Op Woes.co.za onder Artikels

Oktober die mooiste maand

Soos Leipoldt se gedig verklaar ... is hierdie maand van Oktober ... die mooiste maand van die jaar... Waar jy ry {veral hier in Pretoria} blom die Jakarandas mooi. Byna elke straat waar daar jakarandas is, word daar 'n blomtaptyp voor jou uitgegooi. Die perskleure deur die hemelruim verlustig jou oog...

En ek is feitlik verseker dat elke meisie wat verlief is - deur 'n laan van Jakarandas loop en hoop daar val 'nJakaranda-blommetjie op haar kop... Ek sien al - in my gees ... hoe sy die blommetjie uit haar hare haal en styf teen haar hart vasdruk en wens dat haar ruiter op die witperd haar moet kom haal...

Dit is verbasend hoe kleure jou siel kan verkwik.. Hoe die natuur die kleure verspieël in die seisoene. Die pers van die Jakarandas vertoon vanaf lig pers tot donker pers... In watter moedsbestemming plaas dit vir JOU? Is ''die kleur van pers'' net 'n simbool van frustrasies....

Wel, as jy weer deur 'n laan van Jakarandas ry... ervaar dit met al ses sintuie... Meer nog, ervaar dit met jou hart!
11/10/2015
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/artikel/oktober-die-mooiste-maand
TIPTOES

Dagsê Mede Woeslede.

Dit is tyd om my profiel op te dateer.Ek is amper 'n jaar 'n lid van Woes... Alhoewel ek nie altyd tyd het, om my passie uit te leef om te skryf nie, geniet hierdie webwerf, want dit hou my op hoogte hoe mense hulle skryfkuns vars hou met gedigte en ook met ander afdelings.

HOU SO AAN MEDE WOESLEDE.

Christo du Plooy



Totale stukke publiseer: 30
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 27