Op Woes.co.za onder Artikels

Oorsprong van "May Day"

Die vroegste Meidag vieringe het reeds in die voor-Christelike era plaasgevind.

Die Romeine het 'n Fees van Flora, die Romeinse godin van blomme gevier. Die Germaanse lande het weer die Fees van Walpurgis Nag gevier. Die Britse Eilande het die Fees van Beltane gevier. Bel is die Keltiese god van die son.

Nadat die Romeine vir Engeland ingeneem het, het die feeste van die Romeine en die Britte vermeng geraak, aangesien dit op dieselfde tyd gevier is. Daarna is dit gevoer om "die Koningin van Mei" te vereer.

Walpurgis Nag is gevier deurdat stapels hout aan die brand gesteek is om dooie mense en geeste wat chaos saai, te verdryf. Hierdie fees is later geinkorporeer by kerlike aktiwiteite en word die Fees vir Saint Walpurga genoem.

Die Koningin van Mei weerspieël die lewe van die veld en vieringe rondom haar draai rondom die paganistiese rituele van die seisoene. Baie van hierdie heidense rituele is deur die Christelike Kerk geabsorbeer om lede van die "Ou Geloof" oor te wen na die Christelike geloof.

Deel van die verering van hierdie ou gode (Flora, Son, Veld ens.) het behoue gebly in die rituele rondom die "Dans van die Mei-paal" en die kroning van die Koningin van Mei (Koningin van die Hemele, Maria se maand, herdenking van die geseënde maagd Maria).

Die eerste van Mei word gesien as die begin van die somer (Noordelike halfrond) en lê halfpad tussen die dag-en-nag ewening en die somer-sonstilstand.

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/artikel/oorsprong-van-may-day
Ya'acov

Welkom hier.
Loer gerus.

Ek het GEEN kopiereg op enige van my werk nie.
Dis in die publieke domein, wat natuurlik beteken
jy mag nie geld daarmee maak nie, maar geniet
gerus.

"Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee."

"Die waarheid is verniet - voeg 'n leun by en jy kan geld vra."
- - Martiens B




Totale stukke publiseer: 48
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 358