Op Woes.co.za onder Artikels

Die D... in die Drinkwater

Daardie ou wat eerste die woorde gebruik het, het sekerlik nie geweet dat dit 'n profesie is van wat later 'n werklikheid sou word nie. 'n Werklikheid wat tot die uitwissing van 'n volk kan lei nie!

Ja, die beskikbaarheid van gesonde bruikbare water vir mens, plant en dier, is die afgelope tyd op almal se lippe. Beskuldigings word heen en weer geslinger, ontkennings is aan die orde van die dag, maar intussen word riviere met menslike en ander afval besoedel, damme slik toe, El Nino doen sy ding, fabrieke en myne besoedel reën en ondergrondse water, ensofoorts. Hierdie dinge skilder 'n prentjie van onvermydelike onheil waaraan ons volk nie kan ontkom nie tensy:
1) Die probleem erken word.
2) lewensvatbare oplossings geïdentifiseer word
3) sulke oplossings onmiddellik geïmplimenteer word
4) dit wat verkeerd gegaan het, reggestel word
5) nuwe waterbronne ontgun word.

Baie, baie jare gelede, toe ek nog in die laerskool was, het 'n onderwyseres my iets geleer wat ek dink nou tot ons redding kan kom. Sy het my geleer van 'n koue seestroom wat uit Antartika kom en langs ons Weskus opbeweeg. Indien 'n ysberg, wat uit die suiwerste vorm van varswater bestaan, tot in daardie seestroom gebring kan word, sal die stroom help om dit na ons kus te bring, waar dit dan "gemelk" kan word - 'n praktyk wat blykbaar reeds deur lande in die Noordpool-gebied gevolg word. Pypleidings en 'n damme/kanaal-stelsel kan hierdie water bring waar dit benodig word. Die hitte wat deur die smeltende ys onttrek word, mag, wie weet, dalk selfs bydra tot 'n klimaatsverandering aan ons Weskus!

Dink hoeveel volhoubare werksgeleenthede geskep kan word. Kos op honger mense se tafels! Minder honger mense minder misdaad!

Waar kom die geld vandaan? As miljarde rande se stadions vir ses weke se gebruik gebou kan word, sal daar sekerlik nie 'n probleem wees nie. Die Wêreldbank? IMF? Privaat inisiatief - binnelands/buitelands? 'n Kombinasie van sommiges?

Waar daar 'n wil is, is daar 'n weg!
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/artikel/die-d-in-die-drinkwater
Freek struwig

'n Oupa wat 'n rekenaar vir sy verjaardag gekry het en nou deur middel van hierdie medium, met genot, sy neus insteek waar dit nie hoort nie! "Ek hou ook van ritme en baie van rym - van stories gesuig so reg uit my duim - van Goeie Fee se manewales en Toom Towenaar se krag bo alles." "Daar is ook nog ons kindertjies klein - ogies so mooi en hartjies so rein - wat in hul drome avonture beleef, waarvoor ons grotes sal sidder en beef!" "Daarom is hierdie 'n literêre geheim - ek skryf net my stories bloot vir die rym - en hoop dat die kleintjies dit sal geniet, terwyl dit hul moeders ontspanning sal bied!"



Totale stukke publiseer: 216
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 263