Op Woes.co.za onder Artikels

Medisinale plante - 6 maande later.

Toe ek hierdie artikel afrond, het ek vlugtig op die web gaan kyk wat bekend is in Afrikaans as “medisinale plante”. Tot my skok moes ek ontdek/herinner word dat ek 2009-12-28 'n happie geskryf het oor dieselfde onderwerp. Dis is vir my verbasend hoe die twee artikels mekaar nie weerspreek nie, al is die aanslae verskillend.

Die eerste hoofgedagte wat ek wil beklemtoon is dat hoe gesonder ons eet, hoe minder medisyne het ons nodig.

Die geskiedkundige Dr Elizabeth van Heyningen (lees my artikel “Waansin en Walging”) het beweer dat die Engelse die Boere vroue goeie Engelse sanitasie geleer het. Sy kon net sowel beweer het dat die Boervroue skepties en teensinnig was teen die gebruik van Engelse medisyne. Dit sou ewe waansin en walglik wees.

Die rede was dat Boere baie minder siek geword het as Europeërs omdat hulle gesond geëet het. Die bietjie siektes wat hulle gehad het, het hulle met kruie en Hollandse medisyne behandel. Die gebruik van kruie het hulle geleer by die inheemse San, Khoi en Bantu mense. Daar was geen kruie beskikbaar wat in Europa bekend was nie. Die Hollandse medisyne was deel van hulle kulturele erfenis uit Holland.

Hoe het die boere gesond geëet? Al die mak diere wat hulle geëet het, was vrylopend. Hierdie diere het van die veld geleef en volgens hulle instink geëet waaraan hulle ‘n behoefte gehad het. Hulle inname van groen plante materiaal was fenomenaal. Daarom was hulle as voedsel bronne vry van afwykende bestanddele soos cholesterol en steroiedes.

Die Boere het self allerhande bredies gemaak van plante se lower uit die veld versamel. Verder was hulle potjiekos legendaries gewees, gemaak van blare, lote, wortels, knolle en met vars vleis. Hulle inname van monokultuur plante soos mielies en koring was minimaal. Hulle inname van aminosure, onversadigde vetsure, vitamienes, caretoniedes, ensieme en antioksidante was dus optimaal.

Die Boere se vroue en kinders het nie onmiddelik siek geword toe hulle in die konsentrasie kampe op gehok was nie. Uiters swak voeding en huisvesting het egter hulle weerstand teen siektes geweldig verswak. En hulle moes Engelse medisyne in plaas van kruie en Hollandse medisyne gebruik. Engeland en Holland het sedert die 1600's mekaar gewantrou en verag. Geen wonder dat die Boerevroue dieselfde gedoen het nie. Dit het Engelse kamp beamptes soos kos voorsieners en mediese dokters laat dink dat die Boervroue barbaars en onopvoedbaar is.

Die Boere se lot is dus vir ons ‘n voorbeeld hoe gemoderniseerde voeding met die talle leemtes daarin die dood van tienduisende mense kan veroorsaak soos in die Brits-Boere oorlog. Dit is ook hedendaags die lot van ‘n groot deel van Afrika se mense, blankes ingesluit. Hulle moet kies tussen tradisionele landbou en gemoderniseerde landbou. Tradisionele landbou word afgewys en gemoderniseerde, monokultuur landbou ondersteun ter wille van ekonomiese gewin. Miljoene sterf weens swak voeding en siektes.

Die riglyne vir gesonde kos voorbereiding is:
Vermy kos wat in fabrieke verfyn is en maande lank op die winkelrakke kan staan. Moenie waar moontlik die skille van groet en vrugte verwyder nie. Daarin is die meeste vitamienes en antioksidante te vinde. Eet rou kos (plant en vrug) waar ‘n mens kan. Kook groente in so min water as moontlik sodat stoom dit gaar maak. Koel dadelik af sodra die groente sag is. Beperk dierlike proteïnes tot twee dae vir rooi vleis, twee dae vir wit vleis en twee dae vir vis. Die sewende dag laat ‘n mens jou liggaam rus van dierlike proteïne. Probeer neute in die plek daarvan as jy nie allergies daarvoor is nie. Meeste soorte neute is baie ryk aan proteïne.

