Op Woes.co.za onder Artikels

BILL GATES EN SY BYDRAE TOT DIE MENSDOM

Kyk, deur die mens se geskiedenis, is daar vele geniale dinge tot die mens se beskikking gestel. Party is wette, soos Newton se energie storie. Die binne brand motor, splitsing van die atoom, ag, alles wat die mens tot die hoogste hoogtes en diepste dieptes in staat stel.
Met die oorgrote meerderheid is daar ʼn vereiste. Om daarmee te werk, is nodig hoë akademiese opleiding.
Direk in kontras met die skepper daarvan. Hoeveel grade het Einstein gehad?
Tweedens. Hoe groot was die skepping, uitvindsel, wet, wat ook al, se invloed ?

Bill Gates en sy doen.
Aan die Taal Puriste: Hierdie skepping moet nog ʼn naam kry. In alle tale, moet die ding nog ʼn naam kry.
Engels, klink amper reg: Computor / Computer. (Selfs die Engelse is nie seker nie). Maar, hierdie naam, hoe ook al gespel, klink vir my of dit amper reg kan wees. Of dit amper sê, wat die maaksel is.

Rekenaar? Ek weet so mooi nie. Dit klink vir my meer na ‘Calculator’. Somme doen, of berekenings maak. Rekenkunde is maar èèn van die oneindige dinge, goeters, wat die ding kan doen.
Bill het die vermoeë van die Rekenaar cum Komputer gevat en ‘n program in werking gestel. Hy het die program ‘n naam gegee. Windows.
Bill Gates het in sy verste drome nie gedink wat die invloed van sy, en sy helpers, se ontdekking, of skepping van Windows, op die mensdom gaan uit oefen nie.
Met die skepping van hierdie program, het hy die Rekenaar en al sy vermoeëns tot die beskikking van die massas gestel.
Vir eers was die koste verbonde net vir organisasies met baie geld.
Die beginsel van die Rekenaar is so oud soos die berge. In beginsel was dit eers net gebruik vir matematiese berekeninge.

Bill Gates het baie ryk geword. Hy het baie mense ryk gemaak. Meer word nog elke dag ryk. Meer sal tot ‘dooms day’ ryk word.
Bloot omdat ander organisasies te vore getreë het met dieselfde plan. Apple is ‘n voorbeeld.
Jan Rap en sy maat op straat, bou nou ook rekenaars en laai dit met beskikbare programme.
Programme word geskryf en ontwikkel en verkoop.
Goggas, elektroniese goggas is ontwikkel. Hierdie goggas het ‘n wese en ‘n denke. Ongelooflike vermoeëns. Hierdie goggas kan programme binnedring en verander, besmet en selfs vernietig.
Ander elektroniese goggas is ontwikkel wat mekaar kan binnedring en opvreet.
Dit alles skep nog ‘n groter probleem.
Bloot as gevolg van die anatomie, binnegoed, werking, meganika van die ‘chip’, skyf of plat gestel, die brein, van die ding. Is die Rekenaar vèèl beter as diè van die menslike brein.

Net die biologie klop dit.

Ek stel dit kategories. Niemand ken werklik die ding of die vermoeë daarvan nie. Ek glo, nie eers Bill self nie.
Dit bring my tot my punt. Ek, die man op straat koop ‘n Rekenaar. Ek koop ‘n vreeslike mooi metaal of plastiek kas met ‘n skerm en ‘n drukker en binnekant is ‘n brein. ‘n Brein wat maklik, vreeslik maklik, moeilikheid maak.
Nou vat jy dit na die rerige geldmakers toe. Die IT Spesialiste.
IT ‘Spesialiste’? Dit is ouens wat DINK, hulle ken die ding. Hulle dink is maar power en uiters beperk.
Tel net ʼn probleem op. Groot moeilikheid. Jy gaan van die een na die ander. Die ‘Spesialis’ lap hier, delete daar, voeg hier by, haal daar af, en jou moeilikheid word net groter.

Gates se doen, is so groots, het soveel ingewikkeldhede, dat die grootste ‘IT Spesialis’, se brein beperk is net tot sy eie vermoeë en kennis. Daarom is daar soveel van hulle.
Talle satelliete ontspring.
Party word ‘program ontwikkelaars’. Programme. ʼn Instrument wat binne die brein van die ding, die siekte kan diagnoseer en heel.
Ander word program skrywers. Skryf die instrument wat die vermoeë sal besit om die ding, dinge te laat doen wat menslik onmoontlik is. En, besit selfs die sleutel van sy instrument.
Een na die ander satelliet word daagliks gebore.
Ek skryf hier. Jy lees. Die vraag kom op: “ Wat wil ek sê ?”

Ek het eens geskryf oor sekere tipes navorsing, met die vraag: “Hoe raak dit my lewe, hier in my alleenheid?” En, redelik of redeloos, baie klappe gekry.
Hierdie ‘ding’, rekenaar, raak my lewe.
Hierdie ding wat ʼn ‘Infant”, voordat hy kan lees of skryf, kan opereer, speletjies op speel, prentjies teken, goete mee doen wat volwassenes nie eers aan kan dink nie
Hierdie ding wat ʼn integrale deel van die gemiddelde mens se lewe geword het.
Hierdie ding wat my, wat net tot standerd ses deur Wilgehof skool se venster afgekyk het, darem in staat stel om die Universiteit van die lewe, binne te dring.
Hierdie maaksel wat, as dit siek word, as dit nie wil doen wat ek wil hê dit moet doen nie.
As ek nie weet hoe nou nie, my dag (en nag) só omkrap, dat my uitveër (My bede om vergiffenis) al gedaan, opgebruik is.
Met al my swaaie en draaie hier bo, wil ek wil maar net sê:
Hierdie ding van jou, Bill Gates, raak my lewe.



Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/artikel/bill-gates-en-sy-maaksel
sneeuwolf

My naam is Willie van Tonder. Haar naam is Anita en ons is al 48 jaar saam. Sy het drie kinders in die wêreld gebring en is al 'n ouma grootjie.
Ek het geen akademiese opleiding of  nering nie, maar het wel aan Moederskoot die Bybel leer lees en ek kan ook optel en aftrek.
Ek swerf my lewe lank deur 'n idilliese droom wêreld en vir brood en melk, gebruik ek my hande.
Ek woon in Potchefstroom
Mense en hul dinge is my lewe - ook die grond en alles wat daaruit spruit.
Ek skryf gewoonlik in die eerste persoon omdat dit vir my maklik is.
My stories beeld slegs my drome uit en het geen betrekking op my werklike lewe nie.
Opdat alles wat op die Internet geplaas word, Universeel is en daarna aan die wêreld behoort, mag jy dus dit wat jy van waarde ag, aftrek en bewaar.
Indien jy dit in beter formaat op CD verlang vir beter druk en bind, kontak my net.

My E pos adres is: willievantonder@gmail.com
My telefoon nommer is: 082 536 5423 - ek reageer beter op 'n duidelike SMS.
Skype: snowwolf 9281.
YouTube bydraes URL : http://www.youtube.com/willievantonder

Of, makliker:
Gaan in op YouTube en tik net in:
willie van tonder

En geniet dit.
Verder, my skrywes  ;
Geniet dit wat ek opdis en blaai gerus weg indien dit jou nie pas nie.
 
Dit is my as skrywer se taak en strewe - om emosies op te wek.
Die leser moet emosioneel geraak word deur wat ek geskrywe het:
Jy mag maar lag, huil, kwaad word . . .
Jy mag maar woedend ook word.

Dan het ek geslaag as skrywer.



Totale stukke publiseer: 2,393
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 8,998