Titel: X-Dossier- Vlieende Piering in die Kalahari
Weergawe: 3
Aantal woorde: 2492
Kere gelees: 206
Datum gepubliseer: 10 Aug 2010
Vanaf 'n jong seun was ek saam met my oupa gefassineer in die sterre en buitenste ruimte en het ons twee vele aande gewapen met teleskope na die sterre en maan geloer. Die groot kraters op die maan het indrukwekkend deur my teleskoop gelyk. Ek onthou met die eerste landing van aardse wesens op die maan op 20 Julie 1969, het ek en oupa by hulle huis naby Waterpoort in die Verre Noord-Transvaal op die grasperk gelê en na die ‘Voice of America’ geluister hoe Armstrong met die landingstuig ‘Eagle’ op die maan geland het. Ons sou wat gegee het om te sien hoe Apollo 11 op die maan land maar al wat ons oor die radio gehoor het, was ‘the Eagle has landed’. Groot opgewondenheid het ons tot laat daardie aand na die sterre laat kyk.
Hoe ouer ek geword het hoe meer het ek belang gestel veral in die verskynsels van buitenste wesens wat die aarde besoek met hulle vlieënde pierings. Ek het ook 'n aanhanger van die Hollywood storie ‘Star Trek’ geword en gereeld flieks daaroor gekyk en is ook 'n aanhanger van die ‘trekkie’ groep. Ek het verskeie boeke en artikels gelees oor V.V.V.’s (vreemde vlieënde voorwerpe) wat deur aardse mense opgemerk is en dit het my nog meer aangespoor om dieper te delf. Ek en my vrou het self eendag op die plot waar ons gewoon het, ‘n helder bewegende lig opgemerk wat beslis vreemd voorgekom het aangesien dit so helder en naby was met geen flikkerende navigasie ligte soos by ‘n vliegtuig te siene is nie.
Daar is reeds tydens die Tweede Wêreld oorlog V.V.V.’s waargeneem op radarskerms en die Britse Lugmag het 'n eenheid gestig wat spesifiek na hierdie verskynsels gekyk het. Die Britse Lugmag het ook in 1940 van ‘n Suid Afrikaanse meteoroloog Elizabeth Klarer, se dienste gebruik gemaak ten opsigte van die vlieënde voorwerpe wat deur hulle radar skerm opgetel is. Op 24 Julie 1956, het sy 'n reeks van sewe foto’s geneem naby Rosetta in die Drakensberge in Natal, van 'n V.V.V. wat deur die wolke beweeg. Hierdie foto’s word gereken as dié beste waarneming van ‘n V.V.V. (sien foto 1van vlieënde piering onderaan artikel) Sy het ook in haar boek ‘Beyond the Light Barrier (1980)’ melding gemaak dat sy deur ‘n ruimte wese Akon weggeneem is na sy planeet Meton en dat sy daar sy kind gebaar het wat hulle Ayling genoem het. Elizabeth was later jare ‘n bekende in groepe wat buitenste ruimte wesens nagevolg het. Haar boek was een van die interessantste boeke oor ruimtereise- en wesens wat ek gelees het. Ek het ook later in die Weermag met verskeie vlieëniers wat in die 2de Wêreld oorlog was gesels wat dié V.V.V’s tydens vlugte gesien het, hulle het dít ‘foo-fighters’ genoem.
Britse Lugmag Intelligensie het gereken dat die Duitsers self dalk so 'n V.V.V. vervaardig het maar het later verneem dat die Duitse Lugmag ook dieselfde liggies op hulle radar skerms waargeneem het. Daar is verskeie menings dat die nazi’s reeds in 1942 vlieënde pierings (Reichflugcheiben) gebou het by die BMW fabriek in Praag, Poland (sien foto 3 van vlieënde piering onderaan artikel). Die tuig kon blykbaar 'n spoed van 2400km/uur bereik. Geen wonder die luukse BMW’s van vandag is so vinnig nie. Daar is ook menings dat die Duitsers reeds in 1932 op die maan geland het en dáár 'n ondergrondse basis gebou het en is daar sprake dat die bemanning van Apollo 11 moontlik so ‘n basis opgemerk het maar natuurlik word dit ten sterkste ontken.
