Op Woes.co.za onder Artikels

Meer voedsel op minder grond

Woes is nie net vir stories en gedigte nie omdat, as intelligente blad maak Woes ook voorsiening vir Artikels en Rubrieke.
Dit is egter twee weeskinders hierdie wat maar aan die ‘lees agterspeen’ suip. Maar ek reken kennis – veral wanneer dit ons menswees raak – word graag ingeneem ek skryf dus daaroor.

Ek is al tot vervelens gepla oor die toenemende voedseltekort, die onbeheersde mense aanwas, in geheel sommer die swaar dra van die Aarde.

Dit is heel bekend dat die wedstryd met graangewasse redelik gewen word.
In my lewe was ’n mielie-oes van 3 ton per hektaar ’n rekord oes. Vandag is dit ’n misoes. Hulle praat al van 16 ton per hektaar op droog lande en op lande waar ons hierdie lang string-op-wiele besproeiingstelsels sien, praat hulle al van meer as 20 ton per hektaar.
Dus is die voedsel sekerheid met graan redelik bevestig.

Wanneer dit kom by water behoeftige plante soos Rys, het die probleem bly voortwoed.
Meer as twee-derdes van die Aarde se bewoners is sterk afhanklik van rys.
Maar dit is ook die mense wat aanteel soos konyne.
Waterryke gronde word benodig vir mense bestaan dus word bewerkbare gronde minder.

As aktiewe tuinier het dit my al gepla:
Indien ek my grasperk nie gereeld voedsel en water gee nie, vrek die gras.
Maar, net oorkant die teerpad. Waar Liewe Jesus se veldgras groei, vra dit nie water of kunsmis nie, dit gedy net, groei welig, skiet saad en vermeerder – kosteloos, sorgloos, vanself.
Hoekom?

Sy naam is:
Thomas Slewinski en hy is ’n baie slim man wat navorsing doen in plant biologie in die laboratorium van ook ’n baie slim man met die naam van Robert Turgeon.
Die slim man het met dieselfde oë as ek ook na veldgras gekyk en net soos ek gewonder en hy spring aan die werk en by die Cornell Universiteit maak hulle ’n ontdekking.
Hulle kategoriseer plante. Mak plante word C3 genoem en wilde plante word C4 genoem.
Die C4 plante het ziljoene jare gelede al aangepas na die anatomie wat hulle Kranz anatomie noem met blaar struktuur wat in plein taal spesiale blaar selle en beskerming om die blaar are het.

Wat die slim mense eintlik reggekry het in eenvoudige taal:
Hulle het hierdie gene ge-isoleer en dit ’n naam gegee; ’n skrikwekkende naam : “scarecrow!”

Wat nou gaan gebeur is dat hulle die gene wat die veldgras en plante het – die Scarecrow gene, na die gewone graan en rys plante gaan oordra.
Die gevolge gaan amper skrikwekkend wees.
Rys kan nou maar in die karoo ook geplant word. Plant jy dit egter in water soos op die ou manier, kan die resultaat 60 voudig vermeerder !

Geen wonder hulle gee die gene so ’n vreeslike naam nie !

Willie F van Tonder
2013/05/16

Ek verwys:
Crop production:
SA Koöp \ SA Agri-land
April - Mei 2013



Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/artikel/meer-voedsel-op-minder-grond
sneeuwolf

My naam is Willie van Tonder. Haar naam is Anita en ons is al 48 jaar saam. Sy het drie kinders in die wêreld gebring en is al 'n ouma grootjie.
Ek het geen akademiese opleiding of  nering nie, maar het wel aan Moederskoot die Bybel leer lees en ek kan ook optel en aftrek.
Ek swerf my lewe lank deur 'n idilliese droom wêreld en vir brood en melk, gebruik ek my hande.
Ek woon in Potchefstroom
Mense en hul dinge is my lewe - ook die grond en alles wat daaruit spruit.
Ek skryf gewoonlik in die eerste persoon omdat dit vir my maklik is.
My stories beeld slegs my drome uit en het geen betrekking op my werklike lewe nie.
Opdat alles wat op die Internet geplaas word, Universeel is en daarna aan die wêreld behoort, mag jy dus dit wat jy van waarde ag, aftrek en bewaar.
Indien jy dit in beter formaat op CD verlang vir beter druk en bind, kontak my net.

My E pos adres is: willievantonder@gmail.com
My telefoon nommer is: 082 536 5423 - ek reageer beter op 'n duidelike SMS.
Skype: snowwolf 9281.
YouTube bydraes URL : http://www.youtube.com/willievantonder

Of, makliker:
Gaan in op YouTube en tik net in:
willie van tonder

En geniet dit.
Verder, my skrywes  ;
Geniet dit wat ek opdis en blaai gerus weg indien dit jou nie pas nie.
 
Dit is my as skrywer se taak en strewe - om emosies op te wek.
Die leser moet emosioneel geraak word deur wat ek geskrywe het:
Jy mag maar lag, huil, kwaad word . . .
Jy mag maar woedend ook word.

Dan het ek geslaag as skrywer.



Totale stukke publiseer: 2,393
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 8,998