Op Woes.co.za onder Gedigte

Baas en Klaas


Baas en Klaas


Is jy dalk baas, en ek klaas,
ek is nou heel verbaas,
oor al jou onnodige geraas,
waarom hou jy, jouself nie skaars?

Hoekom is jy so onbeskof,
hoekom wil jy altyd ontplof,
wie, is nou eintlik dof?
Ek dink jy is ‘n bietjie grof.

Ek weet, jy is die kliënt,
wees nou ‘n opgevoede vent,
hoekom ons vertroue skend?
Jy, is soos harde sement.

Ek is nie jou kneg,
waarom jou, vir my vererg,
is ek, volgens jou, te sleg,
hoekom my, dan nou, wil terg?

Wees vir ‘n slag,‘n bietjie bedag,
jy kan baie daardeur vermag,
kom ons werk, aan ons gedrag,
ons kan albei lekker lag!


Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/baas-en-klaas-1
Buksie

Ek is Darrel J. Valentine van Somerset Wes. Ek is getroud, met Rocelle en het drie pragtige dogters Darren-Leigh, Measha en Lenique. Van my gedigte, kort stories en happies Afrikaans, gaan oor gebeure wat plaasgevind het, in my en ander se lewens en hoe die Here, Jesus my lewe verander het. Ek dank ons hemelse Vader, vir die krag en genade wat Hy aan ons, as familie gee. Ek kan nie anders as om Hom te loof en prys nie. Die lewe het my geleer, om niemand te veroordeel nie, ons is nie perfek geskape nie, en almal het 'n tekort, aan die een of ander ding, maar as ons mekaar kan aanvul, ten goede, hoekom nie? Ek is lief, vir ons land, taal, kultuur en sal dit vir niks in die wêreld verruil nie. Afrikaans as taal, is tops en daar's geen ander taal wat so lekker,plat en spontaan oor jou tong kan rol as dit nie! So almal wat nog Afrikaans praat, drie hoera's dis my moeder tong. . ! © Ek behou kopiereg op alle werk van watter aard ookal wat deur myself geskryf is en wat ek op Woes publiseer.



Totale stukke publiseer: 207
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 159