Op Woes.co.za onder Gedigte

Bipolêr

Sing my sag aan die slaap
Sing hard vir my skadus
Maak my wakker in die lewe
Maak my oggendure minder

Jaag die donker ver weg
Maak die nag leunaar stil
Skaaf die geel ‘n bietjie sagter
Domp die lag meer stil

Trek die pole na mekaar
Deel die twee in een
Meng die donker en die geel
Leef die lewe meer normaal

Normaal?

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/bipoler-1
P. Nerr




Totale stukke publiseer: 5
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 17