Artikels

Titel: Yoghurt
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Yoghurt se geskiedenis trek al lang baard. Daar word beweer dat yoghurt sowat al 4000 jaar gelede gemaak en geëet is. Niemand weet presies waar kom dit vandaan nie maar die legende beweer dat Abraham geleer is deur ‘n engel om yoghurt te maak.

Die woord yoghurt of eerder die engelse woord yogurt is ‘n Turkse woord wat Lewe beteken. Die Turke beweer dat ‘n nomad deur die woestyn getrek het met ‘n velsak vol melk wat oor sy kameel gehang het. Die hitte van die son en die skommeling het hierdie melk in ‘n dikkerige vloeistof laat verander.

‘n Ander interessante weergawe wat weergee word is dat een of ander Turkse veglustige het ‘n vegter van ‘n ander dorp gevangene geneem. Om hom te vergiftig het hulle suur melk in sy velsak gesit. Maar die suurmelk het ook verander in hierdie dikkerige vloeistof. Hierdie vegter het voortgegaan met sy reis en hoe verder hy gery het hoe sterker het hy geword want hy het net van yoghurt geleef.

Daar is ook verskeie stories opgeteken oor een of ander Mongoolse veldmaarskalk wat in 1215 omtrent die hele ooste verower het en al wat hy omtrent sy manskappe gevoer het om te eet was natuurlik yoghurt gewees. Dit was seker ‘n ontsaglike proses gewees om jou eie yoghurt te maak.

Natuurlik word daar baie goeie dinge aan yoghurt gekoppel. Meeste mense wat allergies is vir laktose in melk kan yoghurt gebruik. Yoghurt is ook goed vir mense met diarree en mense wat hardlywig is. (Hierdie een kan ek nie verstaan nie.) Wat sterk aanbeveel word is dat yoghurt moet geëet word wanneer antibiotika geneem word. Dit versterk jou liggaam se immuun stelsel. Verder word daar beweer dat yoghurt ook aknee kan verminder.

Om spesiale smaak aan ‘n dis te verleen kan yoghurt in plaas van room gebruik word. Dit is altyd raadsaam om die yoghurt aan die einde van die kook proses in te gooi en dan net sowat 5 minute te laat prut. Wanneer die yoghurt aan die begin van die kook proses bygevoeg word bestaan die moontlikheid dat dit kan skif.

Vir nog ‘n unieke smaak kan jy mayonnaise en yoghurt meng (so om die helfte). Yoghurt kan ook as basis gebruik word vir doopsouse. My naby aan die einde van die maand doopsous is yoghurt gemeng met ‘n bietjie sop poeier. Heerlik saam met skyfies en glo my iemand in die geselskap gaan jou die resep vra. Vir ‘n gesonde slaaisous gooi yoghurt oor jou slaai. Smaak heerlik.

Om jou eie heerlike yoghurt te maak neem ‘n bakkie gewone yoghurt (met lewendige kultuur / live cultures) en meng dit met 1 liter melk. Bring die melk tot kookpunt. Haal van die plaat af en plaas in die yskas. More oggend het jy heerlike tuisgemaakte yoghurt. Meng dan jou gunsteling vrugte daarin of eet net so.

Dat yoghurt goed is vir ‘n mens kan ek nie betwyfel nie. Kos uit die hemel ? Besluit maar self.



Spaar Geld op Versekering


Van ons Premium+ lede

Meeste premium+ werke gelees in die laaste 7 dae
(2014-10-14 00:00:00 - 2014-10-21 00:59:59 )

Meeste kommentaar op premium+ werke vir die laaste 7 dae

Van ons ander lede

N VERGANE ERA

deur neels claasen

spoorweg staaltjies en verhale uit die verlede



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar