Op Woes.co.za onder Gedigte

Bloukopkoggelmander

Bloukopkoggelmander op 'n skurwe warm rots,
vaal lyf gekamoefleer vir sy beskerming...
maar sy kop is blou en trots!
Dit moet mos uitstaan om gesien te word
teen die vaal van die ou rots.
Dus die paradoks van oorlewing:
Wees sigbaar vir moontlike-maat-bewondering,
al kos dit jou jou lewe of verwondig. ...


Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/bloukopkoggelmander-1356069974-spesiaal-vir-jou
Woordverwerker

Ek is lief vir my moedertaal, Afrikaans. Ek is lief vir woorde, hoewel ek nie formele naskoolse taalkundige opleiding het nie.
Ek skryf soos dinge by my opkom, nie noodwendig met 'n vooraf besluit nie. Soms begin ek iets, dan voel dit of die gedig homself sommer skryf.
Die probleem is meestal om dit kort te hou. Ek volg soms 'n pad wat baie draaie loop.

Ek is 'n boer van beroep, sommiges sou sê 'n Boer in murg en been..

Ek geniet die mitologie, raaisels, metafore, geskiedenis, die natuur, tegnologie, ou goed, nuwe dinge..
En soos iemand hier op WOES my geheue verfris het: Surrealisme. ;-)


Ek sal dit waardeer as die lesers hulle opinie uitspreek. As jy nie van iets hou nie, sê dit! Dit is net deur kritiek wat mens kan leer.



Totale stukke publiseer: 351
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 2,350