Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek mag effe uit wees met my tydsbestek, maar dit is nou al meer as twee jaar wat daar oor die Forum afdeling van Woes geargumenteer word.
Ek het vrugteloos probeer om die onlangse skryf kompetisie se uitslae op te spoor. Dit sal bevestig wat my bedoeling is.
Indien ek reg onthou was daar maar enkele deelnames en nog minder stemme.
Dit is een bewys dat Forum ‘n flop is.
In die skrywe van vandag deur AKB : “weet jy wat jy doen wanneer jy dit doen” word statistieke genoem.
In die bestaan van Forum is 14130 bydraes van 1467 onderwerpe deur “308” bydraers gelewer.

Iewers lieg iemand. Nie eers op Woes self het 308 verskillende Bydraers die afgelope twee jaar bydraes geskryf nie.
Dit kan eerder lees 20 tot 30 bydraers het op Woes Bydraes gelewer en op Forum weet ek nie of dit twintig is nie.

Dit klink dieselfde as ek vertel:
Tussen 500 en een 1000 mense lees my werke elke dag.
Ek lieg. Dit moet wees: Ek kry tussen 500 en 600 lese per dag en as daar iemand bykom wat nie werk het nie, kan my lese styg na 1000 per dag.

Feite is egter dat Digters die meeste lese trek.
Daar was ‘n tyd dat Rudi meer as 1500, Berg meer as 2000 en Gert meer as 1200 lese per dag getrek het.
Onder die dames is borrels die beste.
Die syfers het gedaal en is nie meer so hoog nie maar is nog steeds ontsettend hoog.

Uitstaande is dat lesers “terug” lees. ‘n Leser lees ‘n skrywer wat hy laaik raak en lees dan terug – lees ou bydraes wat hy gemis het.
Uiteraard sal die dag se “lese” styg.

My voorstel is twee ledig:
Forum het sy aanhangers. Indien Forum vir Woes geld inbring, gaan voort daarmee.
Indien Forum nie finansieel op eie bene kan staan nie – maak toe die ding.

Indien die voorgestelde wysiging aan die struktuur van Woes aangebring word – sal dit gevolge inhou.
Woes is die mees ideale konsep op die Internet en het ook maar sy up’s en down’s maar hy werk maklik en eenvoudig en is populêr – meer as enige ander navolger wat maar eintlik net sateliete van FB is.

My aanbeveling is:
Los Woes presies soos hy is en hou op gharra met ander twak tussenin!

Gegroet
Willie F van Tonder
2014/02/18



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

.
Ek wou nog stem maar het alles gemis, ek het al geregistreer op Forum juis om te stem maar kry dit steeds nie reg nie ... so I don't know ... voel net dat daar baie gedigte was wat meer stemme verdien het ... maar seker voel ons almal so?
6 jaar 9 maande 1 week 5 dae oud


---
@ Woordverwerker: "ek dink al die woeslede behoort outomaties forumlede te word en nie nodig te hê om weer in te teken nie"

* Beslis 'n voorstel wat gekonsidereer kan word!
6 jaar 9 maande 1 week 5 dae 2 ure oud


Beoordeling
Ek het al gedink dat by so 'n spesiale kompetisie daar een of ander "kenner" behoort te wees, of 'n paneel van 3 of so om die gedigte te beoordeel.
Net 'n gedagte.
En ek dink al die woeslede behoort outomaties forumlede te word en nie nodig te hê om weer in te teken nie..
Ons het meeste ook nog ander dinge om te doen ten einde brood op die tafel te kry en enigiets wat tydrowend is, word meestal op die agtergrond geskuif..
6 jaar 9 maande 1 week 5 dae 2 ure oud


Woes Plaform & Woes Forum
Jy is heeltemal reg Vic. Die Valentynsdag Kompetisie was nie 'n Forum inisiatief nie.

Ek het bloot die stembussie fasiliteite daar gebruik omdat Woes Platform nie so iets het nie. Dit is / sou na my mening 'n regverdiger manier van om te stem beteken het as wat 'n mens bloot gegaan het op kommentare. Dit was ook so gedoen om die "Buddy Buddy" ding uit die gedrang te hou.
6 jaar 9 maande 1 week 5 dae 3 ure oud


***
Ek moet sê die situasie is nogal verwarrend, want Forum is nie 'n geïntegreerde deel van Woes nie, en alhoewel daar 'n tab is, laat dit net geregistreerde Forumlede toegang.

Maar tog is die aankondiging van Forumkompetisies op die voorblad van Woes.

Ek moet sê, toe ek na die stemmery van die Valentynkompetisie wou gaan kyk -- waarna al die Woesters uitgenooi was -- kon ek nie toegang kry nie aangesien ek nie 'n Forumlid was nie. Ek was eintlik nie onder die indruk dat die kompetisie 'n Forum inisiatief was nie [of was dit nie?], daarom het ek deelgeneem.

So, hier blyk 'n bietjie konflik tussen die twee webwerwe te wees.

Die oplossing? Ek weet nie. Dalk volintegrasie of afsonderlike bedryf van die twee. Of hou dit soos dit is, dis 'n besigheidsbesluit na alles.
6 jaar 9 maande 1 week 5 dae 4 ure oud


---
Woes het 'n voorblad advertensie geplaas presies op die tyd wat daar gesê was dit sou gedoen word toe die kompetisie met 'n Artikel aangekondig is. Daar was 'n direkte skakel op die advertensie geplaas wat by die stembussie oopgemaak het toe daar gestem moes word.

