Weergawe: 1
Aantal woorde: 475
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 13 Jan 2012
Sal ek beslis nie huiwer om op te hou waarsku nie.
Die mishandeling, op welke wyse ook al, van vroue en kinders.
Ek sal geensins op die besonderhede van die Kotzé vent se geval ingaan nie. Dit is alreeds in volle besonderhede bekend.
Ek wil egter praat oor vanoggend se koerantberig.
In duidelike opskrif en berig, vertel die koerant:
Sy sestien jarige dogter verklaar kategories:
“Ek is lief vir my pa, dit maak nie saak wat hy gedoen het nie, ek staan by hom!”
Hierdie woorde is meer gevaarlik en meer betekenisvol as wat die voorkom.
Hierdie meisie se woorde kom uit haar hart.
En sy glo waaragtig wat sy bedoel.
Hierdie meisie, alhoewel sy niks, net mooi absoluut niks, daaraan kan doen nie, dra ʼn gene.
Sy dra ʼn oordraagbare gene wat beteken dat een of almal van die seuns wat uit haar gebore sal word, beslis wreedaards sal wees.
Dit is ʼn oorerflike feit;
Pa gee vir die dogters en ma gee vir die seuns.
Indien terug gegaan word in hierdie Johan Kotzé se voorgeslag, sal dit uitkom dat in van die mans gebore uit sy vroulike voorgeslagte, daar wreedaards was.
Hierdie dogter van hom kan dus niks aan haar emosie doen nie. Die inplant is in haar gene en sy gaan dit vir haar seuns aangee.
In baie gevalle is daar ook die deurslagpapier effek.
Die seun wat sien wat sy pa met sy ma aanvang, sal dit heel waarskynlik ook met sy eie vrou doen. Vir hom sal dit in sy kop, reg lyk om te doen.
Die ouer garde – my ouers en agtertoe, het van hierdie genetiese oordraagbaarheid geweet.
Ouer respek en agting het bestaan. Wat pa en ma sê, is wat gedoen word.
Ek moes standaard ses die skool verlaat, en gaan werk om te help met die voed van sewe ander kindermonde.
En my beroep is Polisieman. My pa se besluit.
Wel uit baie liefde en omdat ek ʼn vrou soos my ma wou trou, het my ma myne uitgesoek.
Met die hand uitgesoek.
Nuwerwetse dinge, geleerdheid en vryhede, het gemaak dat ons kinders nie meer daardie selfde respek handhaaf nie.
Dit is outyds
Pa en ma is ongeletterd en weet niks.
Was van die verweer, teregwysings.
Die Media, TV, en alles het seksuele vryheid propageer. Dit wat waardevol is, is verby gekyk.
Daarom ...
100 persent huwelik ineenstorting!
En die kinders, gebore uit hierdie gebroke huwelike, betaal die boete!
Wanneer ek my goedjies uitstal en my oë dwaal oor die paartjies met die klein kindertjies, bloei my hart.
Ek weet, meestal is net die eerste paar jaar rooskleurig.
Miskien moet mens nie op hierdie ouderdom meer koerante lees en of nuusberigte hoor of kyk nie.
Net ʼn heining om jou lewensruimte span ...
Hier leef ek in vrede, bly weg!
Ek verwys:
Beeld: 13/01/2012
Voorblad.
© Willie van Tonder
13/01/2012
Lees ander artikels deur sneeuwolf
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die artikel
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie artikel
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Doret Johnstone-Robertson
'n Lekkerleesboek met kort stories vol liefde, spesiaal vir vrouens en kinders.