Op Woes.co.za onder Gedigte

Boelie...

Ek wou hom onder my boesem hou, heel dag,
Totaal beskerm teen die moeilikheid wat wag.
Elke dag het ek hom dopgehou soos ‘n valk
Sy elke beweging, sy elke stap.

Want, elke dag was hy geboelie
Rondgestoot en gemartel.
Maak nie saak hoe soet en stil hy was
- Net sodat hy hulle wraak en woede kon verkwansel.

Maar alles wat ons doen, het hul net meer gewalg!
Elke dag was sy padjie na die galg…
Hy was hul teiken, om te roof en beseer
Niks wat ek kon doen nie, niks kon dit keer.

Dit neem my terug na toe ek die slagoffer was:
Verlief op ‘n verbitterde, dominerende man
Wat alles regkry wat hy soek,
Maak nie saak waar, wanneer of hoe
Tot die dag wat sy oë vir oulaas toe…

…En hy my laat met sy kleinding:
My liefde, my hoop, my speelding.
En nederig smeek ek in gebed
Om my klong uit die donker put te red!

Ek kan nie sy oorloë vir hom veg nie
Nog minder sy trane keer,
Ek kan nie sy lewe vir hom ly nie
Of hom weerhou van vrees en seer.

Maar God gee ons die krag
Met Sy Lewenslyn gestuur - om ons te bemag -
En ons gryp dit met albei hande
Die Lewe wat Hy gee is waarna ons smag
Om hierdie stryd oorwin eendag…

En na dit als, wanneer hy tot ‘n jongman groei
En al sy boelies uit sy lewe al gestoei,
Bid ek dat hy hierna,
Hy nie sal flater
En uit draai soos sy pa,
Maar uit draai soos sy Vader…

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/boelie-1358950479
Abbey Dee

Mens hoor altyd van famous mense, wie ‘n spesiale talent het sedert hulle 4 of 5 jaar oud is. Anders dalk bietjie later in die lewe.
Ek glo elkeen van ons op aarde, het ‘n spesiale talent en gawe wat die Here ons mee geseën het, van die moederskoot af al.
Ons neem net ‘n tydjie om dit te ontdek en ontwikkel.

Ek is een van dai late bloomers.
Op skoolbanke reeds al lief vir kortstories en gedigte skryf.
Hier en daar het ek iemand toegelaat om dit dalk gesien, maar het dit meestal vir myself gehou. Het steeds paar van hulle in ‘n boks iewers…
Sommige van die stories is nóu nog half geskryf…

Al ooit gehoor van iemand wat pragtige stemme en musiek (elke instrument op sy eie) hoor in haar drome? Van liedere wat jy nooit tevore van gehoor het nie? Wel ek het. Hele paar keer al.
Maar vra my om iets in musiek neer te skryf. LOL! Daai talent moét nog ontwikkel word. Ek het maar eers nou die dag uitgevind wat die gholfstokkies beteken… eish!

WOES gee my die platform om my idees van karakters wie hier in my kop dwaal, met ander te deel. Voel bietjie ontblood daardeur, maar aggg ons almal is mens. 
Hopelik is my woorde vir iemand, êrens, ‘n inspirasie.

Wanneer ek my oë eendag toe maak, wil ek graag hoor dat ek Hom geëer het my talente en nie weg gesteek het soos dai ander mannetjie in Matt. 25 nie.
Soos Job gesê het: “Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek daarheen terugkeer.”

Lekker lees en mag die Liewe Heer u talent(e) vermeerder en ons Hom, in ruil, sal seën daarmee.

Abbéy



Totale stukke publiseer: 22
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 41