Hier in Suid Afrika is deur die jare ook verskeie V.V.V’s waargeneem en foto’s is soms daarvan geneem. Dit blyk dat die buitenste ruimte wesens besonderse aandag aan ons land gee. Ek het slegs 'n paar insidente hier neer gepen:
Net na middernag op 16 September 1965, het polisie konstabels Lockem en de Klerk 'n V.V.V. gesien toe dit geland het op die Pretoria – Bronkhorstspruit pad waar dit 'n 30 voet wye merk met 'n 6 voet diep impak op die pad gelos het. Die insident was deur Luitenant-kolonel J.B. Brits van die Pretoria-Noord polisiestasie in 'n persverklaring bevestig. Gedurende die nag van 7 April 1991, is 'n driehoekige V.V.V. met wit ster ligte weerskante en 'n rooi sentrale lig deur 'n familie by Baviaanspoort naby Pretoria opgemerk.
In September en Oktober 1994, het 'n boer van Warrenton verskeie waarnemings gemaak van 'n vlieënde voorwerp wat met hoë spoed oor sy plaas gevlieg en wat volgens hom, soos 'n Volkswagen Beetle geklink het. Hierdie geval is ook deur vier ander persone bevestig. 'n Reeks van V.V.V’s is vanaf Maart tot April 1995, oor SA waargeneem en is wyd deur die media gerapporteer. 'n Insident wat wye dekking in die media geniet het, was die V.V.V. wat deur die polisie vanaf Centurion na Bronkhorstspruit met voertuie en 'n helikopter gejaag is. Omstreeks 04h00 op 28 Augustus 1996, is 'n gloeiende voorwerp deur Sersant Becker naby die Adriaan Vlok polisie stasie in Centurion, Pretoria waargeneem. Die voorwerp het flitsende rooi en helder groen ligte gehad. 'n Radaroperateur by die Johannesburg Internasionale lughawe het die vlieënde voorwerp ook op sy skerm opgemerk. Polisie voertuie en 'n helikopter het die tuig tot by Bronkhorstspruit gejaag waar dit op 10000 voet verdwyn het. 'n Vlieënde voorwerp is weer in dieselfde omgewing op 31 Augustus en 1 September gesien.
Dit is 'n normale warm wintersdag in Mei 1989, oor Suid-Wes Afrika (Namibië) en die Kalahari. In Amerika volg NORAD (North American Aerospace Defence Command) en die Suid-Afrikaanse Lugmag 'n ongeïdentifiseerde vlieënde voorwerp per radar. Dít beweeg vinniger as enige ander vlieënde voorwerp en twee Mirage F1 vegvliegtuie van die Suid-Afrikaanse Lugmag word ge-‘scramble’ vanaf 'n geheime basis in die Kalahari in die rigting van die V.V.V. om dit te onderskep. Die vreemde tuig dring die Afrika lugruim teen 5746 see myl per uur binne en swenk noord na die Kalahari in die rigting van die Botswana grens. Die twee vegvliegtuie volg die tuig teen die spoed van Mach 2, twee keer meer as die spoed van klank. Ongeveer 80 kilometers binne die lugruim van Botswana maak hulle gevegsradar kontak met die tuig en volg die vegvliegtuie die tuig wat aansienlike spoed verminder noukeurig en kry hulle opdrag om die tuig met die nuwe Thor 2 laser kanon wat aan die vliegtuie gemonteer is, af te skiet. Terwyl die tuig hoogte verloor teen 3000 voet per minuut begin die twee vegvliegtuie te vuur. Met flitsende strale om die tuig vanaf die lasers wat tref duik dit met 'n hoek van 25 grade en stort in die Kalahari woestyn neer. Dit laat 'n krater van 150 meter wyd en 12 meter diep. Rondom die silwer voorwerp smelt sand en klip saam van die intense hitte. Die vlieëniers van die vegvliegtuie sirkel die ongelukstoneel en rapporteer dat die tuig neergeskiet is maar nie vernietig is nie en dat hulle geen lewendes bespeur nie. Die twee vegvlieëniers is baie opgewonde oor die afskiet van 'n V.V.V. en met die laaste liters brandstof in die Mirages vlieg hulle terug na hulle basis.
