Op Woes.co.za onder Artikels

Waarom poësie?

Poësie is strategieë om lewens situasie mee te hanteer.

Poësie is iets anders as ‘kuns’. Dit is eerder ’n soort vaardigheid, ‘craft’ op Engels. Dit is nie in die eerste plek iets wat geldwaarde het nie. Dit is iets soos die dorp se hout kerwer, wat beeldjies maak van die dinge, diere wat vir hom betekenisvol is.

Deur middel van poësie organiseer mens jou gedagtes, beelde, metafore – soos ’n leermag in ’n oorlog – om lewens situasie mee te konfronteer – dit te ‘beveg’ op ’n wyse wat jóú pas. Dit is jou strategie om betekenis te maak as die lewe met jou gebeur.

Poësie versterk ons – as die manier om die nimmereindigende onrus van die lewe te aanvaar as onvermydelik.

Ons vertoon ons poësie aan ander om hulle te rekruteer as ‘mede vegters’ wat die las van die lewe kan help dra.

Die vorm van ons poësie skep die betekenis daarvan. Vorm en inhoud is egter dieselfde ding, soos wat tyd en ruimte dieselfde ding is.

Vorm maak ons woord dade mee deelbaar en sodoende mee leefbaar aan en deur ander.

Taal is daarom sosiale dade. Taal bind ons aan ander en deel ons mens-wees met ander.

Vorm grond ons in ’n gemeenskap. Ander herken ons poëtiese vorm en verwag dat dit iets sal meedeel, wat meer is as mundane feite soos, bv. hoe laat dit is.

Dit suggereer die ‘dieper’ betekenis van dinge en situasies.

Let op: ‘suggereer’. Dit is nie die meedeel van ’n feit aan ander nie, soos dat a+b=ab.

Dit is waarom die ander wat my poësie lees, elkeen sy eie, unieke betekenis daarin sal ontdek.

Frans van Zyl
2015

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/artikel/waarom-poesie
Frans van Zyl

Ek is 72 jaar jonk. My agtergrond is die onderwys. My belangstellingsveld is die letterkunde, klassieke musiek, Wysbegeerte, Vergelykende godsdiens, kosmologie, kwantum dinamieka,fisika, biologie en my twee kleinkinders. Ek en my vrou is hierdie jaar 47 jaar getroud, en ons het een kind, 'n seun, wat regsgeleerde is [hy is lektor in regsgeleerdheid by 'n universiteit en bedryf ook 'n privaat praktyk as prokureur en advokaat.] My skoondogter besit haar eie besigheid en is ook 'n regsgeleerde. Hier by die huis rond lees ek boeke voor vir die Bandhulp vir Blindes organisasie, skryf poësie, prosa en ook artiekels, maar bêre dit alles weer veilig in my heel onderste laai. Hoekom. Ek het geen idee nie!? Dankie vir Woes, wat weer my skryflus aangewakker het.



Totale stukke publiseer: 239
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 605