Op Woes.co.za onder Artikels

Armoede Vanselfsprekend

Armoede Vanselfsprekend

Hartseer, verdriet en totale hopeloosheid. Dis die verhaal wat jy sien in soveel van die inwonders in Pretoria Wes se oë. Sommige van die inwoners het geen heenkome nie, en bly by die sogenaamde Groendam reg langs die Industriële gebied. Pretoria Wes was voorheen een van die grootste Industriële gebiede, maar toe vele maatskappye hul deure sluit, het baie hul inkomste verloor. Druin pype of selfs publieke badkamers is vir die meeste slaapplek en ‘n dak oor hul kop. Terwyl daar tot drie verskillende families in een klein huisie bly.

‘n Sestien-jarige meisie wat ‘n bed moet deel met haar ouer broer en in dieselfde vertrek as haar ouers in hul woonwa. Geen privaatheid wat ‘n meisie op haar ouderdom so baie nodig het nie. Alles wat vir die alledaagse mens so vanselfsprekend is is vir haar ‘n voorreg. Of die klein seuntjie met die grootste blou ogies wat vir die maatskaplike werker vertel dat sy definisie van ‘n “ryk” mens iemand is wat elke aand eet.

Die feit bly staan dat armoede Suid-Afrika in die gesig staar. Die enigste probleem is dat so baie mense daar onder lei en so baie mense daagliks daarvan hoor, dat mense dit as van self sprekend aanvaar en absoluut niks daaraan doen nie.

Straat bedelaars irreteer die jou, want gee jy geld dan word dit op drank gebruik. Ander op straat maak weer so baie geld, dat hul nie wil ophou bedel nie. Meeste van die mense se hopeloosheid word verdrink deer goedkoop drank, want waarvoor moet hulle lewe. Waarna moet hul uitsien, terwyl hul wonder waar die volgende dag se kos vandaan gaan kom.

As jy vanaand in jou warm bed lê en jou gunstelling Televisie program kyk, dink net vir een oomblik dat daar soveel daarbuite is wat smag na ‘n stukkie brood of selfs net klere.Die lewe van ‘n kerkmuis of selfs nog erger. Daar word nie van jou verwag om elke straat bedelaar geld te gee nie, want dit is totaal en al sinneloos. Maar meeste van ons het ‘n warm baadjie of kombers of selfs net ‘n paar blikkies kos wat daardie mense se lewe vir eendag kan verander.

Die keuse is joune, gaan diè maar net nog ‘n artikel oor armoede wees, of gaan jy kyk of jy ‘n verskil aan iemand se lewe kan maak al is dit net vir een dag.

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/artikel/armoede-vanselfsprekend
Yolandi Maritz

Ek is absoluut mal oor alles Afrikaans, behalwe mense wat die taal afbreek met hul "commen" musiek. Ek is 'n derdejaar Joernalistiek student aan TUT, en is mal oor die bedryf en die buzz wat met die werk gepaard gaan. Ek hou van groot sonbrille en deurmekaar hare! Enige iets Retro en Vintage! "You cannot fail with God's backing in life!!" JABLESS!!



Totale stukke publiseer: 12
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 11