Artikels

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


[Na aanleiding van ‘n Gorrelstuk op Woes.co.za deur Vonnie het ek kommentaar gelewer. Die volgende is ‘n uitgebreide weergawe daarvan.]

Ek kom spit jou tuin om, daarby GEE ek drie ure van my (werk-)tyd aan jou af, en jy NEEM my werk aan. Ek gee WERK, en jy gee (hopelik 'n toepaslike) loon of BELONING in ruil. Anders moes jy self gewerk het.

Was dit nie vir die „maBatlane" ('mBaca, nedere stam in kwaZoeloe) nie, sou die goudmynbedryf en waarskynlik die bedryf van alle myne in Suid-Afrika inmekaarstort: Hulle is die manne wat dag-in, dag-uit die vuilisemmers van die kleinhuisies naby die werkgebiede terug tot die skag op hul skouers dra, en die leë emmers terug. Hulle draf. Sou hulle staak - en hulle dink nie daaraan nie - sou die hele Witwatersrand waarskynlik binne min dae tot 'n katastrofegebied uitgeroep word, ook op die oppervlakte. Want hulle voer hulle ambag ook in die munisipaliteite van die Witwatersrand uit – miskien nie meer soos vroeër met emmers op die skouer deesdae nie.

As een of ander sg. topmanager sy firma in die ruïne dryf, kry hy as goue handdruk aan die einde van sy tyd by die firma 'n hopie miljoene agternagesmyt - dollars/euros/ponde, waardevolle geld.

Ek kom tik in jou kantoor, daarby GEE ek jou daagliks ses-en-'n-half ure lang my WERK. By die huis lê my kind met griep, my „werklose" man wat suip; dan moet ek vir jou boonop dognog een-komma-ses kilometers tot agtuur saans loop en te voet deur die donker strate my pad huistoe soek?

Ek bedryf 'n fabriek waar ek JULLE WERK aangeneem het om dinge te maak wat ek verkoop. Sonder JULLE werk sou my fabriek nutteloos gewees het. Nou koop ek masjiene wat deur minder werkers onderhou word en die WERK, wat julle almal aan my en my pa en oupa GELEWER het, vernietig. Dit wil sê die geleentheid om te werk het ek vernietig; die werk is nog daar in jul armspiere, byvoorbeeld.

Ek voer 'n makelaarsbedryf en kyk met vonkelwynglas in die hand van my balkon af hoe jy onder op die straat, waar die ou wal in Nieu- Amsterdam vroeër was*, raas en tekeregaan omdat ek, deur slim te koop en verkoop, jou WERK en die werk van jou vennote daaronder tot niet gemaak het. „Julle" fabriek eksisteer nie meer nie (Dis mos my fabriek en ek kan daarmee maak wat ek wil); JULLE WERK is vir my onbenullig. Ek wil dit nie hê nie. Ek wink (prost!) vir die YOUTUBE-kamera.

Die kar staan kop, staan al lankal kop, en die wieletjies draai en skarrel in die wind. In November 1917 (Oktober in die katoliese weste) het 'n omwenteling aan taamlik presies hierdie punt sy aanvang gehad**.

As ons wil verhoed dat dit weer gebeur, moet ons 'n geheel-en-al andere taal praat. En dink.

Sê wie? Watter een GEE en watter een NEEM werk aan?

Ons is geneig om die engelse taal na te brabbel: Ons sê so maklik situasie, suggestie, evalueer, en emplojeer/emplooieer by voorbeeld, sonder om presies te weet wat ‘n woord beteken. Dan vertaal ons emplojeer met werkgee wat verkeerd is: As ‘n Engelsman iets emplojeer dan gebruik hy dit. Hy emplojeer ‘n graaf om ‘n gat te delf, ‘n kompas om sy pad oor die oseaan te soek, sy brein om ‘n probleem op te los of my bekendskap as toegang tot ‘n geselskapskring, en so voort. Hy gebruik of benut of hy neem in aanspraak iemand (se tyd of spierkrag en intelligensie of vakkennisse ... en WERK) om ‘n taak te verrig wat hy nie self kan of wil uitvoer nie. In die huidige opset betaal hy hom vir die gelewerde werkstuk. (Slawerei is reeds afgeskaf, vriendskapsdiens eksisteer nog.)

In die beskrywing van iemand se werk, werkplek en dit wat daarmee saamhang, was in die verlede dikwels die rede van „perks” (uitspr. pûks – perquisites) iets wat as ‘n ekstrabeloninkie gesien kan word ... as jy bliefies-bliefies by ons kom werk, ons het jou (en jou werk!) so dringend nodig: Halfpryskaartjie na Durban of Hartenbos vir die familie, klerasie en skoene teen kosprys uit die afdeling vir werksklere en uniforme, petrol teen kosprys by die voertuigafdeling, Kersfeesbonus, ...

Deesdae word sulke voordele as kontantwaardes aangesien en moet vir belastingsdoeleindes tot die loon toegereken word. Daarby is vandag die werk skaars en die werkers volop ... samblief baas, ek draf sommer ‘n ekstra maraton as jy wil, ek het die werk so dringend nodig... Nee, ek het die stelling nodig; die werk of vaardigheid het ek, en ek bied dit spotgoedkoop aan weens die kinders wat die korsies benodig. (So was dit waarskynlik in die dertigs van die vorige eeu ook.)

Net omdat ek arm is en geen eie bedryf voer nie, net omdat ek getroud is en kinders het en ‘n huis moet afbetaal, maak my nie minderwaardig nie. Ek het die HAT en die Kinderbybel en die halwe Winkler-Prins (in Nederlands) gesluk; ek kan Frans en Sesotho praat en kan jou einigiets oor Goethe en Schiller verduidelik. Maar ek kan werk; ek het die werkkrag in my arms en vingers en kop. Ek het die werk. En jy het die werkgeleentheid.

GEE JY my die GELEENTHEID, dan GEE EK jou die WERK. Jy neem my werk aan, en ek neem jou geleentheid waar.

So is die feite.

Wall Street
** Oktober-rewolusie

©._____________________________________________________________________________.tje



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    DIGSELS: 'N LEWE IN VERSVORM

    deur Johann P. Boshoff

    Hierdie bundeling van die digter se "oorgeblewe" Afrikaanse nie-opdragwerke sedert die 1970's is bedoel om biografies gelees te word. Wat 'n reis!



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar