Op Woes.co.za onder Gedigte

Abdullah

In slawesweet verwek
tastend die duister deur.
Gryp na menswees,
strewe blind na blank.

'n Strategiese diagnose:
'n druppel swart besmet.
Die eise van 'n hoe kultuur
is uiters eksklusief.

Luister na die stem van die mense
stiefkinders van die kroon
op 'n laken versprei.
Eendrag maak mag.

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/abdullah
Gerald Charles Accom

Ek besef toe sommer so terloops dat ek nou ouer as 50 is. Ek is nog in die onderwys...sedert 1976. Nog steeds getroud. Drie kinders,'n dogter en twee seuns. Ek skryf al van skooldae af en geniet veral Afrikaans. Dis die taal waarin 'n mens jou sê lekker kan sê.



Totale stukke publiseer: 42
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 17