Op Woes.co.za onder Artikels

Aardbewings en die Mynwese

Met hierdie Aardskudding wat vandag - 2014-08-05 om 13h23 oor groot dele van die land gevoel is, kan ek net die volgende verduideliking en inligting gee.

Neem enige gemiddelde lemoen in jou hand.
Neem aan dit is die Aardbol
Hoe diep is die diepste myn in die land?

Neem ‘n speld en druk dit in die lemoen.
Pasop, moenie deur die kleur gaan nie.
Die diepste myn in die land is nie eers so diep nie. Dit gee jou die versekering dat mynbedrywighede nie Aardskuddings kan veroorsaak nie – hulle werksaamhede is in verhouding met die Aarde se grote - niks.

Aardbewings word veroorsaak deur die beweging van die aarde se tektoniese plate. Dit is baie, kilometers, dieper as die myne en het ook ‘n baie groter omvang as ‘n rotsstorting in ‘n myn.

Hierdie verskuiwing van Aardplate kan wel ‘n invloed en lewensverlies in myne veroorsaak maar die skade en lewensverlies bo-op die Aarde en aan geboue en strukture, het ‘n veel groter effek as binne die myn.

Georganiseerde mynbou het velerlei rots-versterkings maatreëls maar die mens en sy organisasie en reëls is nietig en klein teen Moeder Aarde se bewegings.

Die myn rotte – swartes wat onwettig onder in ou myne agter kabels en staal aan dolwe, loop ernstige gevaar. Hulle werk sorgloos sonder bestutting en niemand sal weet as hulle toeval nie.

Wat veroorsaak dat tektoniese Aardplate skuif?

Ek is nie ‘n Geofisikus nie maar in my domgeit reken ek dat die honderde aktiewe vulkane wat aanhoudend uitspoeg – en dit is beslis ‘n noemenswaardige hoeveelheid materiaal wat vanuit die binnekant na buite uitgegooi word, moet een of ander vakuum veroorsaak en dit mag dalk opgevolg word deur die verskuiwing van Aardplate net om balans weer te herstel.
Daar is talle ander oorsake en redes vir hierdie verskuiwings en die mens, asook alle ander Skeppings, staan weerloos en naak teenoor hierdie magtighede.

Willie F
2014/08/05

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/artikel/aardbewings-en-die-mynwese
sneeuwolf

My naam is Willie van Tonder. Haar naam is Anita en ons is al 48 jaar saam. Sy het drie kinders in die wêreld gebring en is al 'n ouma grootjie.
Ek het geen akademiese opleiding of  nering nie, maar het wel aan Moederskoot die Bybel leer lees en ek kan ook optel en aftrek.
Ek swerf my lewe lank deur 'n idilliese droom wêreld en vir brood en melk, gebruik ek my hande.
Ek woon in Potchefstroom
Mense en hul dinge is my lewe - ook die grond en alles wat daaruit spruit.
Ek skryf gewoonlik in die eerste persoon omdat dit vir my maklik is.
My stories beeld slegs my drome uit en het geen betrekking op my werklike lewe nie.
Opdat alles wat op die Internet geplaas word, Universeel is en daarna aan die wêreld behoort, mag jy dus dit wat jy van waarde ag, aftrek en bewaar.
Indien jy dit in beter formaat op CD verlang vir beter druk en bind, kontak my net.

My E pos adres is: willievantonder@gmail.com
My telefoon nommer is: 082 536 5423 - ek reageer beter op 'n duidelike SMS.
Skype: snowwolf 9281.
YouTube bydraes URL : http://www.youtube.com/willievantonder

Of, makliker:
Gaan in op YouTube en tik net in:
willie van tonder

En geniet dit.
Verder, my skrywes  ;
Geniet dit wat ek opdis en blaai gerus weg indien dit jou nie pas nie.
 
Dit is my as skrywer se taak en strewe - om emosies op te wek.
Die leser moet emosioneel geraak word deur wat ek geskrywe het:
Jy mag maar lag, huil, kwaad word . . .
Jy mag maar woedend ook word.

Dan het ek geslaag as skrywer.



Totale stukke publiseer: 2,393
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 8,998