Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Jesus voed 5000 met vyf brode en twee visse, en die oorskot was twaalf mandjies vol.
Matthéüs 14:15-21
15 En toe dit aand geword het, kom sy dissipels na Hom en sê: Die plek is verlate, en dit is al oor die tyd; stuur die skare weg, sodat hulle na die dorpe kan gaan en vir hulle voedsel koop.
16 Maar Jesus sê vir hulle: Hulle hoef nie weg te gaan nie; gee julle vir hulle iets om te eet.
17 Maar hulle antwoord Hom: Ons het hier net vyf brode en twee visse.
18 En Hy sê: Bring dit hier vir My.
19 Toe gee Hy die skare bevel om op die gras te gaan sit; en Hy neem die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel en dank; en nadat Hy die brode gebreek het, gee Hy dit aan die dissipels en die dissipels aan die skare.
20 En almal het geëet en versadig geword, en hulle het die oorskot van die brokstukke opgetel, twaalf mandjies vol.
21 En dit was omtrent vyfduisend manne wat geëet het, buiten die vroue en kinders.
Jesus voed 4000 met sewe brode en 'n paar vissies, en sewe mandjies vol het oorgebly.
Matthéüs 15:32-38
32 Toe het Jesus sy dissipels na Hom geroep en gesê: Ek voel innig jammer vir die skare, omdat hulle al drie dae by My bly en niks het om te eet nie; en Ek wil hulle nie graag honger wegstuur nie, sodat hulle nie miskien op die pad beswyk nie.
33 En sy dissipels sê vir Hom: Waar sal ons in die woestyn soveel brode vandaan kry om so ’n groot skare te versadig?
34 Toe sê Jesus vir hulle: Hoeveel brode het julle? En hulle antwoord: Sewe, en ’n paar vissies.
35 En Hy het bevel gegee aan die skare om op die grond te gaan sit.
36 Toe neem Hy die sewe brode en die visse, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels, en die dissipels aan die skare.
37 En hulle het almal geëet en versadig geword; en hulle het die oorskot van die brokstukke opgetel, sewe mandjies vol.
38 En die wat geëet het, was vierduisend manne buiten die vroue en kinders.
Hierdie twee wonderwerke kan met sterrebeelde verduidelik word. Die teken van die Maagd word versinnebeeld deur 'n vrou wat graan stingels in haar hand het –die brood. Die Vis word versinnebeeld deur twee visse. En daar is vyf sterrebeelde tussen die Maagd en die Vis. As ons Virgo en Pisces, ook byvoeg is dit sewe.
Son held
In my skrywe, Die evangelie sodiak het ek die evangelie van Mattheus volgens die sodiak opgedeel. Daar volgens volg die Evangelie ʼn een jaar sonsiklus van die son held-Jesus. Die son is op sy sterkste in die lente en die somermaande. Daar is agtien genesing wonderwerke, twaalf van hulle kom voor in die lente wanneer die son se krag groei, en vier van hulle kom in Virgo voor, vir 'n totaal van sestien, wanneer die son sterk is. Die genesings begin by die Vis en eindig by die Weegskaal.
Allegories, in die donker maande tussen die Skerpioen en Waterdraer, het die son nie genoeg krag om die duiwels wat die duisternis versinnebeeld te oorwin nie.
Loop op water
Terwyl ons op die onderwerp van okkultisme is, die verhaal van Jesus loop op water het 'n presedent in die OT. Ek gaan vier dinge beklemtoon afstand, wind, duisternis en loop op water.
Matthéüs 14:22-32
22 EN Jesus het dadelik sy dissipels gedwing om in die skuit te gaan en voor Hom uit te vaar na die oorkant, terwyl Hy die skare wegstuur.
23 En nadat Hy die skare weggestuur het, klim Hy op die berg om in die eensaamheid te bid. En toe dit aand geword het, was Hy daar alleen.
24 En die skuit was al in die middel van die see, geteister deur die golwe; want die wind was teen hulle.
25 Maar in die vierde nagwaak het Jesus na hulle gekom, al wandelende op die see.
26 En toe die dissipels Hom op die see sien loop, word hulle ontsteld en sê: Dit is ’n spook! En hulle het geskreeu van vrees.
27 Maar Jesus het dadelik met hulle gespreek en gesê: Hou goeie moed, dit is Ek! Moenie vrees nie.
28 En Petrus antwoord Hom en sê: Here, as dit U is, beveel my om op die water na U te kom.
29 En Hy sê: Kom! Petrus klim toe van die skuit af en loop op die water om na Jesus te gaan.
30 Maar toe hy die sterk wind sien, het hy bang geword; en toe hy begin sink, roep hy uit en sê: Here, red my!
31 En Jesus het dadelik sy hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gesê: Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?
32 Daarop klim hulle in die skuit, en die wind het gaan lê
Die Hebreeuse vertaling vir gees, Rauch, beteken "wind." Jesus loop 'n lang afstand op die water in die nag terwyl dit winderig is, is geïnspireer deur Genesis 01:02. En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op wêreldvloed en die Gees van God het gesweef op die waters.
Slotsom
Om dinge nog meer kompliseer te maak is dat Godsdienswetenskaplikes tans van mening is dat die wonderwerke wat in die Evangelies voorkom, eers in die 7de en 8ste eeu bygevoeg is. Die begrippe maagdelike geboorte en die suggestie dat die opstanding ‘n werklike liggaamlike opstanding was, is produkte van die 9de eeu. Daar word ook beweer dat na alle waarskynlikheid het die gedagte van Jesus se hemelvaart eers in die 10de eeu ‘n tradisie geword.
Daar is bitter min Christene wat dom genoeg is om hul lewens of hul kinders se lewens te waag deur siektes te probeer genees deur geloof en gebed. Aan die ander kant, is daar geen risiko om te glo aan die lewe na die dood nie. Nou wonder ek net as die grootste gros nie meer glo aan relatief klein wonderwerke, waarom bly hulle vaskleef aan die groot wonderwerk.




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

MAMMON

deur Piet Schoombie

Mammon handel oor 'n beroepsgholfspeler se lewe en ervarings plaaslik en oorsee. Soos die boek se naam aandui, speel geld deurgaans ’n belangrike rol..



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar