Op Woes.co.za onder Gedigte

1992

As die wiel sy volle sirkel loop,
en my regte weer bedreig,
sal ek my wese
tot die dood verdedig.
Al wat ek vra is vrede,
'n plekkie in die son
om rustig alleen te wees.

Wat ek vra is deur God bestem,
en dit sal ek luidkeels bevestig.
Ek is hier gebore
en hier sal ek sterwe.
Geen donker wolke op die horison
sal my lig verduister nie.
Al wat ek vra is vrede.

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/1992
Gerald Charles Accom

Ek besef toe sommer so terloops dat ek nou ouer as 50 is. Ek is nog in die onderwys...sedert 1976. Nog steeds getroud. Drie kinders,'n dogter en twee seuns. Ek skryf al van skooldae af en geniet veral Afrikaans. Dis die taal waarin 'n mens jou sê lekker kan sê.



Totale stukke publiseer: 42
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 17