'n Span Lugmag Intelligensie Offisiere met mediese en tegniese personeel land later met helikopters op die toneel. 'n Intense magnetiese en radio-aktiewe veld rondom die krater veroorsaak elektroniese steurings van lugmag toerusting en lei daartoe dat een van die helikopters neer stort met geen verliese aan bemanning nie. Die silwer tuig se hidroliese landings toerusting is ten volle ontplooi wat dui dat 'n elektroniese fout ontwikkel het as gevolg van die Thor 2 laser kanon en dít het waarskynlik daartoe aanleiding gegee dat die tuig neer gestort het. Die tuig word later per lugmag vragvliegtuig na dié basis verskuif en die krater is met klip en sand gevul.
Terwyl 'n span van die lugmag die tuig onder streng sekuriteit by die Lugmag basis ondersoek, word 'n harde geluid aan die onderkant gehoor. Almal teenwoordig se oë rek groot en wapens word gespan as 'n deur onder die tuig op 'n skrefie oop gemaak word maar vas steek. Bevele word gegee en die deur word met hidroliese toerusting oop geforseer...twee mensagtige identiteite in stywe grys pakke kom te voorskyn, water en voedsel word dadelik aan hulle aangebied, maar word deur die ‘greys’ ('n ander naam vir buite ruimte wesens) geweier. Die wesens kom baie aggressief voor en een van hulle mik na 'n mediese personeel lid en val hom aan en krap hom oor die gesig en bors, daar word hard met die manne gepraat om nie te skiet nie en dié twee ‘greys’ word dadelik in aanhouding geplaas vir verdere studie.
Tydens aanhouding is die volgende eienskappe waargeneem, hulle liggaamshoogte is 1.5 meter lank met 'n blougrys gelaatstrek is, daar is geen hare op hulle vel en kop nie en laasvermelde is ook groter as die normale kop van aardse menslike wesens. Daar is ook donker blouerige merke om dié koppe en hulle gesigte het prominente wang bene met groot skuins opwaartse oë na die kant van die gesig met geen pupille nie.
Hulle neuse is klein met twee kleinerige neus gate bokant hulle monde met smal lippe en 'n klein puntige ken. Die wesens het lang en dun arms wat net tot bokant die knieë hang met hande wat bestaan uit drie vingers met swemvliese en klou naels. Die borskas en buik is bedek met skubbe met smal nouerige heupe terwyl die bene kort en dun is met drie naelose tone aan elke voet en geen uitwaartse geslag dele is bespeur nie (sien foto 2 van 'n saurian). Die buite-ruimte wesens is later na Wright Patterson Lugmagbasis in die VSA oorgeplaas vir gevorderde navorsing. Dit is ook op rekord dat dié basis op dáárdie dag op ‘Red alert’ was. Inligting is later verkry vanaf Amerika dat dié wesens 'n sterk konneksie het met die Saurian (Akkedis) ras van die antieke tyd.
Die inligtings dossier van die bovermelde insident is deur ‘n Suid Afrikaanse Militêre Inligtings-offisier James van Greunen verkoop aan ‘n instansie in Britanje wat buitenste ruimte wesens ondersoek naamlik Ouest International. Tot op datum het nog geen getuies in verband met die insident te voorskyn gekom nie en sommige kritici reken dit is ‘n mistifikasie (hoax) alhoewel die navorser Tony Dodd, Van Greunen in dié tydskrif krediet gee. Quest International het aangedui dat hierdie dié mees akkuraatste gedokumenteerde insident van buite-ruimte wesens tot op datum is.
Een dokument wat in Quest International se argief is oor dié insident lui soos volg:
“All information found aboard alien spacecraft concerning the evolution of alien life forms indicates to an evolution similar to that which we find on Earth PRIOR TO THE EXTINCTION OF THE DINOSAURS...(the findings indicate) a high degree of adaptability. Further physiological and psychological studies performed in South Africa and in the United States points to a simple and complex structure of behavior. It would seem as if these life forms COULD NOT FUNCTION INDEPENDENTLY WITHOUT GROUP INTELLIGENCE AND IDENTITY TOGETHER WITH A CENTRAL COMMAND. According to additional information found aboard retrieved craft a separate race is designated superior by them.
CONCLUSION:
An in-depth study and analysis of the psychological make-up and behavior prediction is advised. Studies performed on two alien life forms captured has proven that they cannot act independently from own acquired intelligence without access to communication, orders and instructions from a hierarchy or central command...
Three different aspects of the South African affair in fact coincide very closely with what other sources have revealed concerning these reptile-saurian ‘alien’ creatures:
The ‘saurian grays’ are the lower echelon of a hidden reptilian hierarchy...the other or ‘superior’ race that is considered to be superior is a bipedal reptilian-saurian species as well, although they are a different and taller ‘branch’ of the serpent race;
The serpent race - saurians - reptilians operate on a ‘collective consciousness’ level as if the individual alien beings are - to put it in one perspective - individual ‘cells’ in an immense hive-like mind, or ‘body’ of a single immense creature. Actually there seems to be a COMBINATION of both individuality AS WELL AS ‘collective’ or ‘group’ consciousness operating within these entities.
The description of the ‘aliens’ as well as the electromagnetic nature of their craft corresponds exactly with descriptions given in HUNDREDS of separate reports of this nature.”
Dit is interresant dat daar in die swart kulture van Afrika en ander bevolkingsgroepe van Australië, Noord- en Suid-Amerika, Indië en talle ander lande 'n sterk aanduiding is van Akkedis mense (saurians) uit die buitenste ruimte. Die mense van Rwanda, die Hutu en die Watusi stamme beklemtoon, en hulle is nie die enigstes in Afrika nie, dat hulle voorvaders afstammelinge is van 'n ras van buitenste ruimte wesens wat hulle Imanujela noem, dit beteken ‘die Here wie gekom het’. Ander stamme in Wes-Afrika soos die Bambara en Dogan stamme het dieselfde siening dat 'n hoogs intelligent en skrikwekkende kreatuur baie jare gelede uit die lug gekom het, dat hulle soos mense gelyk het en is Zishwezi genoem. Hierdie woord beteken ‘glyende kreature,’ met ander woorde gly deur die lug of water.
Selfs hier by ons het die Zoeloe bevolking dieselfde siening en beteken die woord ‘izulu’ die buitenste ruimte en ‘izula’ buitenste ruimte reis. Hierdie sienings van ander volke oor die saurians of ‘chitauri’ soos die Afrika bevolking dit ken, los ek vir 'n volgende artikel.
Ek wil graag aanhaal uit John Podesta se diepgaande verklaring oor V.V. V’s by ’n konferensie op 14 November 2007, hy was die Amerikaanse Withuis se Hoof van Personeel onder President Clinton en het ook gedien as assistent-voorsitter van die Obama presidensiële oorgangs- span:
"I think it's time to open the books on questions that have remained in the dark on the question of UFOs. It's time to find out what the truth really is that's out there. We ought to do it because it is right. We ought to do it because the American people, quite frankly, can handle the truth, and we ought to do it because it is the law."
Is HULLE “out there?”
Ek wonder ook maar net!
©JohanJ 08/08/10
Foto 1 is deel van die 7 foto's van 'n VVV wat Elizabeth Klarer geneem het.
Foto 2 is van 'n saurian soos dit in Star Trek voorkom.
Foto 3 is van die vlieënde tuig wat deur Duitsland gebou is.
Lees ander artikels deur Skymaster
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die artikel
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie artikel

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur

Artikels
Algemeen

deur Thalita Goosen
Wie Praat Nou? Boek 1 - 'n Gids na die wêreld van Geestelike Energie - is die eerste van 'n reeks opeenvolgende boeke wat vanuit 'n geestelik/wetenskaplik/sielkundige denkrigting onderrig. Hierdie reeks boeke is gemik op daardie mense wat gereed is vir 'n hoër Waarheid en reguit antwoorde.