[ Voting closed: 16, February, 2014, 01:00:01 pm ]

Toe die stembussie sluit het ek die advertensie verwyder presies net soos wat daar gedoen word wanneer daar gestem word by politieke aangeleenthede. Die IEC verwyder die stem bussies wanneer mense klaar gestem het dan nie?

Die Valentynsdag Kompetisie moet nie met die gereelde Forum kompetisie verwar word nie. Net een bydrae per persoon was toelaatbaar soos dit duidelik op my Artikel geskryf staan. Viooltjie (wat die Valentysdag Kompetisie betref) het dan ook net een bydrae gelewer dws. Gedig: Net nóg 'n Valentynsdag... - Viooltjie

Duisende mense mag dalk 'n spesifieke bydrae wat gelewer word lees en kommentaar daarop lewer maar nie noodwendig vir die werkstuk stem nie. Die woord skynheilig wil by my opkom maar dis nie my plek om betrokke te raak by 'vriende' se 'loyalty issues' nie.

Die skakel na FORUM toe wys hemels-groot heel bo by navigasie langs [ Teken In | Teken Uit ]


AKB
6 jaar 9 maande 1 week 5 dae 6 ure oud


stemprobleem
Net 10 mense het op forum gestem(kon stem)
As ek nie die skakel via woespos van Vioolrjie af gekry het nie, souek ook nie kon stem nie..
Die toekennings gebaseer op die stemme is eintlik onsinnig.
As ek reg onthou, het die 2 gedigre van Viooltjie saam meer as 900 lese gekry binne 3 dae..
Net 10 stemme is in totaal uitgebring, waar elkeen maks 3x kon stem..
Sê dus almal het 3x gestem, 30 stemme.
Viooltjie het vir die een gedig 2 stemme gekry en die ander een 3.
Nadat meer as 450 mense gemiddeld die gedigte gelees het?
!!!!
Forum is moeilik bereikbaar vir die gewone woes plaser. Of dit deur die algmene publiek gebruik word, weet ek nie, maar sulke forums se funksie is wat my betref deur fb oorgeneem. Voor fb was forums baie gewild en aktief. Deesdae is dit 'n anachronisme soos 'n dinosaurus met 'n Rolex aan sy linker voorpoot..
6 jaar 9 maande 1 week 5 dae 7 ure oud


(",)
Net nog 'n statistiek wat ongelukkig nie die hele forum se bydraes op een bladsy uitspoeg nie: Vanaf 16 Februarie tot vandag se datum is daar presies 100 bydrae gemaak maw. geselsies aangeknoop en dies meer:



100 - GELOOF SAKE / Re: Vlg. Klip: LOTTO! Speel julle, wen julle, is dit sonde of dien dit goeie doel?

« Last post by Adrian on 16, February, 2014, 08:23:23 am »
Om te dobbel, hetsy Lotto of enige dobbel, is myns insiens wantroue in die Here se vermoë om in ons finansiële behoeftes te voorsien. As ons bid 'gee ons vandag ons daaglikse brood,' maar ons hou aan om bv die Lotto te speel, is ons gebed tevergeefs. Ek het my ook al skuldig gemaak hieraan. Wat die gebruik van die Lottogeld betref, hang daar 'n groot vraagteken. Nog 'n vraag wat 'n mens jouself moet afvra is : sal jy Lottogeld aanvaar as dit jou aangebied word? Of sal jy aansoek doen om geld te kry van die Lotto, vir watter doel ook al? 'n Gedeelte van die geld wat jy ontvang is miskien die laaste wat iemand gebruik het om die Lotto mee te speel, en nou in armoede en ellende verkeer?

Hier is die skakel vir verdere ondersoek:

http://www.woesblog.com/index.php?topic=8196.msg89447#msg89447

AKB
6 jaar 9 maande 1 week 5 dae 15 ure oud


---
Ek het ook die verwante skakel wat direk by die resultate oopmaak by my Artikel aangeheg[Forum lede moet ongelukkig aanteken voordat die resultate beskikbaar is.]

Lekker Dux!
6 jaar 9 maande 1 week 5 dae 16 ure oud


--
Dis vreemd sneeuwolf? Ek het die Valentynsdag Kompetisie Wenners vroeg Maandag oggend met 'n Artikel aangekondig? Die wenners het reeds met oggend koffie al hulle sertifikate en prys(e) ontvang. Dis ook vroeg die oggend op Facebook aangekondig.

Hier is die skakel:

http://www.woes.co.za/bydrae/artikel/valentynsdag-kompetisie-2014-stem-resultate
6 jaar 9 maande 1 week 5 dae 16 ure oud


Woes
Ek het nie geskryf wat ek regtig wou skryf nie.
Môre sal ek beter voel en 'n GORREL plaas oor :

DIE GROOTSTE GRAP VAN DIE JAAR!
6 jaar 9 maande 1 week 5 dae 16 ure oud



Van ons ander lede

Oak Seed

deur Rachelle du Bois

Alicia Venter was a cool librarian with her life and her career mapped out. Until she looked into the compellingly familiar eyes of a stranger. She was shaken to the core. Why was she so powerfully drawn to the stunningly attractive Martin Blythe, yet they’ve never met? Martin Blythe was rich, he was a successful engineer doing research in the university library. And then he looked into the familiar green eyes of a strange young woman. The earth moved for him then as he recognised her somehow. In an instant he knew she was a part of him without which he could not live. Would these two people find the answer to the strange coincidence that kept pushing them into each other’s lives? Would they resist or choose love?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar