RUDI COETZER
Monumentale emosionele werke. alle monumente is nie mooi nie. gedigte gaan oor gevoel. geinspireer deur ervaring,observasie,opinie. geinspireer deur liefde. en pyn. begeerte. jaloesie. woede. revenge. whatever. wie skryf nou rerig n gedig wanneer jy happy is?... gedigte is iets waaroor jy selde dink. dit spring in jou hart in.word woerts-warts deur die aorta na die brein gevoer.en dan blitsig met n sein na die vingers. wat naarstiglik pen en papier (servette werk goed en menu's)soek.of n selfoon.tikmasjien.rekenaar. iets om te doen.wanneer dit donker is. ook binne-in.
n Gedig is net n foto. n Foto in woorde.
daar is n gedig in elke gedagte.in elke gevoel.in elke sien.in elke proe.
ek skryf seker al naby aan dertig jaar gedigte. (nee ek is nie so oud nie?;wie vra?...ek is 48..(ja,kan jy glo!).... in mense jare.eeue oud in liefde en pyn.[lees:My lewe...]..is jy 19?..of 16?of 22?...ja die oom is oud!...)
hou van die natuur. kamp gereeld. gaan gereeld weg. vang vis. het n 7de en n 8ste instink...(het jy net 6?...). som mense redelik goed op. sien wat ek nie moet sien nie. pynlik reguit(takt is n vreemde woord.-iets met n boom te doen maar verkeerd gespel. skryf soms 10 gedigte in een aan/nag/dag. soms 30/40 n maand. soms niks vir n jaar nie. het n humor sin wat ek self soms moeilik comprehend. vinnig en fyn. verduidelik nie graag nie.
blah blah blah blah.
(O JA!DAAR VERGEET EK TOE...>LEES ASB OOK MY DIAMANTJIES OP
http://www.mabooki.com/authors/101_Rudi_Coetzer.htm
EK STAAN NEDERIG VOOR die skrywer 3e.gaan lees asb sy werk en ondersteun hom.die dankbaarheid sal jou goed doen.fff...
* * *
Woordmonumente
Wanneer mens
leeg gebloei is
en elke weefsel
en spier ontbind is .
Wanneer mens
se longe platgeval is
en sonder suurstof is ,
wanneer wange hol is
en oë dood is .
Wanneer verkrimpte vel span
oor holtes tussen bene ,
en maaiers wriemel
tussen lewelose tone ,
is my enigste spyt
my nuttelose lewe
en dat ek slegs onthou sal word
vir betekenislose
vergete woordmonumente .
( 18/02/2010 13h33 )
* * * * * *
OKAY : Vir die volgende , geld ñ OUDERDOMSbeperking van 18 en ouer ...
scroll
scroll
scroll
en nog een scroll
18!
HALLO ?
Is JY 18?
> Wanneer ek die emmer skop <
(((( Hopelik nie die kak-emmer nie )))) , wil ek dat my werke op woes bly
asseblief .
Dalk kan Willem so gaaf wees en net ñ kruis agter my naam sit
( asseblief nie ñ + nie Willem , want dit is + Komkol se simbool .
En as ek gaan , gaan hy saam . )
En julle bly dan welkom om vir my e-mails te stuur . Of kommentaar
op my , + Komkol , G-kol , Die Onbekende Joodse Digter , Pittige Tamatie en
enige ander van my kreatiewe karakters te lewer .
Ongelukkig sal ons nie kan reply of dankie sê nie , of kan kommentaar lewer nie .
Ens .
O , en voor iemand Lifeline bel…dis net my wens.
En as ek dan daarna nie meer werk plaas nie …ek het nie bedank by woes nie..en
ek’s nie van die site af agv persoonlike redes nie of omrede ek ñ bundel uitgegee het
nie .
Die ding is , wanner mens die emmer skop en jy het ñ toon gebreek , is dit moelik om te
skryf of te tik .
So please forgive me.
Woes is en was one hell of ride .
En hier is nie net ñ klomp talentvolle mense nie , en nie net ñ klomp vriende nie , en
nie net ñ klomp mens-mense nie , maar ñ klomp PIELE-mense .
Julle weet wie julle is .
Wanneer ek die emmer skop , is ek vir ewig gecure van my woes-vice .
Peace .
Asemsnak kry vir seker ñ nuwe betekenis die laaste paar minute wanneer ek hortend
snak na my laaste asem .
Hopelik is daar dan darem genoeg tyd vir my laaste > Die onvoltooide gedig .
( 13/10/2010 23h13 )
†
* * *
ñ Foto in woorde
Agtergrond :
Blommetjies feëtjie fyn
en blare groen beautiful
( ek kon sweer dit is winter )
Voorgrond :
Maar alles vaal
in vergelyking met jou
( dit is skielik lente )
In jou oë
is daar 1000 sprokies
wat wag om gelewe te word
is daar 1000 stories
wat gewag om geskryf te word
is daar ñ uitspansel
wat hunker om ontdek te word
is daar siel
wat verlang om verken te word
is daar 1000 beloftes
wat wag om ontsluit te word
is daar ñ melkweg
om deurkruis te word .
( >Jy< ) In geheel :
Blommetjies feëtjie fyn
en blare groen beautiful
maar alles vaal
in vergelyking met jou .
( 18/07/2011 23h07 )
* * *
Die begin *
Op die sewende dag
het god
( dit was vroegoggend
dit was somer
na ses dae se harde werk
na ses onrustige nagte )
sy hemp afgstroop
en met determinasie
sy loop
oor die plat aarde gekry-
stof het om sy kaalvoete gepluim .
Toe het hy
met job se geduld
in ñ inspirerende
en kreatiewe bui
groot rots
na groot rots
opmekaar begin pak
( hy’t regs voor begin
en stelselmatig terug-gewerk )
en sy sweet het gevloei .
Teen twaalfuur
daardie middag van die sewende dag
seer gebrand
en moedeloos moeg
na ure se swoeg
het hy besluit
om vir ñ uur te rus
oop oë
plat op sy rug
in die skaduwee
van ñ boom gaan lê
tussen die blare-plafon deur
na die wolke gestaar
wat vrolik en speels
allerhande prentjies baar
en ñ hoopvolle-glimlag
het om sy
mondhoeke gesprei.
Presies op die uur
het hy opgestaan
met nuwe vuur
in sy hart
( skouers trots teruggetrek )
vir ñ oomblik
sy oë op na die hemel geslaan
en vinnig teruggestap
na die plek
waar hy sy werk
skuins na dagbreek
begin het .
Toe het hy
met job se geduld
in ñ inspirerende
en kreatiewe bui
groot rots
na groot rots
opmekaar begin pak
( hy’t links voor begin
en stelselmatig terug-gewerk )
en sy sweet het gevloei .
Kort daarna
het sy hande begin bloei
en toe het sy
trane begin val
( en sy sweet
en sy trane
het bymekaar gevloei
en ñ rivier gevorm
van suiwer-skoon helder water )
maar god
het hom onverpoos vermoei .
Later daardie middag
van die sewende dag
skuins voor sononder
( die son het reeds verdwyn
agter die regterkanste sandsteenkranse
wat hy teen twaalfuur voltooi het )
in die koue van die kranse
se skaduwees
het god sy hemp aangetrek
en met ñ trek van pyn
op sy bebaarde-gesig
die laaste sandsteen-rots
met moeite ingeskuif op sy plek
toe met trots
en bewondering teruggestaan
om na sy handewerk te kyk .
Toe het hy
sy bebloede hande
met sy hemp afgevee
vorentoe getree
en moeg
met sy voete
in die water
gaan sit .
Later
toe die volmaan
nuuskierig-geelgoud
eenoog bo die kloof verskyn
en vir god gekreukel uit die rivier loer
het god opgestaan
sy hande
oor die rivier uitgestrek
( god was tevrede
met die plek )
en sy handewerk geseën .
Die kranse
het bo god uitgetoring
stil groots
misterieus in die nag
en die rivier
het nederig
vol van god
se sweet en traan’
voor sy voete verbygevloei .
god het op sy knieë gegaan
ñ bakhand vol koel-water opgeskep
en dit stadig
terug deur sy vingers
laat drup .
