Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Na aanleiding van vele radio en koerant berigte oor verkeersveiligheid, en veral die bekommernis wat uitgespreek is oor die groot aantal voetgangers wat gedurende die Kerstyd doodgery is, wonder ek maar net oor die gesindheid en ontledingsvermoëns, of gebrek daaraan, van die owerhede. En as ek dink aan die oproer en dreigemente om te toi-toi omdat voetgangers by die dosyne doodgery word op sekere nasionale paaie, dan kan ek nie anders as om ook my twee sent by die groeiende hoop van niksseggendheid te voeg nie.

As ek nou reg verstaan, dan sê ons edele MEC vir Vervoer dat motoriste snags moet waaksaam wees omdat voetgangers, in donker klere, en ,alhoewel dit nou nie so gestel word nie, is dit maar ge-impliseerd, met donker velle, nie so duidelik sigbaar is nie, met noodlottige gevolge. En dan wonder ek op wie se rug die boggel is en waar dit eintlik hoort. Sekerlik moet daar ‘n onus op die voetganger wees om dan nie donker klere te dra nie aangesien daar nie te veel aan die sigbaarheid van die vel kleur gedoen kan word nie, behalwe as jy Michael Jackson is en dan moet jy maar verlief neem daarmee as jy soos iets lyk waarmee spook-ouers hulle kleintjies bang maak.

En om die spoedgrens na 100 kpu te verminder waar nasionale en ander paaie naby informele buurte verby loop adresseer nie die werklike probleem nie. En dit is dat die voetgangers moet besef, dat selfs teen 30 kpu, kanse op oorlewing in ‘n onderonsie met ‘n motor maar skraal is. Metaal teen spoed sal altyd seëvier teen vlees en bloed. En maak nie saak wat die vel kleur is nie, dis nou maar net een van die onwegredeneerbare werklikhede van fisika. En, as voetgangers te lui is om ‘n paar honderd meter te loop na die naaste voetgangers-brug, wat spesiaal vir hulle veiligheid gebou is en waarvan die motoris help betaal het, dan moet die blaam nie voor die motoris se voete gelê word nie. Of as hulle gate deur die mure, wat gebou is omdat die owerhede besef het dat die voetgangers nie oor die spesiale voet brûe gaan loop nie (soos naby Witbank), kap, dan moet die aksie om die slagting op ons paaie nie op die motoris gemik word nie maar op die krimineel-onnosel voetganger.

En ek wonder oor hoe ernstig die owerhede nou eintlik is. Daar is ‘n geweldige veldtog teen rokers aan die gang want dis mos iets wat die aandag van ander inkompetensies kan weg trek, maar ek wag nog vir die eerste koerant berig wat lui ‘Gesin uitgewis in botsing – bestuurder onder die invloed van n nikotien’ of ‘Ge-nikotiende pa moor gesin uit’. Ek praat rook nie goed nie (as iemand wat self rook) – dis is ‘n woeste verslawing en ek kan verstaan dat dit vir nie-rokers onaangenaam is. Maar wat doen die owerhede om my, en die ander nie-rokers, te beskerm teen die gevaar van bestuurders wat drink. En dan moet ons eerlik wees en sê eintlik maar net lip-diens. Ons oorwerkte polisie moet nou nog in restaurante en privaat wonings gaan snuffel om die onbedagsame roker wat sy vrou en kinders en nie-rokende bediende se lewens bedreig (en êrens in ‘n nedersetting in ‘n sink-kaya woon en kos maak op vuur of parafien en meer rook inkry in een aand as al die rokers in die land gesamentlik), uit te vang. Maar ons sien hulle nie by die hekke van die sport stadiums en kroeë saamdrom om die ou, wat duidelik nie in die kroeg was omdat die DSTV sein daar sterker is as by sy huis nie, voor te keer en te vra om in die pypie te blaas of in ‘n bottel te piepie nie. Want dan sal ons dalk oom Robert, hy van die bom in Natal, of ons edele regter wat daarin spesialiseer om ander mense se mure om te ry, dalk ook in die net vas trek. En dit kan darem nie gebeur nie want dan spring al wat wit is op en beskuldig die regering van voortrekkery.

