Op Woes.co.za onder Gedigte

Asylum

Jy is die kers wat in my donker
Met jou skeppingskonsert jou ligglans uitvoer ,
Jou vuurdans onnugter , beskonker
en ek weet dat ek jou soos n mot wat om n kers sloer
elke dag net meer en meer mis ,
dat premonisie en introspeksie dieselfde is ,
die maan grond ,
die aarde lug ,
die mens se masker faal , onbevoeg ,
die nar daaragter sug

Jy is die speelgrond wat verby bly ,
die glyplank wat verby gly ,
die wipplank wat verby ry ,
jy hou in die los vas aan my ,
vir oulaas deel van nou ,
die nou as ek voor n hospitaalbed sit ,
en by die masjiene bid ,
en God vra om dit aan te hou ,
en jy wil los omdat jy aan niks meer kan vashou ,
vir oulaas deel van nou

Ek sal jou soos Kersfees bêre ,
met jou in Jerusalem trou , tussen die sterre ,
en liefde hê tot dit aarde toe kom .
Ek het geglo n wolk sal jou hemel toe vat ,
miskien is die son se trane net so nat ,
of miskien was ek reg , miskien was dit jy in die reën ,
vir oulaas deel van nou , sigbaar n seën

By die vol venster uit die deurskynende maan ,
sy raam is leeg oor die lewe wat aan gaan .
Ek sien en kyk
na die nag wat lig soos jy lyk .
Vanoggend was dit donker ,
die woorde moeg , my hart dronker ,
die seer nader as die môre-ster ,
en die traan wat jy weggeloop het so ver ,
met jou pad besaai .
Ek sou jou verniet met my lewe gekoop het ,
en aan die anderkant verseker raai ,
oortuig dat ek my met jou naam gedoop het .
Eerder as wat ek ophou by God vir jou bid ,
liewers dit .

Ek verstaan nie hoe jy so mooi my kan dood maak nie ,
hoe jy so gevoelloos my kan aanraak nie ,
al wat ek net weet
ek is net heel as jou stukkende herinneringe
n deel van my in suur vreet
n nag later , gister se weerkaatsing
soos die son se weerlig wat om die maan kring .
Ek huil en troos myself jy sien liewers dit
Wat ek nou kyk al is dit al , net dit...liewers dit ,
By die vol venster uit die deurskynende maan ,
sy albums leeg , die foto’s wat aan gaan .
Jy sien ek kyk
die nag wat lig soos jy lyk .
Vanoggend was dit donker ,
my woorde moeg , my hart dronker ,
en die pad wat jy weggeloop het so ver
met trane besaai .
Ek sou vir jou dood gegaan het
maar daar was nie die son se weerlig wat om die maan gekring het nie ,
ek sou dit vir jou gevat het ,
maar daar was niks wat my tussen jou en dit gebring het nie


- Cornè Etchells
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/asylum-1429033996-woes-skryf-woes-2015
die skuil

Hi Almal

 


* Ek hoop Leandie Du Randt – Ivanka van Binnelanders – lees hierdie gedigte , want sy het my geleer ( oukei , sonder dat sy weet , want sy ken my nie eers nie ) dat n mens n kind van God kan wees en funky kan wees , maak nie saak hoeveel die vonke andersins spat nie . Jy hoef nie net Sondae in die hoek te sit en opgekookte hoender te eet nadat jy agter uit die kerk uit gekom het en nog bang te wees vir daai skerp beentjie ook nie , en jy hoef nie in die wensbeentjie te glo nie . Elke dag kan n hoeklose Sondag wees , en jy hoef nie saam met almal te stem nie . Ek hoop – as iemand haar ken en haar hiervan vertel , dit was n skimp , ha ha – sy neem dit in die regte lig op , want dit is so goed soos sy bedoel . Leandie , mense ( siek mense ook , in alle opsigte ) , het meer inspirasie soos jy nodig . Kyk , At Koster is net so cool soos jy , maar jy is die beste ding wat ooit met hom gebeur het . En ek hoop hy gee al sy aandele vir jou om almal wat almal nog ooit gas gegee het gas te gee 

n Aanhanger wat aan n grashalmpie sal bly hang                                        
solank jy nog daar is , want dan is ek nie bang        
om op sal staan al sou ek hoe ver val
want ek weet jy sal . 

 



Totale stukke publiseer: 69
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 71