Leef jou lewe voluit, gryp elke kans en moet NOOIT bang wees nie... Liefde is vir almal. Good luck en geniet dit;)

gister is verby en as jy vandag jou kanse vat sal more vir homself sorg
13 jaar 3 maande 2 weke 6 dae 12 ure oud


Go for it, girl! Dis 'n kans, 'n geleentheid. Sy kyk kon net sowel g'n niks in jou geroer het nie. Maar nou het dit...
13 jaar 4 maande 2 weke 4 dae 13 ure oud



Reistog van Genade

deur Hannelie

My genade reistog van diagnosering van bipolariteit en my reistog na die veiligheid van God se Arms



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar