Op Woes.co.za onder Artikels

Vervolgde Individue

In wetenskap-fiksie find ons stories van ‘Groot Broer’ en die ‘Gedagte-Polisie’. Die uiterste geheime polisie wat nie net ons elke stap dop-hou nie, maar selfs ons mees innerlikke gedagtes. Nou will dit voorkom asof fiksie weereens werklikheid geword het. Die brein, wat n elektro-chemiese orgaan is, kan nou blykbaar ge-afekteer word deur middel van elektronika. Nie net deur klank en stemme te onvang nie, maar om selfs mee gepeuter te word. Daar was skynbaar n ‘Candid-Camera’ episode waar n gesprek uitgesaai is in n person se gedagtes wat hulle laat dink het hulle hoor ‘stemme’. In Japan, wat n Eerste Wêreld land is, kry mens n munt-automaat wat dieselfde doen.

Baie geld en breinkrag is oor die dekades gebruik, deur byde regerings en groot maatskappye, om die tegnologie te ontwikkel. In die VSA kry jy die ‘Targeted Indiviuals’-beweging, of ‘Vervolgde Individue’. Hulle glo dat hulle geteiken word met die tegnologie deur owerhede en andere. (Teistering speel ook n rol in die strategie.) Party glo dat die elektronika towery is, maar nee; dit is slegs wetenskap en tegnologie. Wat die ‘Vervolgde Individue’ betref, wil dit voorkom soos n vos-jag met die slagoffer as teiken. Daar word baie gepraat in die media en internet oor die nuwe verskynsel.

Soos baie wondere van tegnologie, is die toerusting nou deel van die mensdom en die samelewing. Ons is daarmee opgesaal of ons daarvan hou of nie. Dit is tyd vir die regering om op te tree, en wetgewing in plek te stel, wat die gebruik van die soort apparaat kontroleer. Wet en orde moet gehandhaaf word, en die Grondwet moet in stand gehou word. Geretigheid sal seëvier…

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/artikel/vervolgde-individue
Jacques Brown

Ek is van Centurion. In my jong dae was ek in die bou-bedryf as n messelaar werksaam. Daarna het ek vir vyf jaar as n kroegman by n rolbal klub gewerk. Later jare het ek begin dig en skryf; dit is nou al meer as tien jaar. Deesdae kyk ek na nuwe rigtings en wat die lewe my ookal mag bied. Hierdie is n bietjie van my Afrikaanse skrywe en n paar vertalings van my Engelse werke.

(My webtuiste: http://www.abctales.com/user/baker-street)

"Bly by jou beginsels en heg waarde aan alle mense..." Anoniem



Totale stukke publiseer: 60
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 121