Op Woes.co.za onder Gedigte

Afskeid's Spook

Elke keer bekruip jy my... ongevraagd,
los jy jou spinnerak asem in my nek
en koggel my normaal tot gek.

Ek hou nie van jou nie, want jy's skelm.

In woorde vergoed maar in my hart bly ek boet,
skim jy deur my gedagtes tot ou goed,
tierlantyn tot ou vergeel in jou kiekie vloek...

Verlaat jy die hede, van gister tot môre
en los my met die stof van herinnering
wat jou afskeid bring...

Ek hou nie van “goodbye's” of sien jou weer,
dit boemerang elke keer,
hetsy in vergeet of ses voet van nie meer...

Nou verstaan jy meneer...

Sê eerder gegroet tot weersiens
as vaarwel, “my dear”, totsiens...
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/afskeids-spook-finale-projek-op-woes-afskeid-2016-01-06-tot-2016-02-07
cornien

Die lewens strome loop kronkel paaie deur my siel,en kabbel oor al die flenters van mens wees.



Totale stukke publiseer: 83
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 83