Op Woes.co.za onder Gedigte

Die stilte.....

Eintlik is dit iets wat jy al lankal weet,
maar dis eers wanneer die stilte aan jou begin vreet...
dat jy weer begin wonder, weer begin tob
al wat die stilte doen is raas in jou kop!

Die horlosie tik-tik jou vrese uit-
hierdie knaende gevoel wat jy nie kan beskryf
Die stilte wil jou nie vanaand in vrede laat,
maar wat sal al die sĂȘ-nou-maars jou baat?

Die stilte is mooi, die stilte is sag,
maar vanaand verdryf dit die wonder van jou lag
Vanaand gaan dit jou nie die waarheid laat vergeet,
net jy en jou gedagtes wat die stilte meet...
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/159952-die-stilte
Marthie-Lize Thomas

Lees asseblief my bydraes en lewer gerus kommentaar-positief of negatief-op die ou einde is dit hoe ons leer. Skrywers moet voortdurend daarna streef om hul talent te slyp en hulle skryfstukke te verbeter. NS-Ek behou kopiereg op al my skryfstukke



Totale stukke publiseer: 40
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 44