Gebruik ‘n boek soos “Food plants of the world” van prof Ben-Erik van Wyk. Die boek is ‘n goudmyn van inligting. Ek gebruik dit as volg. Ons eet net een keer ‘n week ‘n groente uit ‘n bepaalde familie. Groente soos al die soorte kool, soorte rape en mosterd blare kom in dieselfde familie voor, naamlik die Brassicaceae. Al die chemiese stowwe van verskillende spesies in ‘n familie het naastenby dieselfde profiel. Maar verskillende families se profiele verskil merkbaar.

Die modernisme het sy kop opgelig in die begin van die 1900's. Maar na die WWII (tweede wêreld oorlog) het dit ‘n skeiding gebring in mense se
gedrag. Kreatiwiteit, politieke onafhanklikheid, ekonomie, korporatiewe besigheid, hardekwas wetenskappe, gevorderde ingenieurswese, inligting tegnologie en nog vele meer het skielik begin gedy. Farmasie het ook ontplof.

Jan Smuts en Albert Einstein se holistiese sienings het in die hek geduik. Spesialisasie het die in ding geword in alle wetenskappe. Dissiplines was in tel. Vra vir my want ek was 24jaar verbonde aan ‘n universiteit. Daar was nie meer plek vir wetenskaplikes met ‘n holistiese benadering nie. Die aandrag op wetenskaplike publikasies het ‘n instelling geword. Die kwantititeit van publikasies het die kwaliteit daarvan laat sneuwel. Elke dekade het dit versleg, tot vandag toe.

Die geskiedenis van moderne, sintestiese medisyne het begin met asperiene en karbolsuur (ontsmetteings middel). Laat ons aspiriene volg. Sedert 5000 jaar gelede (Ur van Chaldeers) was dit bekend dat sekere plante pyn kon stil en inflammasie verminder. Die bekendste was Filipandula ulmaria (familie Rosaseae) - roos struik en Salix alba (familie Salicaceae) - wit wilger. In 1853 het die Duitser Gerhard die verbinding asetiel-salisielsuur sinteties gemaak sonder om te besef wat die implikasies daarvan sou wees. Hoffman van Bayer (1897) tesame met die Dreser maatskappy het dit in verband gebring met die natuurlike aktiewe bestandele in pynstillende plante soos hierbo genoem.

Hierdie kopskuif (“paradigm shift” ) het Duitse en Engelse farmaseutiese maatskappy aangespoor om ander natuurmedisyne te vind en dan sinteties te vervaardig So het hierdie maatskappye korporatief en globaal geword uit die rykdom wat hulle ingewin het.

Die tweede hoofgedagte wat ek wil beklemtoon is dat dat die duur, sintetiese medisyne dikwels gevaarlik is. Daarom word sulke medisynes geklassifiseer in ‘n skedule (S1 tot S6)

Voor WWII was meer as 90% medisyne natuurprodukte self of konsentrate van aftreksels daaruit. Maar nuwe analitiese apparate en sintese prosedures het farmaseutiese maatskappye in staat gestel om na die aktiewe bestanddeel in plant materiaal en konsentrate daarvan te soek en te toets vir medisinale gebruik. Die struktuur van sulke bestanddele het ook as voorbeeld gedien om kunsmatige verbindings te skep en te toets vir medisinale gebruik.

Ongeveer 50 jaar later (1990's) was omtrent 80% medisynes van kunsmatige oorsprong, diere medisyne ingesluit. Was hulle beter? In heelwat gevalle ja, totdat patogene weerstand teen dit opgebou het of langdurige newe effekte ontdek is. Maar dit gebeur veel minder met plante as medisyne omdat hulle nie net een aktiewe bestanddeel bevat nie, maar ‘n spektrum daarvan.

Meeste van hierdie kunsmatige medisyne het een ding in gemeen gehad. Hulle was tien, honderd tot duisend-voudig duurder as natuurlike medisyne self. Dit het baie geld gekos om hulle te maak en te toets. Dit het al hoe meer armes buite die bereik van hierdie medisynes geplaas het. Voorheen het mense deur waarnemings oor eeue en kontinente heen sonder geldelike koste beproef watter plant preparate vir bepaalde siektes geskik was. Sulke inligting was oorgedra van geslag tot geslag. Tradisie het gemaak dat geld nie ‘n oorwegende faktor was nie.

In der waarheid, dit was juis hierdie inligting wat farmaseutiese maatskappye die meeste op die spoor gesit het om kunsmatige verbindings te maak met medisinale waarde. Daarom het hulle honderde aptekers in die veld gehad om te delf in medisinale tradisies wat nog nooit van te vore op skrif gestel is nie. Maar bitter min van die vrugte van hierdie inligting is terug geploeg in die gemeenskappe waaruit dit gemyn is. Lokale tradisies het globale intellektuele eiendom geword.

Dit mag dus lyk asof hierdie skrywe ‘n humanistiese en altruïstiese kruisvaart teen die groot farmaseutiese maatskappye is. Dit is nie die geval nie. Wanneer ‘n oplosbare ekstrak van bepaalde plant materiaal gemaak word, word daar aangeneem dat alle verbindings van medisinale waarde in oplossing gegaan het.

Daar is nie eers gedagte gegee dat ensieme nodig is om onoplosbare komplekse verbindings op te breek in eenvoudiger oplosbare verbindings met medisinale waarde nie. Daar is ook nie eers gedagte gegee dat sommige nie-medisinale verbindings in die ekstrak optree as ko-faktore om die medisinale verbindings meer aktief en effektief te maak nie. Met ander woorde, heelnis (“wholeness”) is uit die venster gegooi ter wille van ‘n reduksionistiese werkwyse.

Die onbeheersde werking van ‘n kunsmatige medisyne sonder ander verbindings wat in natuurlike medisyne voorkom, maak die gebruik daarvan baie gevaarlik indien nie presies by dosering gehou word nie. Daarom is dit nie verrassend dat afsterwe deur verkeerde dosering meer is as die gesamentlike afsterwes deur motorongelukke en gewelddadige roof. Dit is die geval in die VSA. Maar dit is nie meer so erg in Europa nie. Daar het die gebruik van natuurlike medisyne lewendig gebly. Die afgelope 15 jaar het dit selfs dramaties toe geneem.

Om hier kunsmatige medisyne in ‘n aantreklike vorm op te dis, word, daar boonop van kunsmatige middels soos bewaar stowwe, geur stowwe en kleur stowwe gebruik gemaak. Geleidelik is daar ontdek hoe van hierdie by stowwe ernstige nadele vir gesondheid het. Daar teenoor word natuurlike medisyne geneem net soos dit is. Gevaarlike bestanddele is minimaal omdat die mense reeds millennia aan sulke plant produkte bloot gestel is. Verder is daar ook millennia lank noukeurig gelet hoe diere reageer met die inname van sulke plant produkte.

Groot farmaseutiese maatskappye het dus in 50 jaar meestal natuurlike medisyne probeer vervang met kunsmatige medisyne vir die ontsaglike geldelike voordeel daarvan. Dit kan waar geneem word in die apteke van ontwikkelde lande en die apteke van gegoede mense in ontwikkelde lande. Maar wat 85% van die res van die wêreld se bevolking betref, moet hulle steeds staat maak op tradisionele natuurlike medisyne. Groot geld maatskappye ploeg te min geld in die opheffing van hierdie mense. Hulle bly dus uitgelewer aan baie kwakke.

Wat is die verdringing van plant medisyne deur kunsmatige medisyne in 2010? Tydens my hospitalisasie van 10 dae het ek baie tyd gehad om navorsing te doen. My vrou moes ‘n berg plantkundige boeke, medisinale boeke en farmaseutiese boeke hospitaal toe bring. Een van die boeke, ook van prof Ben-Erik van Wyk, is:
Medicinal plants of South Africa. (Koop sommer ook sy “People’s plants”).
Die boek het 298 bladsye se inligting oor die medisinale waarde van ons plante. Daarin word sowat 300 aktiewe bestanddele beskryf van 149 plant spesies.

Onthou, plante is die mensdom se vriende van die vroegste tye af. Kan ‘n mens dieselfde beweer van die konglomeraat farmaseutiese maatskappye? Dokters en aptekers het ‘n “bybel” wat hulle gebruik. Dit is MIMS (Monthly Index of Medical Specialities). Daarin word sowat 3000 aktiewe verbindings van medisynes beskryf. Ek het gaan kyk hoeveel van die aktiewe verbindings in Medicinal plants of South Africa ook voorkom in MIMS. Net 5 (vir drie dae se werk). Dit is dus 0.4%. Onthou dat nie net Suid Afrika medisinale plante het nie. Ek het geen gesaghebbende boeke oor medisinale plante in die res van die wêreld (Amerikas, Europa, Afrika en Asië) nie. Daarom skat ek dat die totale verhouding ongeveer 4% sal wees.

Met ander woorde, 96% van ons medisynes in 2010 is van kunsmatige oorsprong.

Moet nooit uitverkopings van tweede handse ou boeke verby loop nie. So het ek twee kosbare boeke van die vroee 1900's raak geloop. Die een handel oor die plante wat die San gebruik het en die ander een oor plante wat die Khoi gebruik het. Hulle het my in staat gestel om ‘n woestyn wildernis in te vaar sonder om enigiets van die beskawing saam te neem, tot solank as twee weke. Ek het geleef van wat die omgewing kan bied. Dit het gehelp om my perspektief te gee oor ons beskawing wat so wonderlik voorgehou word. Dit mag bolangs blink, maar onder stink dit.

Die derde hoofgedagte wat ek wil beklemtoon is dat dat natuurlike medisyne (kruies) dikwels as ‘n kwakkery aangebied word. Volblad advertensies waarin ‘n legio aansprake gemaak word, is aan die orde van die dag. Daar word ‘n legio lys van skete gegee wat met die betrokke medisyne behandel kan word. Hierdie hael geweer benadering is ‘n goeie aanduiding dat ‘n kwak net uit jou geld wil maak vanwee jou onkunde.

Moet asseblief nie homeopatie verwar met plantaardige medisyne (naturopatie) nie. Die webtuiste
http://en.wikipedia.org/wiki/Homeopathy
het ‘n gebalanseerde oorsig oor homeopatie. Dit is massale bedrog wat ‘n kultus geword het.

Die een groot nadeel met kunsmatige medisynes is dat ons verleer het om betyds op te tree teen ‘n simptoom. Met natuurlike medisynes moet ‘n mens betyds optree. Smoor dit in die kiem anders word die behandeling te lank.

Die ander groot nadeel is dat ons kennis van medisynes omtrent nul geword het. Die geneesheer en apteker moet maar weet wat om voor te skryf. Begin by ‘n boek soos Van Wyk se “Medicinal plants of South Africa”. Bestudeer elke spesie aandagtig. Agter in is daar ‘n waarvolle boeklys. Daarna volg ‘n kosbare lys van skete met die plante wat by elke skeet gebruik kan word.

Maak die gebruik van natuurlike medisynes en kruie weer ‘n familie erfenis wat van geslag tot geslag oorgdra word.

