Op Woes.co.za onder Gedigte

Aan my Valentyn

My liefling, waar ookal jy skuil
Loop vir my daardie ekstra myl
Sodat ek my liefling kan ontmoet
En vir ewig die eensaamheid kan groet

Ek koop vir jou ‘n windklok
‘n baken in die wind
en ek bid dat ons harte mekaar mag vind
In die lied van die wind
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/aan-my-valentyn-1454916697
TK

Het waardering vir die diep dinge in die lewe en 'n volbloed "hart-mens". Kan soms lank oor dinge filosifiseer, romantiseer en fantiseer en druk dit wat my pla maklik in woorde uit.

Sommige van my skrywes dateer uit my tiener dae (ek het in Std 6 die pen nader getrek), maar het na skool die pen bietjie laat rus. Die nuter werke is skeppings vanaf ongeveer 2010.

Ek behou kopiereg op alle gepubliseerde werk. Moet asb nie enige werk van my op Facebook, Twitter of enige ander sosiale netwerk bemark nie, want dit kan my van kopiereg ontneem.



Totale stukke publiseer: 66
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 85