“ Ek doop jou Klein Sterkrivier ”
het god gefluister
en toe in die oomblik
van sy dankbare uur
in sy oomblik
van welbehae
“ jy mens sal ses dae
per week swoeg en sweet
maar jy moet weet :
die sewende dag sal jy rus . ”
Toe het god
sy kop moeg neergelê
en die naggeluide
het hom aan die slaap gesus .
( * Mabote River Lodge
20/07/2011 21h59
http://www.mabote.com/page.php?p_id=1 )
* * *
Nou ja...been a long time wat ek iets bygesit het.
Vandag 23/10/2013 is weet tyd....
Die sirkelroete
Mos , modder , moeras
slyk wat nommerpas
oor ore , voorkop
en hare pas
mis wat doelloos ronddrentel
in ñ spookagtige landskap
wat selfs die hardste hart omwentel .
Hier waar jy met jou voorvinger
die reën roep
waar jy jou aan gletsermere verstom
hier waar jy voel soos ñ indringer
in ñ hoogs heilige plek
en goddelike skoonheid tot in oneindigheid strek .
Na ñ lewe van om en òm en òm
is dit nogals ironies
dat jy op die sirkelroete
weer tot jou selwers kom .
( 12/10/2013 09h54 )
http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/2013/10/13/NR/4/HGuganda.html
http://omutima.tumblr.com/rwenzoris
http://www.rubonicamp.com/
http://www.rwenzorimountaineeringservices.com/
http://www.naturelinksafaris.co.ug/uganda.html
Peace.
* * *
...nou ja...dis tyd om weer iets by te voeg..om aan te vul...
( 31/07/2014 10h27 )
here it goes:
Monsoon-seisoen
Ek sit op ñ shitload vol kakpapier
( wat anders as 2ply )
lekker sag onder my gat
daar is ñ rotteplaag
in my kop
wat aan my gedagtes knaag
en nie eers Ratex kry dit gestop .
Dromme , klavier , kitaar
ek is ñ poet-rockstar
en my stage is papier
– papier wat ongeduldig is .
ñ Kat pis
op die rotte
my fans pis
op my battery
en die publishers pis
op my drome .
Maar in my hart
is dit monsoon-seisoen
en my woorde
droog nooit op nie .
( 27/07/2014 00h03 )
* * *
.en so tippe-trappe-trone die lewe aan....soms stap dit vinniger as jy...en gaan jou verby.
* * *
Transformasie
Snags
transformeer
my brein na ñ ou vergeelde-dagboek
snags
transformeer
my siel na ñ jong Grootoog-uil
en
span die twee saam
as Reisgids
en Reisiger
word die Filosofiese prediker
versteek in my
wat kaalvoet langtoonnael-oor-grond-en-sand-girts
se drome wakker
se drome waar
se hunker my gids
wat my ongebonde en vry
na ver-weg-plekke neem
plekke waar my gees kan ontwaak
en my oë kan sien
plekke waar min my traak
en my ore kan hoor
plekke waar tyd stilstaan
en ek die maan
kan proe .
Plekke waar ek
die mooi
die groots
die besonders
die vry
op my wang
in ñ traan
kan vasvang
en die volgende oggend
sekondes voor dagbreek
saam met my
kan terugvat huistoe .
( 08/08/2014 12h18 )
* * *
Fyndraai se kruis
Ek wil jou vasspyker
teen fyndraai se kruis
jou oopspalk oopgeblom
jou martel jou laat kom .
Een tong een clit
kry jy lekker
of kry jy ñ fit .
Veertjie cable tie
hande wat streel
vingers wat vroetel .
Vrees in jou inboesem
jou saggies paai .
Jou oortjies nibble
jou nipples terg .
Ek wil jou vasspyker
teen fyndraai se kruis
Na drie dae
jou liefdevol neerlê
in die donker van my spelonk .
Jou lippe afvee
met wit asyn
jou dronkmaak op vatwyn
vis vir jou vang
brood vir jou breek .
In die stikdonker
my liefde
vir jou wegsteek .
Ek wil opvaar na jou hemel
bly in jou paradys .
Ek wil jou vasspyker
teen fyndraai se kruis
( 13/01/2015 23h59 )
Totale stukke publiseer: 3,342
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 25,082
|