Op Woes.co.za onder Gedigte

Bitterbessiesap

Bitterbloubessie kraak in my Mond
Drup-drup die sap soos stroop
Bitter-soet die smaak op my tong
Bedremmeld in liefdesdrang

Somerson oor my lewensreis
Skadukant agter my verberg
Helderheid wat iewers vir my wegkruip
Sonsteek aan die brand.

Ek soek jou in my lewe
Soms soos gal waarvan ek wil braak
Dan weer soos ‘n magneet
Wat klou en klou tot wraak

So diep sypel die Bitterbloubessiesap
In my bene, deur my lewe
Verwilder my gedagtes
Dronk op die lewenspad.

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/bitterbessiesap
Moekie

Ek is passievol oor skryfwerk, gedigte en die kunste. Ek skryf wat vir my sin maak en ek skryf impulsief.

My stories en gedigte is saamgeflanste gedagtes en ek droom groot.



Totale stukke publiseer: 255
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 783