Wat jy ookal doen, neem jou geneesheer en veral apteker openhartig in ag. Moenie iets plantaardig inneem of aansmeer sonder dat hulle daarmee saam stem nie. Onthou dat hulle vanweë professionele druk nie maklik sal erken dat medisinale plante (naturopatie) geskik is nie. Kry eers jou feite reg deur ordentlike navorsing te doen. Geen dokter of apteker sal aan legendes of kwakkery aandag gee nie.

Mooi loop
At de lange
Pretoria
Augustus 2010

Weergawe: 1
© Kopiereg voorbehou
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/artikel/medisinale-plante-6-maande-later
Ontluiker

Die foto heelbo is van 'n baie seldsame grootpens plant. Dit groei in die suide van Ethiopie in 'n WOESteny. Dit is 'n woestyndruif met naam Cyphostemma betiformis. My eie plant word al vir meer as dertig jaar vertroetel. Die foto links is van Cyphostemma bainsii wat in die suidweste van Namibia (Namgorab) groei. Solitair is sowat 80km daarvandaan. Die foto regs is van Cyphostemma macropus wat in een van die woestyne van Angola groei. Dit is verwant met C. uter wat in die noorde van Namibia (Kaokoveld) groei. Ek plaas dit met verlof van Wessel Swanepoel wat dit in Mei 2010 geneem het. Die foto/3Dgrafiek onder behoort tot die artikel "OS (deel 13) - Die ritme van entropie produksie." Opskrif: Profiel van nog ‘n grootpens Willem Woes word deur sy programmatuur gedwing om ‘n bepaalde werf-orde (liturgie) te handhaaf. Werf-orde lei tot organisasie. Organisering maak take gewoonlik makliker en kragtiger. Maar organisasie kan soms ook uitgedien raak. Dan moet ‘n mens dit gemaklik en kragtig verander sodat dit weer diensbaar kan wees. As iemand wat lewenslank kreatiwiteit omhels, het ek te veel met een of ander liturgie gebots: kerk, politiek, akademie of besigheid. Vir my kan skeppery net soos wilde diere nie in gerieflike hokkies aangehou word nie. (Ek hou nie van woorde met ‘n Romaanse herkoms nie. Ek sal dit binnekort verduidelik. Daarom skeppery in plaas van kreatiwiteit.) Ek het ‘n honderde profiele van WOESers deurgewerk. Grafieke sou baie help om my indrukke te toets. Dit tref my dat lede van jeug tot bejaard deelneem, maar dat volwassenes in hulle fleur die meerderheid is. Dit tref my ook dat vroue heelwat in die meerderheid is. Laastens, dit tref my veral dat gedigte die grootste bydrae is. Dit het ‘n belangrike betekenis waaroor ek beplan om te skryf. Dit laat my dink aan die geskiedenis van kreatiwiteit sedert die vroegste tye. Aanvanklik en tot omtrent 2400 jaar gelede was hoofsaaklik digters toegelaat om skeppend te werk. Hulle gedigte was as te naïef beskou om gevaarlik te wees. Andersins was skeppery net vir konings en hulle kornuite beskore. Sjoe, dit was neerdrukkende tye! Ek leef graag saam met skeppende mense. Hulle kan dikwels die appelkar omgooi. Ek is nie ‘n koning nie en net so min ‘n kornuit van een. Daarom pla die omgooi my min want dit is soms nodig om skeppery te vernuwe. Ek moes somtyds in my eie lewe die appelkar omgooi. Solank as wat skeppery in Afrikaans aangemoedig word, sal ek WOES ondersteun. Dieselfde geld vir christelike waardes. Maar, sodra my eie skeppery ingehok word, kies ek altyd die hasepad. Wanneer christelike waardes begin sneuwel, verdwyn ek stilweg. (Goeie raad van Jesus toe hy sy dissipels gestuur het na die dorpe van Palestina om iets van die goeie boodskap te vertel.) Die res van my profiel sal beskikbaar wees in ‘n artikel (twee dele) met die titel Grootpens.



Totale stukke publiseer: 233
Totaal kere gelees: 149,855
Totaal kommentaar: 1,034