Op Woes.co.za onder Artikels

WIE GLO IN LIEFDE EERSTE OOG OP SLAG?

Dit sal vir my baie interessant wees as ek kan uitvind hoeveel mense daar buite (normale mense) glo hier aan! Ek weet nie of ek dalk mal is nie maar ek het dit 'n week terug beleef en sedert daardie tyd nog nie terug gekyk nie! Is dit ons brein wat "tricks" met ons speel of is dit werklik? Hoekom het sekere mense daardie uitwerking op jou as mens? Ek meen een kyk van daardie man en dit het gevoel of 'n duisend volts deur my liggaam beweeg! Stel 'n mens vir jouself sekere vereistes in jou onder bewusyn of wat? Ek het al romanse daaroor gelees maar wanneer kan 'n mens fantasie met realiteit vergelyk?Is daar iets soos fantasie of vee ons dit net eenkant omrede ons dink realiteit is makliker en meer logies? Het jy dalk daardie persoon in 'n vorige lewe raak geloop? Soveel reotoriese vrae! Komaan julle help 'n blonde in "despair"!!!!
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/artikel/wie-glo-in-liefde-eerste-oog-op-slag
chanti

Hi al julle woeste mense! Ek is jou algemene blonde wat siek en sat is dat mense dink ons is dom en breinloos! Ek is jonk ja ek weet,maar dit beteken nie ek is oninteressant of dom is nie,ek leef vir my taal,AFRIKAANS IS BO BAAS,en mense wat ons taal sleg se is net jaloers omrede hulle nie so iets het om hulle eie te noem nie! Ek is 'n plaine Jane wat al die klein dingetjies in die lewe geniet,niks beter as 'n vuurtjie in die bosveld onder die melkweg.Ek skryf oor enige iets,van die slegte kook kos van gisteraand tot die ironie om 'n uno te ry(ek ry 'n pienke...so moenie lag nie)Ek glo dat jou beste vriend is jouself,dink bietjie daaraan hoeveel keer 'n dag dink jy dinge en antwoord jouself in jou gewete? Presies my punt,en nee nie net blondes praat met hulself nie! Ek is nog nuut in hierdie woeste omgewing maar sodra ek begin werk instuur sal ek dit waardeer as julle krities komentaar kan lewer,voel vry om my te e-pos by chantel@bergflora.com almal welkom,my hart is soos 'n taxi(ja daai ding wat jou in die oggend op die paaie irriteer) daar is altyd plek vir nog een! Ek is in die wolke om deel van die Woes span te wees! Kom aan mense, kom ons staan saam, baklei saam en praat saam want AFIKAANS is al ding in die nuwe Suid Afrika wat nog die moeite werd is om voor te baklei! Blonde Groete -Chanti-



Totale stukke publiseer: 13
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 52