Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vir een jaar en nege maande het ek nuwe maatjies gemaak met die wonderlikste mense op aarde, was dit nie vir WOES nie, sou ek julle waaskynlik nooit geken het nie.
Die braai geleenthede wat geskep word vir julle om mekaar ook te ontmoet, word ook wonderlik ondersteun. Baie dankie daarvoor, so verryk ons ons lewens. Ek noem dit woes-'bonding'.
So het ek dan vir MARCIE ontmoet, wat my hart aangeraak het met haar sielvolle gedigte. Sy is ongelukkig baie siek en elkeen van ons kan 'n bydrae lewer om vir haar iets te beteken in haar donker dae. Elkeen kan vir haar 'n liggie skyn om die 20ste November 'n helder lieflike, onvergeetlike dag te maak. Sy het so 'n behoefte om haar woes-vriende te sien en ook nuwes te maak.
Kom asseblief na ons bring-en braai by Pat en Irene se plot net buite Pretoria.
Pat sal pap en sous maak en ons sal ook slaai maak. Kom geniet sommer die dag daar van so 10uur af.

LAAT WEET NET ASSEBLIEF, ons kannie regmaak vir 100 mense en net 10 kom nie.

AANWYSINGS:

Neem die ZAMBEZI afrit, by die robot, draai REGS
by die 2de robot, draai LINKS op die KwaMhlanga (Molotto) pad
ry verby die zeneth garage en draai REGS op die KAMEELDRIFT pad
By die 2de pad (reg voor jou is groot op 'n muur geskryf NO LIMIT RACING) draai REGS.
volg die pad, die 2de hek op regtekant is Pat se plek. (Reg oorkant die pienk geuwelhuis)
dis omtrent 5km van die Zambezi afrit af!

my nommer: 0824582417



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ons twee sien jou daar, dit is nou ekke en manlief.
Jammer dat ek so laat hierdie raak gelees het.
Dankie vir jou omgee.
Liefies,
PM
9 jaar 6 maande 2 weke 3 dae 21 ure oud


Dit is v...e...r...Julle moet dit geniet.Stuur fotos.
9 jaar 6 maande 2 weke 4 dae 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kroniek van die Suid-Afrikanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Beskryf die geskiedenis van die ou SA Weermag vanaf sy stigting in 1912 tot sy ontbinding in 1994. Die SA Weermag se voorgeskiedenis word ook weergegee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar