Op Woes.co.za onder Gedigte

By waters waar rus is . . . kom ek dankie sê



Die stroompie vloei rustig voort
en boom-sambrele gooi ’n skaduwee
waar ek rustig die skoonheid inasem
en God se handewerk geniet

die rustigheid oorrompel my
my hart raak stil en tevrede
ek hoor weer God se stem:
My genade is vir jou genoeg

dis hier waar ek vantevore vir Jesus
van my kanker vertel het en hoe bang ek is
en Hy my verseker het
dat Hy reeds engele op my pad gesit het (Ps 91:11)

vandag kom ek net weer dankie sê
vir Sy getroue stem in my hart
vir wonderwerke in my lewe
vir Sy onbaatsugtige liefde en genade.

Op die horison verlang die son na die maan
en lui roep hy met ’n vroeg aand asem
na die maan om nader te staan
hy wil gaan rus en iemand moet
vir Bets die voetpaadjies terug verlig.

November 2008

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/by-waters-waar-rus-is-kom-ek-dankie-se-kansa-projek
Bets Bronkhorst

Meeste van my gedigte dra 'n unieke waarheid. 'n Storie wat vertroulik aan my vertel was oor 'n koppie tee. Ek noem hierdie gedigte "Spieelbeelde" want die verlede staar ons soms vol in die gesig.

Ek dank die Here vir hierdie gawe wat ek ontvang het. Om dit wat ek soms nie hardop kan se nie, wel op papier vas te le. Vir my gedagtes wat ver paaie met my stap, om dit wat kosbaar is te gaan haal. Ander se stories het my so geinspireer en my woorde gelei sodat ek hulle hartseer of blydskap in vorm van 'n gedig kan skryf, sonder dat hul bewus is daarvan. Ek deel dit graag met jou.

Ek behou natuurlik ook kopiereg om al my bydraes



Totale stukke publiseer: 286
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 1,183