Op Woes.co.za onder Gedigte

Allooie

Aloha, Hallo da,
Salaam, Dumelang, Molo,
Good Morning, Goeie More,
Wees gegroet
0 kinders van die Cocktail Country.

So deur die lendene gegiet,
'n Knippie wit, 'n druppeltjie rooi,
'n beker smart:
Die volmaakte allooi.

'n Gammatgametiese kontaminasie
in 'n sondevloed verwek,
'n kaleidoskoop van gene
saamgevang in donker skedes.

so grotesk, so mooi,
so swart, so wit.
Allooie van stof
uit die grond van Afrika.

Aloha, Hallo da,
Salaam, Dumelang, Molo,
Good Morning, Goeie More,
Wees gegroet,
O kinders van die Cocktail Country



Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/allooie
Gerald Charles Accom

Ek besef toe sommer so terloops dat ek nou ouer as 50 is. Ek is nog in die onderwys...sedert 1976. Nog steeds getroud. Drie kinders,'n dogter en twee seuns. Ek skryf al van skooldae af en geniet veral Afrikaans. Dis die taal waarin 'n mens jou sê lekker kan sê.



Totale stukke publiseer: 42
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 17