En, al laat die wet dit toe, wag ek in spanning dat iemand ‘n spoedboete van honderd en twintig duisend rand kry. Of dat ‘n motor gekonfiskeer word. Self die mees belowende Bumpies (Black Upwardly Mobile Persons) sal dan twee keer dink, om van Checkers se eks-baas nie te praat nie.

Maar ek weet ek nies teen ‘n sikloon – solank dit lyk of of besig is, is dit goed genoeg – enige kritiek word maklik afgemaak as komende van VBM’s (voorheen bevoorregte mense – ook bekend as blanke rassiste).

En intussen gaan die slagting op ons paaie voort want die boggel is op die verkeerde ou se rug.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Spyker op die kop geslaan. My man, wat tuis buite rook juis vir ons ontwil, slaan my nie omdat sy benewelde nikotien brein vir hom oortuig om dit te doen en het daarna dronk verdriet nie...

Nou wonder ek - BJ's oor die snelweg verkoop alkohol, maar ek mag nie drink en bestuur nie. Nou waarheen gaan ek nadat ek 'n dop of ses gehad het by BJ's? Op die snelweg na Pta of Jhb... Maar passop mense, my man se sigaret is 100% dodeliker as die bottel gin en tonnic wat die buurman se seun soppas uitgesuip het voordat hy en sy pelle gaan jol het, natuurlik met papie se nuwe BMW.

Wat die voetgangers betref - hoekom betoog ons as bestuurders nie ook en demand dat ons sielkundige hulp nodig het om te cope met die dood van voetgangers op die hoofweg nie? Want ons word elke keer as daar silwer sakkies op die hoofweg lê getramatiseer, want ek besef, as 'n kar skielik dood voor my moet rem om te keer dat hy/sy 'n voetganger stamp, dan is dit ek en nog 10 karre agter my wat saam moet rem of onsself gaan misvorm of sels erger, gaan sterf in 'n kettingbotsing, omdat die voetganger besluit het om oor die hoofweg te hardloop. Jammer, maar as hy oor die hoofweg hardloop en hy word raak of dood gery, wat het hy daar gesoek in die eerste plek? Was hy dalk oppad terug van die oprit / afrit af waar hy sopas my broer, suster, familielid of vriend doodgeskied het vir 'n selfoon of 'n handsak?

So ja, Losves, ek hoor wat jy sê en ek stem. Die regering en owerhede moet ophou om oplossings op verkeerde plekke te soek en eerder die werklike probleme aanspreek. Miskien alle voetgangers op of langs die hoofweg beboet of vonnis tot gemeenskapsdiens, vir hulle eie veiligheid?

Vra maar net.

Groetnis
12 jaar 6 maande 4 weke 1 dag 14 ure oud


Boggel 2
Ja jy het raak geskryf, al wat jy nog moet byvoeg is
die mense wat gin drink omdat dit nie geruik kan word
nie, sommer so 'n half bottel en dan nog die volgende ook sommer bysit net vir die pret en om nog 'n groter skop daaruit te kry Hoesstroop,pynpille,antideprissante en nog 'n senuweepilletjie ook net omdat hulle gestres is. Dan
ry hulle 'n koers in op die pad en jy wonder hoe kom
hulle in een stuk aan die anderkant heel uit in die
Pretoria, JHB area. Dit wil gedoen wees.
12 jaar 8 maande 1 week 2 dae 1 uur oud



Van ons ander lede

TRILOGIE

deur Warra-Warra

Bundel Naam: not ‘n f#& ISBN #: 978-0-620-46799-5 Inhoud: Gedigte (selfmoord; aanranding & mishandeling; egbreek & egskeiding; prosa) Bundel Naam: liefde se g$# ISBN#: 978-0-620-46800-8 Inhoud: Gedigte (liefde; romanse; vriendskap; SielsGen♫t versugtinge) Bundel Naam: alle'ander K#& ISBN#: 978-0-620-46801-5 Inhoud: Gedigte (tussen die lyne; tussen'in woorde; woord'affair; digters'waan; duet gedigte)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar