Op Woes.co.za onder Gedigte

Desember semper excretum...

Die droogte druk die laaste sent uit alles uit,
diere moet vreet en voer is duur.
Die sesde sterf my pa.
Donderdagmiddag ry die trein my werker dood.
Daardie aand pik 'n geelslang 'n vriend van my terwyl hy hoenders in die hok gaan sit.
Vrydag koop ek lusern aan;
die bale's bykans alles gras!
En net om alles op te top,
versuip Belize,
Jack Russel, kleine hartedief,
in die sementdam waaruit sy al vantevore net betyds gered is..
Seker 'n kat of 'n voël gejaag...
Die stupid bitch!
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/desember-semper-excretum-kersfees
Woordverwerker

Ek is lief vir my moedertaal, Afrikaans. Ek is lief vir woorde, hoewel ek nie formele naskoolse taalkundige opleiding het nie.
Ek skryf soos dinge by my opkom, nie noodwendig met 'n vooraf besluit nie. Soms begin ek iets, dan voel dit of die gedig homself sommer skryf.
Die probleem is meestal om dit kort te hou. Ek volg soms 'n pad wat baie draaie loop.

Ek is 'n boer van beroep, sommiges sou sê 'n Boer in murg en been..

Ek geniet die mitologie, raaisels, metafore, geskiedenis, die natuur, tegnologie, ou goed, nuwe dinge..
En soos iemand hier op WOES my geheue verfris het: Surrealisme. ;-)


Ek sal dit waardeer as die lesers hulle opinie uitspreek. As jy nie van iets hou nie, sê dit! Dit is net deur kritiek wat mens kan leer.



Totale stukke publiseer: 351
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 2,350