Artikels

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

n Maand of wat gelede sit ek rustig in ‘n winkelsentrum 'n koppie koffie en drink. Rustig ja want dit is 'n salige gevoel om net deur die winkels te kon rondstap en sit en mense kyk.
Van ver af hoor ek die baba se gehuil. Êrens in my pluk skuld gevoel 'n snaar. Ek keer moedswillig my dowe oor op die irriterende stemmetjie in my binneste. Die gehuil kom al hoe nader. Ek wil nie kyk nie en keer my rug op die naderende jong vrou met die huilende baba. Ongeveer drie tree van my af tel sy die baba op. Ek kan nie anders as om na haar te kyk nie. Sy glimlag. 'n Afgeremde verskonende glimlag. In haar oë erken ek 'n moedelose moegheid.
Ek glimlag terug en drink my koffie verder. Ek wens ek kon haar 'n drukkie gee en sê ek verstaan. Ek knyp my oë toe en verwilder die barmhartige samaritaan gevoel uit my gedagtes uit. Selfsugtig weier ek om my tydjie met 'n vreemdeling te deel.
Die moedelose stem ruk my terug tot die werklikheid toe sy sê "Ek wens ek kan soos u sit en rustig ‘n koppie koffie drink ".
Sonder dink antwoord ek haar " Ounooi, moet nooit jouself in 'n ander ou se skoene in wens nie. Jy weet nie hoeveel myle hulle al gestap het nie en praat nie eens van die liddorings in daai skoene nie".Haal ek die ou gsegde wat ek erens iewers raak gelees het aan.
"Jou liddoringkie moet nog groot word. Iemand anders se liddoringkie sal dalk nooit die oggend sien nie. My liddoring is 'n sewe en twintig jarige gestremde bondel vreugde wat by die huis vir my wag. Vandag is die eerste keer in jare dat ek so kan sit en koffie drink". sê ek en neem 'n diep teug van my welverdiende koffie.
Die vrou lê die baba in die waentjie,glimlag hartseer en stap verder. Ek kyk haar nadenkend agter na.
Sy draai by n winkel in.
A.V.B.O.B....lees ek op die winkelvenster



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Vader, vergeef

    deur http://www.woes.co.za/

    'n Geestelike digbundel met 46 Gedigte wat begin by sosiale kommentaar oor die euwels in ons samelewing en dan oorgaan na storiegedigte gebaseer op ware verhale van gebedsverhoring.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar