Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Van my vriende hier op WOES etiketeer my as rassis omdat ek openlik gekant is teen moedswillige en lastige kriminaliteit, onder of van, enige ras of spesie.

In my hele lewe het ek nog nooit iemand aangeval, of besteel of belieg of beledig nie; ek het nog nooit teen enige mense gediskrimineer nie en inteendeel het ek altyd 'n vrygewige en helpende hand gehad vir alle landsburgers, en miskien meer so vir werknemers by my.

In my lewe het ek 'n lys van meer as 50 items wat van my gesteel is, waarvan drie fietse, 5 motorkarre en 7 karradios, 2 huisinbrake met derduisende Rand se waarde is. My vrou is een lat namiddag in Sandton in ‘n sekuriteitsgebied, in ‘n privaat woning aangeval deur ‘n swarte. Onlangs help ek 'n ene Petrus, wie se kind, vermoedelik VIGS het, en gee hom 'n werkie en betaal hom meer as R100 per dag, plus tee en middag-ete. Toe ek weer wakker skrik, toe het hy meer as R8,000 se goed gesteel. Ek is keelvol vir diewery.

Nou my probleem:

Die radio adverteer dat ons onbekendes vir 45 minute in ons huis moet toelaat vir die 2011 SENSUSOPNAME.

Ek weier om dit te doen. Ek is bereid om die vorm te neem en in my eie tyd dit te voltooi, sonder enige persoonlike inligting soos ID en banknommers of Bankname en sonder om my inkomste te verklaar. Inkomste kan hulle by die SARS kry as hulle moet. Wat de drommel is op 'n lys wat 45 minute neem om die getal van mense te tel? Nee, ek dink dit is 'n slinkse manier om presies te weet, wie bly waar, hoeveel daar is en wat hulle doen en wie hulle ken en wat hulle verdien, om ons op gelegenertyd te kom molesteer.

Nou my vraag aan WOESERS:

IS JULLE BEREID OM NAAK UIT TE TREK VOOR VREEMDELINGE IN JOU EIE HUIS? So voel ek om persoonlike data aan vreemdelinge te gee.!

Wat stel julle voor. Ek wil graag RSG versoek om die SENSUSOPNAME te nooi vir gesprek en verduidelik hoekom ons nie self die vorm mag invul nie, en tweedens; Hoekom maak hulle nie die vorm op internet bekend, sodat ons dit self kan lees en gepaste antwoorde kan voorberei, en laastens: Is die vorm vir ons in Afrikaans in Afrikaans? As dit ‘n engelse vorm is sonder die opsie van Afrikaans is ek slegs bereid om my van en voorletters te gee en my posadres en hulle kan per pos my die ander vrae in Afrikans vra.

Is dit nie redelik nie? Ons is mos gelyk met 11 Amptelike Landstale?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

rasgeskiedenis
AardigeAfrikaner

Gaan lees my rubriek oor waar wie vandaan kom en gee jou INLIGTING wie wat waar kom rasse en spesies vandaan asseblief.

Ek is besig om Jaco De Villiers se vrae te beantwoord, maar gaan lees eers gerus daar. Misiek moet jy skryf voor ek Jaco De Villiers antwoord asseblief


http://www.woes.co.za/bydrae/rubriek/watse-regeringsvorm-stel-jy-voor

8 jaar 8 maande 10 ure oud


As jy dan VERSTAAN vertel ons
Kommentaar van AardigeAfrikaner wat skryf: “Jy praat tien teen een van my wat die aanklag van rassisme betref. Dit grond ek op jou stories oor [Eva] en die [ondier] van Genesis en dat daar mense is wat van die [onmoontlike vermenging] afstam en dat slegs die sogenaamde ["blankes"] van die ["regte" mense afstam]. As jy nie kan verstaan dat dit [blatante rassisme] is nie help dit nie eers om verder daaroor te praat met jou nie. Rassisme gaan nie net oor hoe behulpsaam jy is teenoor mense van 'n ander ras nie maar oor die dinge wat jy omtrent hulle [glo en predik].

MY RESPONS

Regtig AardigeAfrikaner, ek wil eerlik met jou wees oor Genetika van Aardbewoners; Jy is, soos meeste almal, geindoktrineer om die spul kerkeleuens of skoolleuens te glo. Dis nie ek wat nie verstaan nie maar jy, maar ek wil jou nie blameer nie, wamt die sondebok is die kerkbybelvertalers wat ons almal verneuk het, en jy kan indink hoekom. Miskien moet ek vir jou onthalwe, ‘n rubriek skryf oor bybelkorrupsie oor die homo sapiens. Gepraat van homo sapiens: Glo jy die regering wat die kinders op skool en studente op universiteit leer dat hulle aapmense is? Wat is jy? Aap, adam, kleurling, bantoe, asiaat, mongool, of hoe definieer jy jouself as jy in die spieel kyk of is jy kleurlose ogig wat niks kan sien nie? Is alle arende van dieselfde soort of is alle bome van dieselfde soort? As dit was hoekom is ‘n eike boom net ‘n eike boom? Of ‘n Bruinarend net ‘n bruinarend? Daar is dan soveel verskillende soorte arende? Hoekom het die Skepper dan ‘vyandskap verklaar tussen twee soorte saad en die een se saad was die vrou? Wie se saad is die ander ou? Dit was tog immers nie Adam nie want die Bybel se Adam het nie oor die tou getrap nie?\

Want Adam is eerste gemaak, daarna Chavvah. En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom. Maar sy sal gered word deur kinders te baar, as hulle bly in geloof en liefde en apartheid, met ingetoënheid. [1 Timótheüs 2:13-15]

As jy dan VERSTAAN vertel ons.

Raqia
8 jaar 8 maande 11 ure oud


Blank, swart, geel of groen ...
... jy, vreemdeling, is nie welkom in my woning nie. Die rotgif klink na 'n oplossing, dankie AA!!
8 jaar 8 maande 1 dag 10 ure oud


Wonder
Ek wonder ook hoekom die sensus opnemers in militere kampe opgely word/was. As hierdie sensusopname enigiets met uhuru te doene het, kry langer messe.
8 jaar 8 maande 3 dae 2 ure oud


Algemene kennis?
Ek weet nie of almal die berig met die vorige sensus gelees het nie - dit was nogal wyd gepubliseer: Alle sensuswerkers was ook met gratis kondome uitgereik, net vir ingeval die behoefte hulle tydens sensusopname sou oorval. Maar die grap van die saak was dat die kondome in hul pakkies aan die vorms vasgekram was.
8 jaar 8 maande 3 dae 4 ure oud


Dit laat my dink
Om inbrekers af te skrik. Hang 'n bok se kopbeen teen jou voordeur op. Kry vir jou salvinorum A en gooi genoeg daarvan in 'n bottel drank wat jy oop en bloot en halfpad gedrink iewers laat staan. Hulle sal jou nooit weer kom pla nie.
8 jaar 8 maande 3 dae 14 ure oud


Alternatiewelik
Nooi hulle in en maak vir hulle koffie met rotgif in. Begrawe hulle dan in jou agterplaas dan sal hulle niemand anders verder kan pla nie.

Ek joke net hoor!
8 jaar 8 maande 3 dae 14 ure oud


.
Jy praat tien teen een van my wat die aanklag van rassisme betref. Dit grond ek op jou stories oor Eva en die ondier van genesis en dat daar mense is wat van die onmoontlike vermenging afstam en dat slegs die sogenaamde “blankes” van die “regte” mense afstam. As jy nie kan verstaan dat dit blatante rassisme is nie help dit nie eers om verder daaroor te praat met jou nie. Rassisme gaan nie net oor hoe behulpsaam jy is teenoor mense van 'n ander ras nie maar oor die dinge wat jy omtrent hulle glo en predik.

Wat die sensus betref, my opinie:

Om jou ID nommer te vra is redelik omdat mens sodoende kan sorg dat iemand nie twee of meer keer getel word nie. Om jou inkomste in een van 'n reeks groepe in te vul kan ek ook verstaan want dit kan gebruik word sonder om jou daarmee iets te kan aandoen. Dink jy regtig die staatsdiens is so goed georganiseerd en tegnologies op datum om daardie inligting by SARS te kry vir sensus doeleindes. Ek twyfel sterk. Om jou bankbesonderhede te vra is beslis sommer k*k. Ek skat jy hoef niks in te vul as jy nie wil nie. As jy regtig nie iemand op jou perseel wil toelaat nie sal hulle 'n hofbevel moet kry sover ek verstaan. Dat hulle graag wil he almal moet die vorms invul maak sin want anders kan mens dit nie regtig 'n sensus noem nie. As ek jy was en bekommerd is oor sulke dinge, vul die vorm op die sypaadjie in en ook net met die inligting wat jy bereid is om te deel.
8 jaar 8 maande 3 dae 14 ure oud



Van ons ander lede

Die Skree van Stilte

deur Alex Fan Moniz

37 spesifieke gedigte gekies uit ‘n versameling van oor 300 wat ek oor die afgelope 25 jare gedig het, wat ek graag met julle wil meedeel, daar is ook ‘n paar nuwe gedigte spesiaal vir die bundle gepen.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar